BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 554

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Doel van die aardse lewe 6586 Onbeperk stroom My genadegawes na julle toe en julle sou waarlik rykdom kan versamel op aarde en ryklik geseënd die hiernamaals binnegaan na die dood van die liggaam. En Ek sal ook tot aan die einde die mate van genade nog meer vergroot. Ek sal dit vir julle so maklik as moontlik maak om in besit van geestelike goedere te kom, maar steeds moet Ek julle die vryheid gee om aan te neem wat julle in die rykste mate geskenk word. Maar as julle dit afwys, is daar vir julle geen redding meer nie. Want teen julle wil kan Ek nóg julle lewenswandel, nóg julle geestelike rypwording lei. En so kom die uur van die einde steeds nader. Daarom gee Ek julle aan die eindtyd opheldering wat julle mense tot nadenke moet stem, omdat dit oor kennis gaan wat slegs weinig mense voorheen besit het: Ek stel julle in kennis van My heilsplan, van die doel van julle aardse bestaan en van die sin en die doel van die skepping. As julle ernstig oor hierdie openbaring sal nadink, sal julle nie meer sonder bedenkinge van die een dag na die ander kan lewe nie, maar julle sal julself afvra of julle beantwoord aan die doel van julle lewe op die aarde en watter lot op julle wag na julle afsterwe, en julle sal gered wees van ondergang. En daarom gaan My voortdurende sorg uit na die oordra van kennis aan die mense wat nog nie bewus is van hul opdrag op aarde nie. Ek gebruik soms die mees wonderlike middele om die mense hierdie kennis te gee. Maar waar die weerstand teen My nog te groot is, daar sal ook alle pogings tevergeefs wees, juis omdat die vrye wil in ag geneem moet word. Ek wil slegs die mense daartoe bring om hulself deur gedagtes te verbind met die geesteryk. En Ek probeer om hierdie bande op vele maniere tot stand te bring. Waar My evangelie verkondig word, daar word die Goddelike Verlosser nader aan die mense gebring en kan die direkte band van die mense met My in Jesus Christus tot stand gebring word. En dus sal hierdie mense gered wees, sodra hulle hulleself aan My in Jesus Christus oorgegee het. Maar waar die verkondiging van die evangelie nie plaasvind nie, waar die mense van elke sodanige vergadering wegbly en ook alle kerklike geloofsleringe verwerp, bestaan daar slegs nog die moontlikheid om die gedagtes te aktiveer deur 'n eerlike beskrywing van My plan van die vergoddeliking van dit wat eens uit die krag van My Liefde voortgekom het. Want die ontstaan en bestaan van die skepping in sy wetmatige ordening spoor die mense tog aan tot nadenke oor die sin en die doel en hul oorsprong. 'n Waarheidsgetroue beskrywing kan ook suksesvol wees in soverre, dat die mense hulle gedagtes laat dwaal in gebiede wat buite die aarde is, dat daar nou 'n verbinding tot stand gebring kan word, wat deur die ligwesens ten volle benut kan word, deurdat hulle hulleself inmeng en onderrigtend werksaam word. Ek wil geen siel verlore laat gaan nie en Ek het alle mense ewe lief. Ook diegene wat nog vêr van My afstaan, wil Ek probeer wen en dikwels moet Ek by hulle ander middele gebruik. En so is ook die take van My dienaars op aarde baie verskillend en aan elkeen voorsien Ek van die gawes wat hom die mees produktiefste wil en kan maak. En Ek sit hom ook op die plek waar My arbeid met sukses benut kan word. En die diening van My en My ryk bestaan altyd alleen daarin, naamlik om verbindings tot stand te bring tussen die mense en die geesteryk. Want daar is geen hoop vir die siele wat slegs die wêreld sien en nastreef nie, wat elke gedagte aan 'n geesteryk verwerp en daarom geen enkele een van die genadegawes benut wat julle almal aangebied word nie. Die rykdom van My genade sal steeds meer uitgestort word tot aan die einde. En alles is genade wat daartoe bydra om die oë van die mens opwaarts te rig, wat sy gedagtes na My en My ryk toekeer, sodat hy vasgegryp en omhoog getrek kan word, sodat hy nie verlore sal gaan, wanneer die einde van hierdie aarde aangebreek het nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205