BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die brug vanuit die ryk van lig is Jesus Christus 5421 In die Naam van die gekruisigde Heiland kan aan julle gesê word dat die hemelryk oopgegaan het vir elkeen wat Hom erken as die Seun van God en Verlosser van die wêreld, maar dat dit gesluit bly vir diegene wat Hom nie wil erken nie. Julle mense sal moet weet dat voor Sy kruisdood, die twee wêrelde wat bekend is as die Ryk van Lig en die van duisternis, streng geskei was, dat daar twee totaal verskillende gebiede was wat geen verbinding met mekaar gehad het nie, omdat hulle heeltemal teengesteld was met mekaar. 'n Verklaring hiervoor is te soek in die geestelik geskapenes se ten volle wegdraai vanaf God, wat dan 'n wêreld laat ontstaan het met ’n God-vyandige ordening, terwyl die geeste wat aan God getrou gebly het, in die goddelike ordening gebly het en daardeur ook in 'n gebied van volkomenheid, van lig en onbelemmerde krag. Daar kon geen verbinding bestaan het tussen hierdie twee wêrelde nie, omdat die teenstelling te groot was, omdat die afstand van God in elke opsig 'n negatiewe uitwerking moes hê, dat daar in 'n sekere sin 'n strewe na teenoorgestelde pole sou wees, maar dat daar nooit na slegs één pool gestreef was nie. Tussen die ryk van die lig en die van die duisternis het alle bande ontbreek, wat nog begrypliker word deur die verduideliking dat die heersende kragte van beide gebiede heeltemal teenoorgesteld van mekaar gestaan het en heeltemal teenoorgestelde doelwitte nagestreef het, naamlik hoogste volmaaktheid in vryheid en lig en krag en die kluistering van die geeste wat vir hoogste doeltreffendheid bestem was. Daar bestaan dus 'n onoorbrugbare kloof tussen hierdie twee wêrelde, wat van die kant van die duisternis vir ewig nie ongedaan gemaak sou kon word nie, maar wel van die kant van die wat in die goddelike ordening van die geestelike wêreld gebly het, wie se inwoners insig gehad het en gevolglik ook op hoogte was van die enigste moontlikheid om 'n brug te skep. Daar moes 'n wese homself vanuit die geestelike wêreld na die duistere sfere waag en vandaar af 'n weg baan wat dan begaan kon word deur elke wese wat in die ligryk wou kom. Die Wese wat uit die hoogte neergedaal het, moes die Goddelike ordening tot stand bring, deurdat Hy eers Self vooraf in hierdie Goddelike ordening moes geleef het en dan die inwoners van die duistere wêreld, naamlik die mense op hierdie aarde, hiervan in kennis kon gestel het sodat hulle ook, deur Sy voorbeeld aangespoor, 'n ander lewenswandel sou kon lei as voorheen, dat hulle dus in plaas van teenoorgesteld, in dieselfde rigting sou streef as die mens Jesus, wie se doel na Bo was - dit wil sê, die terugkeer na die ryk wat Hy verlaat het, ter wille van die mense wat in duisternis gelewe het. Die wil om opwaarts te gaan, vind altyd die korrekte weg, maar hierdie het, het ontbreek by die mense. Dit was na benede gerig, want die werksaamheid van negatiewe kragte in die ryk van die duisternis het steeds sukses gehad en hierdie kragte het net een doel nagejaag, naamlik om alle insig van die wesens te ontneem en dus die terugkeer na God te verhinder. Die wil van die wese sou die vors van die duisternis en sy werksaamheid tot halt kon roep, maar hy het dit nie gedoen nie. Hy was self so swak en was aan elke ongunstige invloed sonder verset blootgestel. Die ligwêreld was op hoogte daarvan en 'n oergeskape Gees het aangebied om Sy Wil en Sy Liefde teenoor die bose invloed van die teenstander van God te stel. Daar was nou as’t ware ‘n stryd tussen twee kinders van God – twee ewebeelde wat deur Hom Self in die lewe geroep is - teen mekaar, omdat hulle nie meer dieselfde Wil en dieselfde Liefde gehad het nie, omdat hulle andersins nie as teenstanders teenoor mekaar sou gestaan het nie. Maar hierdie stryd moes op so 'n manier gebeur dat die Ligwese eers die omhulsel moes aanhê wat beroof was van die goddelike krag. Hy moes as mens stry teen diegene wat skuldig was aan die menswees van alle gevalle geeste. Indien Hy sterker kon wees as die ander, was daar dan vir die mense ook hoop om die teenstander van God te oorwin en dan sou daar ook 'n weg gebaan wees wat sou teruglei na die Vaderhuis. Die siel van die mens Jesus, wie se liggaam wel aards was, het Iets van Bo meegebring en het Haar na die aarde afgestraal, naamlik Goddelike Liefdeskrag. Hierdie Liefde sou van geen wese ontneem word nie. Sy kan te alle tye aangesteek word, maar Sy kan ook versmoor word deur eie wil en hierdie Liefde is die brug na die ryk van lig, want die Liefde is na Bo gerig, na God Wie die Ewige Liefde Self is. Die liefde soek altyd die Pool van die Liefde en is nooit aan God vyandig werksaam nie. Die liefde het ’n Ligwese beweeg om na die aarde af te daal en die liefde het met die Ewige Liefde in verbinding gebly en die brug was geskep tussen die Ryk van die Lig en die van die duisternis deur Jesus Christus. Hy is egter nie sigbaar vir die wesens op die duistere aarde, wat nie wil gebruik maak van Sy leiding, wat hulle nie by Hom wil aansluit in die geloof dat hulle die regte Leier na die ryk van die lig gevind het nie, wie Sy liefde nie beantwoord nie, wie in Hom nie die Meester erken wat Sy teenstander bedwing het en wie homself nie daarvoor dankbaar aan Hom onderwerp nie, wie in Hom nie die Een sien Wie Heer is oor lewe en dood, oor lig en duisternis, wie Hom nie erken as die Seun van God en Verlosser van die wêreld nie. Die kloof tussen die Ligryk en die ryk van die duisternis sal onherroeplik bly bestaan vir elkeen wat die weg nie gaan wat Jesus Christus vir hom oopgemaak het en wat alleen na die Vader lei nie. Want hulle staan nog heeltemal onder die invloed van die teenstander van God en sal nie van hom vry kan word alvorens hulle bereid is om die wet van die ewige ordening te aanvaar, totdat hulle hul weerstand opgegee het en hulleself deur Jesus Christus laat verlos, Wie alleen die enigste weg is na die Vader wie se Oneindige Liefde 'n weg gevind het wat uit die duisternis na die lig voer. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205