BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 551

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Niemand kom tot die Vader 6579 “Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur My nie.” Hoe buitengewoon belangrik hierdie woorde is, word ook verklaar deur die noodsaaklikheid om die mense tot die geloof in Jesus Christus te bring; die wat hierdie geloof nog nie besit nie, of tot ‘n lewende geloof aan te spoor by wie die kennis oor Jesus Christus reeds aanwesig is. Want niemand kan na My toe kom, wie Myself nie in Jesus Christus kan sien nie. Daar is wel mense wat voorgee om in ‘n God te glo, omdat Hy Hom bewys in alles wat die mens omring, maar wie egter nie vir Jesus as Christus wil aanneem as “Seun van God” en “Verlosser van die Wêreld” nie en homself daarom tog nie as ongelowig beskou nie. Maar hierdie mense staan nog vêr van hulle God en Skepper af. Hulle is nog nie nou met My verbonde nie en kan daarom ook nog nie in hulle denke verlig word nie. Op hulle druk die sonde nog waarmee hulle hulself eens van My afgewend het en deur hierdie sonde is hulle nog aan My teenstander gebonde, maar kan nie sonder Jesus Christus van hom bevry word nie. Oor hierdie sonde van die vroeëre afvalligheid van My, weet maar baie min mense en daarom is die mens in homself ook nie bewus van die betekenis van Jesus en Sy verlossingswerk nie. Vir sovêr die leringe van die evangelie nou aan die mense bekend is en vir sovêr hulle bekend is met die woorde wat Jesus op die aarde gespreek het, sou hulle ook kan nadink oor die woorde: “Niemand kom na die Vader, behalwe deur My nie”. En as hulle ernstige opheldering sou verlang, dan sou hulle dit ook verseker ontvang het en die gedagte aan hierdie woorde sou hulle nie meer losgelaat het nie. Daar is maar net een weg moontlik, naamlik deur Jesus Christus tot My, omdat die kwytskelding van die sondeskuld voorafgegaan moet word, om deur My aangeneem te kan word. Sonder die verlossing deur Jesus Christus kan geen wese, wat in vrye wil ‘n sonde begaan het, My nader nie. Dit is ‘n wet wat My eindelose Liefde ook nie tot niet kan maak nie. En geen mens kan homself in sy hart heeltemal verseker voel teenoor God nie, indien hy Hom wel erken, maar meer met woorde of oppervlakkige gedagtes. Want ‘n ernstige nadenke sou hom tog gevoelsmatig laat besef dat sy verhouding met sy God en Skepper van die Ewigheid nie die korrekte is nie. Hy sal homself ook nooit, soos ‘n kind tot sy vader, aan My toevertrou nie; hy sal slegs glo dat daar ‘n God bestaan, maar egter nie die nou verbintenis, wat die liefde vereis, met My tot stand wil bring nie. Want die liefde sal ook sy Gees verlig, die liefde sou sy geestelike oog verskerp en sou hom vrae laat stel en nie iets laat beweer wat onwaar is nie. ‘n Onbehaaglike gevoel sal oor elke mens kom wat oor geestelike dinge nadink en wat nog nie met Jesus Christus in verbinding getree het nie. Vir hom sal die lydensweg en die kruisdood nie onbekend bly nie en hy sal steeds weer met sy medemens daaroor in gesprek gaan, of deur hulle aan Jesus Christus herinner word. Want steeds weer sal Ek sy gedagtes lei na die mens Jesus, wat op die aarde geleef het en ‘n smartlike einde op Hom geneem het. En ook al bely hy Hom nog nie, tog is die lewe van Jesus op aarde nou aan hom bekend en Ek wil Self bereik dat hy My nie in Jesus Christus sal vergeet nie. En ooreenkomstig die graad van liefde waarin hierdie mens homself bevind, sal ook die aanvaarding of die teenstand wees. Waar liefde egter aanwesig is, sal Ek die mens Self beroer en sy teenstand sal steeds minder word. En ten laaste sal ook die mens Jesus ook voor hom in ‘n heeltemal ander lig te staan kom, as toe hy Hom heeltemal afgewys het. As hy egter nie vir rede vatbaar is nie, as sy wil in die uur van sy dood nog vyandig ingestel is; dan kan hy geen saligheid in die geesteryk verwag nie. Dan kan hy ondanks ‘n korrekte lewenswandel, slegs in die ryk opgeneem word waarin almal verblyf het wat Jesus Christus verloën het. Want hy het homself nie laat verlos nie en gaan nou gebonde die ryk hierna binne. Maar ook daar kan hy nog sy Goddelike Heiland en Verlosser vind. En dit is daarom ‘n groot genade van My dat Ek ook in die geesteryk almal tegemoet kom, wat My tot nog toe afgewys het. Dat Ek elke geroep hoor wat tot My as Verlosser opgestuur word en dan die roepende by die hand neem en hom uit daardie gebied na My goddelike geluksaligheid binnevoer. Want Ek haal nog uit die diepte terug, so gou as wat Ek erken word, as ‘n siel die weg na Jesus gevind het, Wie sy op aarde afgewys het en waarsonder sy tog nie na My toe kan kom nie. Die Ligryk is vir elke siel gesluit, solank Jesus nie die poort vir hom open nie, wat Sy erkenning as “Seun van God” en “Verlosser van die wêreld” vereis in Wie die Ewige Godheid Homself beliggaam het om die mense te bevry uit die mag van die teenstander. Die mens is te swak om homself alleen te bevry, hy het die hulp van Jesus nodig. En hy kan die hulp maar net ondervind, as hy homself tot Hom wend, wat egter ook die erkenning van Myself in Hom noodsaaklik maak. Daarom spreek die mens Jesus die woorde: “Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur My nie!”, want Ek Self het tot hulle gespreek deur die mens Jesus. Ek wil Self erken word in Hom, wat My slegs vir die tyd van Sy aardse lewenswandel as ‘n stoflike omhulling gedien het, Wie Ek egter ook in die geesteryk behou om vir al My skepsele ‘n sigbare God te kan wees. Ek, wat tog Gees was en Is van ewigheid tot ewigheid en Wie as sodanig nie vir die geskape wesens sigbaar is nie. Om vir julle mense nou ‘n sigbare God te kan wees, het Ek vir My ‘n vorm gekies en het die Verlossingswerk in hierdie vorm volbring. Dus moet julle ook die Vorm respekteer waarin Ek woon, dan het julle reeds die korrekte weg ingeslaan tot My, julle Vader van die ewigheid. Maar sonder Jesus sal My teenstander julle nie vrylaat nie, omdat julle dan nog aan hom behoort deur julle wil. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205