BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 557

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Wêreldgebeure - Natuurkatastrofe - Geloofstryd 6590 Verdra alles geduldig en word nie wankelmoedig in die geloof nie. Dit moet Ek julle nog dikwels toeroep, want terwille van julle geloof sal julle moet ly wat julle nou nog nie kan begryp nie. Want nóg bevind julle julleself in ‘n sekere vryheid van denke, nóg skenk die medemens geen aandag aan die geestelike lewe van hom wat My trou wil bly nie, nog word julle nie deur aardse maghebbers gehinder in julle geestelike oordeel nie. Maar die tyd sal kom dat julle nie meer vry sal wees in geloofsaangeleenthede nie. Die tyd sal kom waarin die mense juis aangeval sal word deur hul medemens en ook deur die aardse gesag, ja hulle wat lewe vanuit die korrekte manier van denke, wat dit ernstig het met die ontwikkeling van hulle siele, wat die waarheid praat en hulle medemens wil help tot heil van hulle siele. Juis hulle sal in ‘n hoë mate verdruk word, terwyl die verdedigers van dwaalleringe nog steeds geduld of eerder nog gesteun as gehinder sal word in hulle aktiwiteite. Julle sal julleself ook dikwels afvra waarom Ek dit toelaat en daar sal ligte vertwyfelinge in julle opkom en julle sal swak word, omdat julle sal moet ly. Daarom roep Ek julle steeds weer toe; verdra alles en bly sterk in die geloof, want julle sal die kroon van die oorwinning verkry. Nou (1956) word daar nog geen geloofwaardigheid aan hierdie woorde geskenk nie, want daar is nog geen voortekens van sulke moeilike tyd te bespeur nie. Maar skielik sal daar ‘n omwenteling plaasvind, omdat ‘n wêreldgebeurtenis, wat die mense erg sal skok, ‘n openlike opstand sal veroorsaak teen Hom, wat as God en Skepper so iets kon toelaat wat ‘n skadelike uitwerking het op die mense. En daarom word elke erkenning as God en Skepper van Hom ontneem en alle geloof in Hom word sal as ongegrond verwerp word. En hulle wat die geloof in My teen hierdie mening verdedig, wat hulself vir My uitspreek en ook hulle medemens uit hierdie droom wil help, sal aangeval word. Steeds weer verkondig Ek aan julle dat Ek deur die geweld van die natuur sal spreek om die nog slapendes en traes wakker te skud. Sommige enkelinge sal ook ontwaak, maar baie meer nog sal selfs hulle hul swak geloof verloor, in die aangesig van die groot verwoesting en die baie menseoffers wat die gebeure sal oplewer. En dan sal die mees verskillende menings rugbaar word en met haat vervul sal die meeste een God en Skepper verloën en elkeen aanval wat nie hulle mening deel nie. Dan sal My teenstander, met al sy sluheid, aan die werk kom om haat aan te wakker, waarmee hy ook sal slaag. Want die aardse verliese wat die mense deur die natuurgebeure sal ly, sal hom verbitter en hom aanspoor tot onregverdige eise, asook die uitbuiting van die medemens wat homself nie sal kan verweer nie. Die liefdeloosheid van die mense sal nog meer toeneem en wat hulle gaan onderneem, sal die hand van die teenstander, die Antichris, duidelik verraai, van wie hulle afhanklik sal wees. Daar sal voorskrifte en maatreëls uitgevaardig word wat veral hulle wat Myne is, gevoelig sal tref, wat terwille van hulle geloof sal moet ly en nouliks die wreedheid van hulle lot sal kan begryp. Maar dan sal Ek die dae verkort, sodat die wat Myne is, nie sal twyfel nie, sodat hulle nie afvallig raak nie, sodat hulle salig kan word. Hou slegs aan My Woord vas, sodat julle gered kan word uit die grootste nood en wag op die vervulling van die woord, want Ek sal Self kom en julle bevry en Ek sal Myself vooraf reeds op ‘n ongewone wyse openbaar om julle te versterk, wanneer julle gevaar sal loop om swak te word. Julle hoef niks te vrees nie, solank julle op My vertrou en solank julle julleself met My in gebed verbind, want solank sal julle krag ontvang om weerstand te kan bied. Dink daaraan dat die vyande wel julle liggaam kan doodmaak, maar nie julle siel nie. Dink ook daaraan dat daar ‘n ewige lewe is en dat die lewe op die aarde vir elke mens spoedig ten einde sal loop, dan sal julle vrees ook verdwyn en julle sal met ‘n sterk geloof vervul word en sal standhou en steeds van My en My Naam getuig. Prent hierdie woorde in julle geheue, dit sal julle tot krag en sterkte wees in die komende swaar tyd. Verseker julle al vooraf van krag en versamel dit, want nog sal dit ‘n tyd duur voordat Ek Self deur die natuurgebeure sal spreek. En wanneer julle die tyd goed sal benut om julle geloof nog meer te versterk, dan sal die geloofstryd wat volg julle ook nie ontstel nie, dit sal julle maar weinig beroer, omdat julle met sekerheid sal wag op My koms, omdat julle geloof so sterk sal geword het, dat nóg bedreiginge nóg maatreëls teen julle, julle sal kan ontstel. En julle sal goeie stryders wees vir My en My Naam en alle magte van die hel sal julle nie kan oorwin nie, want Ek sal Self met julle stry en Ek sal julle waarlik tot oorwinning voer. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205