BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 562

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

God blaas hom ‘n lewende siel in 6599 In My heilsplan van ewigheid af is die vergoddeliking van julle siele voorsien, wie eens wel goddelike en volkome wesens was, maar in vrye wil hierdie volmaaktheid weggegee het. Julle mense moet weet dat Ek julle nie so onvolmaak buite My geplaas het soos wat julle nou is nie, maar dat Ek wel die menslike vorm geskep het, maar die siel wat hierdie menslike vorm tot lewe bring en bewoon, het al ‘n eindelose lange tyd nodig gehad om haar vrywillig tot stand gebragte, geheel omgekeerde toestand, so vêr te verander dat sy nou in die menslike vorm haar verblyf kon neem, om weer die volledige vergoddeliking te bereik. Julle mense moet weet dat Ek julle nie onvolmaak geskape het om dan as mens van julle te verlang dat julle julleself moet vervolmaak nie, - omdat niks onvolmaak uit My kan voortkom nie. As julle hierdie kennis besit, dan sal julle julle bestaan op aarde anders beskou. Julle sal insien dat dit geen doel op sigself is nie, maar ‘n middel tot die doel. Maar solank hierdie kennis by julle ontbreek, glo julle dat julle geregtig is om die aardse lewe te gebruik om slegs julle liggaamlike welsyn te vergroot. Julle glo dat julle die reg het om julle lewenskrag slegs liggaamlik te gebruik, selfs wanneer julle daarna streef dat elkeen vir homself eties moet ontwikkel om ‘n beter menslike geslag te kry. Maar julle begryp nog nie die geestelike taak van elke afsonderlike mens nie. Die mens self is nie die laaste doel nie, die bestaan as mens is slegs die laaste moontlikheid op hierdie aarde om die hoogste doel te bereik. En die leerstelling dat Ek “die mens geskape het, om My lief te hê en My te dien, om daardeur in die hemel te kom”, is eers geregverdig wanneer die menslike bestaan as ‘n begrensde stadium vir die eens onvolmaakte geworde siel beskou word, omdat daar andersins verkeerde denkbeelde uit hierdie leer gevorm sal word, soos ook die dat iets “onvolmaak”, naamlik die siel, deur My by die geboorte van die mens vir hom bygevoeg word, dus dat daar iets onvolmaak vanuit My in die lewe geroep is. Daardeur raak sowel die beeld van My Wese verward, wat hoogs volmaak is, asook die gedagtegang van die mense wat hul eintlike taak op aarde nie besef nie en daarom steeds meer wêrelds georiënteerd sal wees, omdat daar ‘n vals beeld vir hulle uiteengesit was. Weliswaar sou die mens deur liefde tot My en onbaatsugtige diensbaarheid die korrekte insig kon bereik en dan ook die geluksaligheid, maar hy sou nie die liefde kon laat ontbrand tot ‘n wese wat sy skeppingskrag kan gebruik om onvolmaakte skeppinge te laat ontstaan nie; en ook vir die onbaatsugtige diensbaarheid ontbreek die regte motivering as julle mense nie op hoogte is daarvan dat die volmaakte hulself eens van My afgewend het, wat daarin bestaan het om uit aanmatiging te wil heers en die beginsel van liefde te verwerp. Die onvolmaaktheid is deur die wesens self tot stand gebring. Dat julle egter as mens onvolmaak is, lei geen twyfel nie en so sal julle in die eerste plek die rede vir julle onvolmaaktheid moet probeer deurgrond, maar julle mag julleself nie tevrede stel met die verklaring dat Ek julle so geskep het, soos wat julle nou oor die aarde gaan nie. Maar die laaste verdediging teen die wat die skeppingsdaad van die mens so voorstel dat daar tegelykertyd ook ‘n “siel” vir die mens deur My “geskape” was, wat daardie mense dan motiveer met die woorde: “God blaas vir hom ‘n lewende siel in”. Dat hierdie lewende siel ‘n eens gevalle oergees is, daaroor ontbreek die kennis by hulle; maar wat elke mens sou kon verkry, indien hy ernstig die vraag sou wou stel oor die sin en doel van die aardse lewe en ook oor sy taak op aarde. En ook ‘n dwaalleer sou die mens aanleiding kon gee om vrae te stel, as hy maar net die wil sou hê om opheldering te verkry, en in die besonder as hy in onderrig die leier van mense moet wees, sou hy eers self vooraf opheldering moet kry, wat hy te alle tyd kan kry as hy homself maar tot My sou wend, wanneer ligte twyfel, wat elkeen by hom sal voel opkom as hy hieroor nadink, hom na die juiste Bron sal laat gaan, waar die suiwerste waarheid elkeen sal verkwik wat daarna verlang. Dat daar soveel duisternis onder die mense is en dat dwaalleringe so kon versprei, vind alleen sy oorsaak in die louheid van die mense teenoor die waarheid, want die waarheid staan vir elkeen ter beskikking en vir elkeen is sy bereikbaar as hulle die waarheid maar ernstig begeer. Dog probeer slegs weinig om deur te dring in My ewige heilsplan, maar vir hulle is alles duidelik en die helderste lig straal hul toe, omdat die Lig van ewigheid Self by almal ontsteek wat die duisternis wil ontvlug. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205