BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 566

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verkondiging van die Liefdesleer van Jesus is dringend nodig 6610 My evangelie moet in die hele wêreld uitgedra word. Hierdie opdrag het Ek My leerlinge gegee toe Ek nog op aarde gewandel het en dieselfde opdrag gee Ek ook nou aan My leerlinge van die eindtyd, want dit het nodiger as ooit geword dat die mense die Evangelie moet ontvang, die Evangelie van die liefde, wat onbekend geword het vir almal, of wat nie meer ernstig opgeneem word nie, ofskoon dit bekend is. Die mense het hulle van My verwyder, want hulle leef nie meer in die liefde nie, dus kan Ek ook nie by hulle wees nie. En 'n lewe sonder liefde bring aan hulle die sekere dood. Dit het dus dringend geword dat daar aan die mense opheldering verskaf word, dat My leer van die Liefde weer aan hulle verkondig sal word, dat dit hulle voor die gees gestel word in watter gevaar hulle hulleself bevind, as hulle nie ooreenkomstig My gebooie van liefde lewe nie en wat hulle sal bereik, wanneer hulle hulself omvorm het tot liefde. My leer van die Liefde moet verkondig word aan alle volke van die aarde en daarom stuur Ek My leerlinge opnuut weer uit in die wêreld. Ek gee vir hulle voortreflike leerstof, wat hulle oral moet versprei, sodat die mense opnuut kan kennis neem van wat Ek as die Mens Jesus op aarde verkondig het, om aan die medemens verlossing te bring uit hul dooie, gekluisterde toestand. Dit het noodsaakliker as ooit geword, om die Goddelike liefdesleer na vore te bring, want hieraan word te min aandag geskenk. Wat vanselfsprekend moes gewees het – naamlik dat die mense mekaar as broers moes liefhê en optree soos wat dit onder broeders gebruiklik is - ken hulle nie meer nie. Elkeen dink net aan homself, elkeen beskou sy medemens meer as sy vyand as sy broer. Dit ontbreek by elke gemeenskap wat hulle in liefde aaneensluit. Die onselfsugtige naasteliefde het byna verdwyn, maar die eieliefde en die selfsug het des te sterker geword. En daarom is die mense in groot gevaar om hulself aan die dood uit te lewer om ewighede weer in hierdie doodslaap te moet bly, waaraan hulle egter sou kon ontsnap, as die liefde maar weer in hulle harte aangesteek en beoefen kan word. Daarom plaas Ek steeds weer die liefde op die voorgrond. Ek Self predik nou ook voortdurend die liefde. My Woord, wat direk van bo na julle toe kom, het steeds net die Liefde as inhoud, wat My daartoe bring om julle te help en wat ook deur julle beoefen moet word, indien julle vir die nood van julle siele 'n uitweg wil vind, as julle wil ontwaak tot lewe en hierdie lewe ewig nie meer wil verloor nie. En oral roep Ek My dienaars op. Leerlinge, wat Ek weer onderrig soos in die tyd van My lewe op aarde, leerlinge aan wie Ek My suiwer evangelie verkondig, met die opdrag om dit verder te versprei, omdat Ek weet dat die mense kennis moet neem van die evangelie van die Liefde, van hul taak op aarde om hulleself deur onselfsugtige liefde te verlos uit hul onvryheid en duisternis. Want al ken die mense My gebooie van die liefde, praat hulle sonder om na te dink, hulle oorweeg dit nie in hulle harte nie en handel nie daarvolgens nie. En daarom moet hulle aandag weer daarop gevestig word, hulle moet weer en weer aangespreek en aangespoor word om in liefde werksaam te wees. Hulle moet te wete kom dat hulle slegs deur die liefde salig kan word, omdat hulle slegs deur die liefde nader aan My kan kom om die vereniging met My tot stand te bring, wat onvoorwaardelik verkry moet word om geluksalig te wees. En daarom bestaan daar geen opdrag wat dringender is as hierdie nie, naamlik om My leer van die Liefde te verkondig of weer opnuut tot lewe te wek, met die verwysing na die Een Wie uit Liefde gely en gesterf het aan die kruis. Want alle mense moet van Hom hoor, Hy Wie hulle 'n lewe in Liefde voorgeleef het, Hy Wie deur die Liefde daartoe gebring was om die swaarste leed en 'n baie pynlike dood te verduur, om die mense te red uit die nag van die dood. Die mense moet net daarin opgevoed word, om in onbaatsugtige liefde hulself oor hul medemens te bekommer, hulle werklik as broeders tegemoet te tree en hulle as broers behandel. Slegs dan sal hulle van hul eie redding verseker wees, maar 'n liefdelose lewenswandel dryf die mense reddeloos in die hande van My teenstander, wat sonder enige liefde is. Maar tot op die laaste dag op hierdie aarde sal My boodskappers nog liefde predik, tot op die laaste dag sal hulle, as My leerlinge van die eindtyd, die evangelie van die liefde verkondig, want alleen hulle wie dit aanneem, sal die ondergang ontsnap en ook My Liefde en Barmhartigheid in dieselfde mate ondervind soos wat hulle dit self betrag het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205