BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 563

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Met die kruisiging het ’n Verlossingsperiode begin 6600 Met My kruisdood is daar 'n einde gemaak aan 'n verlossingsperiode in die geestelike sin. 'n Hopelose toestand, wat tot dan toe geheers het, is beëindig. Want die binnegaan tot die ligryk was tot by My kruisdood onmoontlik gewees en die siele van die mense het met die beste wil steeds net 'n louteringsgraad bereik, maar om die sonde van die vroeëre opstand teen My heeltemal af te los, sou ewighede nie voldoende gewees het nie. En die las van hierdie sondeskuld het hulle verder onder die mag van My teenstander ingedwing, sodat die gekwelde siele in die besef van hul nood om 'n Redder begin roep het. Vanaf die oomblik dat Ek My lewe geoffer het vir die groot sondeskuld van die mense, was die mag van My teenstander egter gebreek en het daar dus 'n nuwe tyd aangebreek. Die eerste volkome verloste siele kon die plek waar hulle tot dan toe vertoef het, verlaat en kon toe die poorte van die geluksaligheid binnegaan wat Ek geopen het. Hierdie moontlikheid het bly bestaan. Steeds weer kan siele hulself losmaak uit sy mag. Steeds weer word siele bevry van elke ketting en eintlik begin daar nou eers 'n "verlossingsperiode", hoewel ook die ontwikkeling in die skepping en die lewe op die aarde vir 'n totale verlossing nodig was en steeds weer eerstens die voorwaardes moet verskaf, wat dan ook die algehele terugbring na My tot gevolg sal hê. En so kan daar wel van 'n nuwe tydperk gepraat word, sedert die volbringing van My verlossingswerk. Want eers van toe af kon die ewige geluksaligheid aan die siele geskenk word, waarin hulle eertyds gelewe het in lig en krag. Maar die mense is nie bewus daarvan dat hulle die mooiste kan bereik nie, juis omdat Ek Self vir hulle aan die kruis gesterf het om 'n brug te slaan vanuit die ryk van die duisternis na die ryk van die lig. Hulle is nie daarvan bewus dat hulle hulleself weer vrywillig oorgee aan die mag van My teenstander, wanneer hulle My en My verlossingswerk nie wil erken nie. Dat hulle geen ander lot te wagte staan as wat vir die siele van die mense beskore was voor My kruisdood, naamlik onvryheid, 'n toestand sonder lig, swakheid en kwellinge, wat deel is van die onverloste waaroor My teenstander nog die mag het. Die Redder het van bo na die mense gekom en was slegs deur weinig herken. Maar die verlossingswerk is volbring. Die poorte na die ligryk is geopen en daarom het daar met My kruisdood 'n tydperk van verlossing begin, alhoewel die aarde as sodanig geen spesiale eind verskynsels laat sien het nie. Want die toenmalige hopelose toestand kon nou verander word, deur die erkenning van Jesus Christus en Sy verlossingswerk, deur jouself bewustelik te rig op Hom, deur die aanneem van die liefdeoffer en daardeur vrygeskeld word van die sondeskuld. En daar was weer 'n tyd aan die mense toegeken waarin hulle met goeie wil hul totale verlossing kon vind. Maar nou het ook hierdie tyd uitgeloop. En die ongekende genade waarin die mense hulself bevind het, is nie meer nie en word ook nie meer benut nie. Die mense bly gebonde in die wêreld van die teenstander, omdat hulle self geen aanstaltes wil maak vir hul bevryding nie en omdat hul eie wil na hierdie bevryding moet streef. En dus moet daar ook nou weer 'n grens gestel word. Daar moet weer 'n nuwe tydperk begin, waarin die verlossingswerk hoër gewaardeer sal word, waarin daar weer 'n omvangryke verlossing kan plaasvind, omdat die uitwerking van die verlossingswerk onveranderd bly wanneer die wil van die mense hierdie uitwerking maar toelaat. Maar die ongewillige wesens moet opnuut weer die boeie van hul gevangenskap voel met alle hardheid, sodat daar ook eenmaal in hierdie wesens die verlange na vryheid, na geluksaligheid, na lig kan ontwaak. En die mag oor hierdie wesens moet My teenstander ontneem word, hulle wie hy in so die duisternis hou, dat hulle ook nie die lig van die kruis kan sien nie. En weer sal daar 'n nuwe tyd aanbreek, want onophoudelik gaan die positiewe ontwikkeling van die geestelike verder en steeds sal hierdie aarde betree word deur nuwe siele, aan wie die geleentheid gegee sal word om hulself te laat bevry deur Jesus Christus. Steeds weer strooi Ek die genade van My verlossingswerk uit oor die siele en steeds weer keer hulle ook as My kinders na My terug. Want die werk van verlossing is volbring vir al die eens gevalle gees. En dit is en word werksaam by alle mense van die verlede, van die teenwoordige tyd en die toekoms, totdat die verlossing eens totaal voltrek sal wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205