BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 570

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Regverdiging voor ‘n hof -Openbare belydenis 6619 Tree na vore My dienare, wanneer dit daarom gaan om My en My leer te verdedig, want julle sal in situasies gedwing word om My in die openbaar te erken. Die omstandighede om die daad van Verlossing sal meer en meer in die openbaar bespreek word. Die lewe van die mens Jesus en Sy aardse lot, Sy vernederende einde, sal seker moontlik geag word, maar ‘n Goddelike missie van hierdie mens sal nie erken word nie en daarom sal die geloof in Hom as Verlosser van die mensdom in alle opsigte verwerp en belaglik gemaak word om ‘n nie godsdienstige denke in die mense te vestig. En dit is die tyd wanneer julle na vore moet tree. En elkeen wat deurdring is deur My Gees sal homself nie kan help nie maar ‘n standpunt namens My en My Naam in neem, aangesien sy innerlike oortuiging hom sal laat praat en dit ywerig teenstaan en probeer om sy medemens te oortuig. Daarom berei Ek geskikte instrumente vir My voor, daarom stuur Ek aan hulle die waarheid en met dit ook die mag van waarneming, want dan sal dit noodsaaklik word dat hulle na vore kom met hul kennis om die teenstanders met die swaard van hul mond te bestry. Waar Jesus Christus ookal verlaag word, waar Sy missie ookal betwyfel word en hierdie twyfel openlik uitgespreek word, sal julle, My verteenwoordigers op aarde, julle taak herken en volbring. Julle kan dit doen omdat julle ingelig is oor My plan van Verlossing, omdat alle samehang vir julle duidelik is en omdat julle met vaste vertroue in Hom glo, Wie julle van gevangenskap verlos het. Slegs oortuigde besware soos wat julle volgens julle kennis kan maak kan julle teenstanders tot swye bring of hulle maak dink. En selfs as julle nie slaag om hierdie teenstanders te oortuig nie, sal julle nietemin ‘n paar mense bereik wat deur dit beïnvloed is en begin om te dink. Dan sal julle dapper en sonder aarseling moet praat, want Ek sal die woorde in julle mond sit en die duidelike wysheid van julle woorde sal hulle verbaas wat nog nie ten volle onder die beheer van My teenstander is nie. Aangeneem, dat julle teenstanders julle sal minag en belaglik maak, maar terwille van My Naam sal julle dit moet aanvaar, aangesien dit dikwels voorspel was dat julle veroordeel sal word omdat julle My verteenwoordigers op aarde is. Die tyd sal so seker kom soos die één dag die ander sal volg. Selfs as dit op die oomblik vir julle lyk asof die aantal gelowiges voortdurend groei. Dit betref die lewende getuienis van Jesus Christus wat My teenstander nastreef om steeds meer te verhinder. Sy invloed is as sulks dat mense alles, selfs hul godsdienstige lewe met die wêreld sal kombineer, dat hulself dit uiteindelik in wêreldsheid sal verander en selde, indien ooit innige kontak met My sal vestig, afhanklik van hoeveel invloed hy op die individuele persoon kan uitoefen. Slegs by weinig kan die ware lewende Christelike geloof herken word, wat uit mense bestaan wat liefde tussen mekaar kweek, wat lewe in die Gees van My Goddelik leer van liefde, waarvan elke gedagte en daad deur liefde bepaal word en dus ook My wil is. En dit is waarom bevestiging voor die wêreld steeds noodsaakliker word, omdat almal angstig probeer om hul innerlike houding te verberg as dit goed is, naamlik na My gewend is, terwyl veldtogte teen My en My leer openlik gevoer word. Mense sal altyd openlik hul verwerping van My Woord en Myself erken, maar vreesagtig probeer om hul wandel in eenheid met My te verberg en hul medemens wat nog swak is kan nie die krag kry wat hulle nodig het nie en ook behoort te ontvang deur mense wat My gretig erken nie. Dit is waarom Ek eis dat julle openlik vir My en My koninkryk sal opstaan wanneer hierdie verklaring van julle geëis word. Want julle sal slegs die invloed van My teenstander kan teengaan en ondermyn deur in die openbaar oor My te getuig. Elkeen wie My eerlik vóór die wêreld bely sal dit volgens sy innerlike oortuiging kan doen en hy sal suksesvol met sy medemens wees en sal hul geloof versterk. Maar sodra ‘n vreesagtige stilte gehou word, sal die met weinig geloof ook nie die moed hê om hul geloof te bely nie. Die openhartige verklaring sal egter alle terughouding en vrees wegneem, want Ekself sal julle krag in oorvloed gee as julle openlik vir My getuig en dan sal julle ook vol vertroue hulle trotseer wat in oordeel oor julle sit. Aangeneem, dat hulle gif en gal na julle sal spuug maar dit sal julle skaars raak, want dan sal die krag van geloof en die krag van die Woord, waarmee Ekself hulle deur julle sal aanspreek, dit aantoon. Hulle sal nie in staat wees om julle te antwoord nie maar julle slegs aanval uit hulpelose woede maar nie in staat wees om iets te doen teen My mag en krag nie. Maar elkeen wat angstig sy houding ten opsigte van My probeer verberg sal steeds swakker word, want Ek sal nie in staat wees om hom te steun tot hy My erken nie. Daarom bly Ek julle waarsku en herinner julle telkens weer aan My Woorde ‘Wie My vóór die wêreld bely, hom sal Ek ook vóór My Vader wat in die hemel is bely.' Onthou dit wanneer die tyd kom dat julle die besluit moet neem en onthou dat dit nie tot julle nadeel sal wees nie, omdat Ek alleen kan gee en neem en dat julle daarom eers My wil en My vereistes moet oorweeg, voordat julle aan die vereistes van aardse magte voldoen, as dit teen My en My Naam gerig word. Dra vol vertroue wat julle bedreig as julle getrou aan My wil bly, want Ek kan en sal alles van julle afwend as julle My openlik erken en dan sal My mag en glorie dit self openbaar. Dan sal julle uitvind wat die krag van geloof kan doen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205