BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 550

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Voorbidding vir wêreldse mense 6577 Baie dikwels sterf My Woord ongehoord weg, omdat dit die hart van die mens maar saggies aanraak. Omdat dit nie hard en hoorbaar weerklink, soos alles wat van die wêreld uitgaan en gewoonlik nie geïgnoreer word deur die mense nie. Maar wie homself sal oopstel, sal dit ook verneem. Maar wat hom oopstel is die vrye wil van die mens en daarom moet elkeen homself verantwoord of My Woord toegang het tot sy hart. Want dit weerklink altyd weer vir elke mens as hy dit ignoreer, omdat My Liefde en Barmhartigheid nie sal rus om 'n verlore siel te red, solank sy op aarde vertoef nie. En dikwels sal nood en siekte My pogings ondersteun, maar nooit sal Ek met dwang op 'n mens inwerk nie, want dit sou verkeerd wees. Maar die mees doeltreffende middel is die liefdevolle voorbidding vir sulke mense, wat nog te sterk met die wêreld verbind is en daarom die fyn klank van My aansprake nie in hulself kan verneem nie. Want deur middel van gedagtes sal Ek hulle altyd aanspreek. Maar Ek sal dit nie verhinder as sulke gedagtes ook onwillig verwerp word, omdat hulle teen hul eie wense ingaan nie. Die verantwoording vir sy ingesteldheid dra die mens self. Maar hy sal altyd 'n liefdevolle voorbidding gewaar as hy so nou en dan ontvanklik is vir geestelike sake, wat ook eens tot verandering van die rigting van die wil kan lei, sodat die hart sy oor open wanneer My Woord weerklink. Die wêreld het groot mag en kan ook totale heerskappy oor 'n mens verkry. Maar liefdevolle voorbidding is net so ‘’n sterk krag en ontworstel dikwels die siele van die wêreld wat al 'n prooi van haar geword het. Want My krag is altyd besig waar daar liefde is. En 'n siel wat sterk aan die wêreld gebind was, kan skielik die waardeloosheid, die banaliteit daarvan insien en iets begeer wat haar meer bevredig, wanneer een mens hom in liefde oor haar bekommer en haar bystaan deur voorbidding, wat ’n toevoer van krag beteken vir die siel. En waarlik, Ek sê vir julle: Julle liefde bereik meer as My teenstander met al sy mag, want teen hierdie wapen is hy nie opgewasse nie. En waar liefde die stryd voer, stel hy die siel vry, omdat Ek daardie siele van hom ontwring en hy My nie kan teenstaan nie. Sou daar onder julle mense meer liefde gewees het, dan was die geestelike nood ook geringer. Want julle sou al diegene die lewe besorg het wat julle in julle liefdevolle gebede opgeneem het. Want geen enkele liefdevolle gedagte is sonder uitwerking nie, ofskoon Ek die vrye wil eerbiedig van 'n mens wat nog weerspannig is. Maar ook hulle sal verander onder julle voorbidding, as liefde julle daartoe aanleiding gee. Dit moet vir julle 'n buitengewoon troosryke gedagte wees om te weet dat geen mens verlore sal gaan vir wie julle met liefdevolle sorg intree nie. Julle liefde bring nog uit die diepte terug wat al weggesink het. Julle liefde kan die hardste weerstand breek. Sy kan 'n hart wat verhard is, versag. Sy kan 'n siel tot redder word, omdat die liefde alles bereik. Gevolglik sal julle mense My voortdurend kan help om die verlorenes na My terug te bring, waar My Liefde Haarself stil moet hou vanweë die wilsvryheid en omdat die wet van My ewige ordening nie omseil kan word nie, omdat Ek andersins waarlik al die gevallenes sou red uit hul nood. En hierdie nood is besonder groot, omdat maar weinig mense hul liefde skenk aan diegene wat in gevaar is om verlore te gaan. Daarom spreek Ek alle mense aan deur My Woord. En Ek maan hulle tot liefde, sodat hulle almal in hul liefdevolle gedagtes en liefdevolle gebede sal opneem, wat sulke hulp nodig het, om ook self hul harte oop te maak, wanneer My Woord in hulle weerklink. Die wêreld is 'n groot gevaar, maar sy kan uitgeskakel word deur die krag van die liefde. Dit sal julle almal ter harte moet neem en julle moet weet dat julle ook self baie daartoe sal kan bydra, om die wêreld - dit wil sê: My teenstander - se slagoffers te ontruk, omdat julle self die wapens gebruik waarteen hy die onderspit delf, as julle jul in liefde ontferm oor diegene wat 'n prooi is van die wêreld. Julle sal hulle kan red sodat in julle die liefde kan ontvlam, dink aan die ongekende nood waarin die siele van sulke mense hulle bevind, wat so swak is dat hulle geen weerstand meer kan bied nie en daarom vooraf toevoer van krag nodig het, om hulself te bevry uit die onbarmhartige mag. Help haar en skenk aan haar die krag deur liefdevolle voorbidding en sy sal jou ewig dankbaar wees daarvoor. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205