BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 567

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Doop - wat is daaronder te verstaan? 6611 Julle kan die groot genade om die Woord te ontvang nie besef nie, tog word elke vraag van julle deur My beantwoord en sal alle twyfel in julle verdryf, as julle julleself maar na My sal wend vir opheldering. Weliswaar beantwoord Ek ook sulke vrae deur julle gedagtes, maar julle is nie altyd seker daarvan of die gedagtes deur My gegee is nie en dan word julle onsekerheid ook nie verdryf nie, terwyl die Woord wat julle van Bo gestuur word, julle gelukkig maak. Daar is soveel vrae wat julle besighou en ‘n gelowige bede tot My sou voldoende gewees het om aan julle uitsluitsel te gee. Maar julle rig baie selde so ‘n bede tot My, - julle is ook nog nie bewus van die groot genade wat julle mag gebruik nie. Elke mensesiel het ‘n “grondige reiniging van ’n bad” nodig wat haar van alle afvalstowwe sal bevry, wat haar sal verfris en weer tot lewe bring en wat haar bekwaam sal maak vir die arbeid wat sy op aarde moet verrig. En elke mensesiel moet bereid wees om hierdie reiniging in haarself te laat plaasvind, of om dit oor haar heen te laat gaan, - in die besef dat sy vantevore nie binne My wil was nie, soos wat sy moet wees om My te kan nader om ewig by My te bly. So 'n reinigingsbad moet egter nie net uiterlik opgevat word nie. Dit is ‘n daad wat innerlik moet plaasvind, wat hoogstens uiterlik te herken is dat daar in die wese van ‘n mens ‘n verandering voltrek is, wat hom egter ook die sekerheid gee dat hy homself uit ‘n moeras na bo gewerk het, deur ‘n verfrissende bad te neem en heeltemal gereinig daaruit te kom. Water wat helder is en ‘n verfrissende uitwerking het, kan nie lewelose water wees nie. Dit moet ‘n vloeiende, lewende stroom wees, water wat die krag het om te reinig en weer tot lewe te bring. Hierdie lewende water het julle dus nodig. Weet julle egter wat onder “lewende water” verstaan word? Steeds weer nooi Ek julle uit om na die “Bron” te gaan waaruit die lewende water stroom. Steeds weer wil Ek dat julle die “See van My Liefde” ingaan, dat julle daarin duik en julle so deur Myself laat doop met My Woord, wat alleen die krag het om in julle ‘n verandering te bewerkstellig. Dit reinig julle siel en gee haar ’n nuwe lewe. Die Woord gee julle eers die ware lewe. Toe Ek dus vir My dissipels gesê het: “Doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees” is niks anders daarmee te verstane as, dat hulle in My Naam die mense My Woord moes bring - die lewende water wat in My haar oorsprong het, dat hulle dus na die Bron moes gaan. Die Liefde Self, die - Vader - bied dit vir julle aan. Hy bied julle dit, waardeur die diepste Wysheid, die Seun bereik kan word, indien julle die Woord in julleself ontplooi en daardeur die gees in julle tot lewe wek, wat aan julle die helderste insig sal skenk. Julle siel het dus My Woord nodig; wat dieselfde uitwerking het as die helder natuurlike water op die liggaam, sodat sy versterk uit die bad tree, geskik vir elk taak wat dan van haar verlang word. En so moes My volgelinge die water, My Woord, aan alle mense bring. In liefde moes hulle dit kosteloos aanbied, omdat dit weer liefde in hulle sou ontsteek en so die gees in hulle tot lewe wek. Lewende water het egter sy oorsprong in My. Ek Self is die Bron waaruit die lewende water stroom. En daarom moet elke mens afdaal in die “Bron van My Liefde”, om Goddelike wysheid te ontvang en om dit ook te kan insien deur die Gees. Dit is “die doop” wat elke mens moet ontvang om lid van die kerk van Christus te wees, die kerk wat Ek Self op aarde gestig het. En daartoe is eerstens julle vrye wil noodsaaklik, wat vry moet besluit om in die waterstroom van My Liefde af te daal, My lewende Woord aan te neem en daardeur die siel aan ‘n reiniging te onderwerp wat dan My teenwoordigheid moontlik sal maak. My Woorde moet altyd slegs geestelik begryp word, want nooit sal ‘n uiterlike handeling die wesenlike innerlike omvorming, naamlik die loutering van die siel, tot stand kan bring nie. En daarom moet julle steeds die geestelike betekenis van My Woorde probeer deurgrond, wat egter heeltemal duidelik sal word vir julle, as julle My Self vir opheldering sal vra. En wanneer julle verlange daarna opreg is, sal julle nie anders kan as om korrek te dink nie. Dan sal julle ook sonder weerstand My Woord aanneem, wanneer dit vir julle deur My volgelinge gebring word en dompel julle julleself in “My Goddelike Liefdestroom”, dan ontvang julle die ware doop, want My Liefde vervul julle dan met My Gees en lei julle in die Waarheid in. Liefde, Wysheid en Krag is nou ook deel van julle siel, wat haarself laat doop het met die “Water van die Lewe en van die Liefde”. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205