BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 560

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geestelike lae vlak is ’n gevolg van nie gedelgde sondeskuld 6596 Die las van die sonde druk die mensdom neer. Nie dat die mense hierdie las liggaamlik ervaar nie, maar hul siele kan hulself nie verhef nie, wat hulself uiter in ‘n minderwaardige gesindheid, in 'n goddelose lewenswandel, in ongeloof en 'n sterk verlange na die wêreld, in volledige materiële denke en strewe. Die geestelike lae vlak op aarde is dus die uitwerking, ‘n teken van die ongedelgde skuld. Dit is die gevolg van 'n lewe sonder Jesus Christus, want die mense het hul verlossing nog nie gevind nie en hul siele dra die ontsettende las van hul sonde nog self en word hierdeur terneergedruk, sodat hulle nie kan opkom sonder hulp nie. Dus het die teenstander van God nog volledige mag oor hierdie mense. En dit deur hulleself, deurdat hy hulle aanspoor tot weerspannige handelinge teenoor God, deurdat hy alle kennis van hulle weerhou en steeds net daarop bedag is om hulle buite die Goddelike orde te hou. Daar sou nie soveel ellende in die wêreld gewees het, as die teenstander nie soveel onheil kon aanrig nie. Maar die mense staan hom in sy rampspoedige werksaamheid by. Hulle is aan hom gebonde, want hulle is nog verstrik in die sonde wat hy aan hulle oorlewer het toe hulle van God afgeval het en die teenstander gevolg het. Hulle laat hulle nie bevry van hierdie groot sonde deur die Een, Wie die mag het om ook hul kettings los te maak nie, deur Jesus Christus, wat ter wille van hierdie groot sondeskuld aan die kruis gesterf het, wat dit gedelg het vir almal wat in Hom glo en onder Sy kruis plaasneem. Maar die mense glo nie in Hom nie en is daarom nie verlos nie en dus in die mag van die vyand van hulle siele. En dit is die groot geestelike nood waarin die mensdom homself bevind, tot op ‘n paar na wat Jesus Christus gevind het en ook deur Hom verlossing verkry het van sonde en dood. Die aarde moet die gevalle gees dien om ryp te word. En op hierdie aarde het God Self na die wêreld gekom in die mens Jesus om die mense te help om hulself te bevry van hul kettings. En alle mense sou hulself totaal kan verlos, as hulle hulleself maar net tot Hom wil wend - tot Jesus Christus - en Hom as hul Verlosser erken en Sy hulp afsmeek. Maar slegs weiniges glo in Hom, in sy missie en in hul verlossing. Hulle sit nog so diep in die sonde, dat hul meester dit maklik kan verhinder dat hulle hulleself tot 'n ander sal wend om hulp, omdat hy daarvoor sorg dat hulle die kennis oor hierdie Helper weerhou word. Maar hierdie kennis word deur God in Sy Liefde aan alle mense gebring en almal sou waarlik daarvan gebruik kan maak en 'n poging aanwend om uit die kettings van die teenstander los te kom. Hulle moet eers wil om bevry te word van hul las wat hulle neerdruk. Dan sal hulle waarlik al hulp verleen word. In plaas daarvan word sy invloed steeds groter, want ook die wat op hoogte is van Jesus Christus, die Goddelike Verlosser, verwerp alles as misleiding, sonder om dit eers van naderby te ondersoek. En hulle kan nie onder dwang daartoe gebring word om daarin te glo nie. Maar hulle kan ook nie sonder geloof in Hom verlossing kry nie. En so is die geestelike lae vlak te verklaar, wat God aanleiding gegee het tot die beëindiging van die doen en late van sy teenstander. Want die diep gesinkte mense sou reddeloos verlore gegaan het, indien hulle nie losgeruk word van die teenstander en opnuut weer in die ontwikkelingsproses opgeneem word nie, wat hulle weer uit die diepte omhoog sal voer, al is dit ook eers na ‘n eindelose lange tyd. Die genade van die verlossingswerk van Jesus Christus bly onbenut deur die mense van hierdie tyd. En daarom sal ook hul verblyf op aarde nie meer lank wees nie. En daar moet ook 'n einde gemaak word aan die handelswyse van satan, wat probeer om te verhinder dat die mense die weg na Jesus Christus vind. Maar hy sal die siele nie by hom kan hou nie, ofskoon hy glo om vir ewig hul meester te wees. Want sodra daar 'n sekere geestelike lae vlak by die mensdom waargeneem kan word, ontferm die Liefde van God Homself oor hulle, deurdat Hy deur Sy wil en Sy krag 'n nuwe aarde sal laat ontstaan en hierin, in regmatige ordening, sal die gees wat as mens gefaal het, weer sy verblyf neem. En weer sal hulle die gang van ontwikkeling moet gaan, totdat hulle weer voor die keuse geplaas word om hulle uit te spreek vir Jesus Christus en hulself deur Hom te laat verlos. Want alleen Hy kan die sondeskuld tot niet maak wat op elke wese druk. En alleen Hy kan hulle die vryheid gee en hulle uit die verdrukking van satan verlos. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205