BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 553

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Stem van die gewete 6585 Elkeen het 'n stille aanmaner in hom wat hom onmerkbaar dring of waarsku, wat homself egter so saggies uiter, dat hy maklik nie gehoor kan word indien die mens geen ag op hom slaan nie. Hierdie aanmaner in julle is ook 'n genade van God, 'n hulpmiddel wat deur die Liefde van God gebruik word, 'n geskenk wat aan elke mens gegee is, maar waaraan ook ag gegee moet word, as dit sin moet hê. Solank die mens waar en regverdig wil lewe, sal hy ook altyd aandag skenk aan wat die innerlike stem vir hom sê. Hy sal hom gepla voel as hy op die punt staan om 'n onreg te pleeg. En hy sal 'n sagte aandrang in homself voel wanneer dit daaroor gaan om ’n goeie werk te verrig. Want die vermaner in hom kan homself uiter by mense wat van goeie wil is. Maar die “stem van die gewete” kan ook heel maklik versmoor of verdring word deur verlokkinge wat harder klink en sal daarom eerder aangehoor word, maar sal nooit die siel tot heil strek nie. Dan stomp die mens af. Hy raak onverskillig of dit wat hy doen, goed of sleg is. Hy gee gevolg aan alle opwellinge wat hom aardse voordeel sal oplewer. En hy luister nie meer wanneer die stem van die gewete homself kenbaar wil maak nie. Maar hierdie ongevoeligheid vir die stem van die gewete is sy eie skuld, want die stille aanmaner bevind hom in elke mensehart. Hy kan egter verdring of bewustelik verhinder word om homself te uiter. En dit gebeur wanneer die mens teen die innerlike aanmaning of waarskuwing in handel en daardeur hierdie sagte stem tot swye bring. Want God dwing nie die wil nie en dit sou 'n dwing van die wil wees, as die innerlike stem, ondanks afweer, hom altyd harder op die voorgrond sou plaas en die mens daardeur onvry maak in sy wil en handel. Elke genadegawe van God moet vrywillig benut word, as julle sy uitwerking nie wil misloop nie. Maar die beste resultaat kry ’n mens wanneer hy hom heeltemal van binne af laat lei. Wanneer hy by al sy doen en late dit eers oordink, as hy vanuit die wil om altyd die goeie te doen, God vra vir Sy leiding en hom dan deur Hom laat lei. En dan sal die stem steeds helderder en begrypliker in hom weerklink. Dan sal hy nie meer deur die stem van die wêreld verdring kan word nie. Dan plaas die mens hom bewustelik onder die leiding van die Gees. Want hy herken die Gees se werksaamheid en hy weet dat dit die stem van God is wat hom nou stuur en lei, wat hom onderrig en hom met raad bystaan. Die stille vermaner in die mens, die stem van die gewete, kan dus deur die mens self daartoe gebring word om homself hardop te uiter, indien hy altyd bereid sal wees om na hom te luister en sy aansporings op te volg. Dit sal egter slegs gebeur by mense wat 'n lewe in liefde lei. Dan is daar geen hindernisse meer vir die Geestesvonk wat hom graag wil uiter nie. Dan kan hy op die voorgrond tree en openlik op die mens inwerk. Dit beteken dat die wil nie gedwing word nie, want die wil is dan self bereid om homself onder die Goddelik-geestelike leiding te plaas. En dan lei die mens 'n innerlike lewe. Hy beraadslaag voortdurend met sy innerlike leier. Hy weet dat dit God se stem is wat in hom weerklink, wat hom waarsku en aanmaan, wat hom lei op al sy weë. En dan sal sy lewenswandel ook volgens die wil van God wees, omdat die Gees in hom altyd net vanuit God se wil op die mens inwerk. Sonder die innerlike aanmaner en waarskuwer hoef geen mens deur die aardse lewe te gaan nie. Want die aanmaner sal alle mense aanspreek solank hulle nog gelei kan word, solank hulle nog besluiteloos is om goed of sleg te handel. Maar sodra die wil na die kwade oorhel, sal die stem altyd sagter word en kan uiteindelik heeltemal verstom, as daar nie 'n skielike verandering plaasvind nie. Maar solank as wat die mens leef, probeer God hom altyd innerlik aan te spreek en sy gewete te tref. Hy oefen egter geen enkele dwang op die wil uit nie, Hy sal hom altyd vryheid gee. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205