BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 569

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Vrees vir die dood 6616 Die dood is slegs ’n deurgang tot die lewe wat ewig sal duur. En niemand sou die dood hoef te vrees as julle lewenswandel op hierdie aarde volgens My wil sou gewees het nie en as julle hierdie aardse weg binne die Goddelike orde afgelê het, sou geen skrik julle oorval in die aangesig van die dood nie. Jou siel sou verheug gewees het om die aardse liggaam te ontvlug, om haar vaderland te mag binnegaan, waar die aardse liggaam heeltemal oorbodig is. Maar tog kan daar nie van ’n vergaan gepraat word nie, inteendeel wag daar vir die siel ‘n vrye lewe vol van lig en krag. Jesus Christus het op die derde dag uit Sy graf opgestaan. Hy het aan julle getoon dat daar geen verganklikheid is na die liggaamlike dood nie. Hy het julle die bewys gegee dat ‘n ware lewenswandel ‘n verandering van ‘n aardse tot ‘n geestelike liggaam tot gevolg het en dat die mens bly bestaan en alleen sy omhulsel ‘n verandering ondergaan, wat vir die verblyf in die geesteryk onvoorwaardelik absoluut nodig is. En julle almal sou hierdie verandering self tot stand kon bring en dan sou die dood waarlik sy angel verloor het. Maar omdat julle mense nie glo aan ’n lewe na die dood nie, bly julle in gebreke om vir julleself verblyf in die geesteryk voor te berei. En omdat julle siele geen insig het oor die lewe na die liggaamlike dood nie, vrees julle die dood en dit ook met reg. Want julle kan weliswaar nie vergaan nie, maar kan wel gebonde aan die aarde bly en dan sal die ontwaking na die dood nie vreugdevol wees nie. Maar julle sal ontwaak, al is julle siele hoe gebrekkig gevorm. Sy sal dit ondervind dat sy nie vergaan het nie en ook nie kan vergaan nie. En onbewustelik vrees die mense hierdie lot en daarom het hulle angs vir die dood. Julle moet egter aan Hom dink wat die dood oorwin het. Jesus Christus wil julle tot lewe wek, Hy wil julle ‘n ewige onverwoesbare lewe gee wat julle nooit meer sal verloor nie. Neem Sy genadegeskenk aan en dink aan Hom in bange ure. Bied jou siel aan vir Hom en bid tot Hom dat Hy Hom oor haar sal ontferm en haar sal help om te lewe. En julle sal hierdie bede waarlik nie tevergeefs tot Hom rig nie. Julle vrees sal verdwyn en vir ‘n salige rus plek maak, ‘n rus, wat alleen Jesus Christus julle kan skenk. ’n Lewende geloof in Jesus Christus verdryf alle angs vir die dood, want dan weet die mens dat hy sal opstaan en lewe, soos Jesus opgestaan het op die derde dag. Wie egter nie hierdie geloof in Hom het nie, die sal die dood vrees, of hy sal glo om verganklik te wees en dat hy tot niks sal terugkeer, waaruit hy homself ook waan hy ook voortgekom het. En dit sal egter ’n onaangename ontwaking vir hom wees, asook vir almal wat sonder Christus geleef het op aarde. En dit sal baie lank duur voordat hulle daarvan oortuig sal word dat hulle nie vergaan het nie, maar dat hulle slegs ’n uitweg uit hul dooie toestand sal kan vind, indien hulle Hom sal aanroep, Hy Wie hulle op aarde nie wou erken het nie, maar Wie alleen weer aan hulle die lewe kan skenk. Die dood hoef maar net die oorgang te wees na ’n nuwe onverganklike lewe. Dit hoef in geen geval die mense te verontrus nie, omdat Jesus Christus die dood oorwin het. Want Hy het die verlossingswerk volbring om die mense te bevry uit ‘n toestand wat Sy teenstander in die wêreld gebring het. Maar die verlossingswerk en die opstanding van Jesus word nie opreg waardeer deur die mense nie. Baie dra kennis daarvan, maar glo nie daarin nie en kan daarom ook van die gevolge van die verlossingswerk en die opstanding geen voordeel trek nie. Dog ’n lewende geloof gee die mense ‘n vaste vertroue en ontneem hul daarom ook alle vrees vir die dood. En hulle sal salig ontslaap in die Heer en met vreugde ontwaak by Hom, in die ryk van lig en saligheid. Want vir hulle is daar vir ewig geen dood meer nie, vir hulle is daar maar net die ewige lewe. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205