BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 574

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verskillende geestesrigtings - Waar is waarheid? - Vir geestelike leiers 6627 Elke geestelike strydvraag sou opgelos kan word indien elke verdediger van sy eie opvatting, dit aan My Self sou voorlê en My verklaring daarvan afwag. Dan sou daar waarlik geen konflikte gewees het nie, dan sou alle partye hulself weer moes verenig, want hulle sou almal slegs dieselfde antwoord van My ontvang het. Dat daar nou soveel afsplitsing ontstaan het, dat daar soveel geestesrigtings gevorm het, is ‘n sekere bewys dat hierdie weg na My nie gegaan is nie, dat die mense maar net hul denke met hulle verstand inskakel en hierdie verstandelike denke nooit dieselfde resultate kan oplewer nie, omdat My teenstander al te maklik tussenbeide kan kom en die verstand in die war bring, waar Ek nie self aangeroep was om dit te verlig nie. Weliswaar kan enkele persone wat hulle sienswyse verdedig, dit gedoen het en hulle opvatting sal daarom ook eerder ooreenstem met die waarheid, maar hulle vind geen ingang by hulle wat My negeer nie. En daarom sal die korrekte, ware, steeds weer na buite straal, maar op sy lig sal te weinig ag geslaan word en die konflikte sal nie opgelos word nie, hulle sal steeds tevoorskyn kom, omdat die verstand hoër gewaardeer word en die verstand die ergste verdraaiinge so kan omklee dat dit as wys aangesien word en ook weer verdedig kan word. Wanneer julle mense dan nadink oor die vele verskillende geloofsleringe en geloofsrigtings, moet julle al daarom aan die waarheid twyfel van diegene wat daarvoor opkom, want daar kan maar net één waarheid wees. Dus sou, indien die waarheid werklik (êrens) onder die verskillende rigtinge aanwesig sou gewees het, alle ander vals moet wees. Maar watter een is die ware? Elke geestesrigting eis vir homself die reg op, om die waarheid te besit en tog is dit nie te herken nie, aangesien daar andersins nie daaraan getwyfel sou word nie en die toevlug tot ‘n ander geneem sou word nie. Oorweeg dit; besef dat die waarheid My eiendom is, dink daaraan dat julle My kinders is wat Ek liefhet. Dus sal Ek die waarheid nie van julle weerhou nie, dus moet sy ook herkenbaar wees. Solank julle mense dus nie weet nie, maar aanneem, dat julle die waarheid het, besit julle haar nie. Maar dit geld nie vir hulle wat blindelings glo nie, wat nog nooit self ‘n standpunt ingeneem het oor dit wat daar van hulle verlang word om te glo nie; maar Ek wend My hiermee tot die leiers, die verteenwoordigers van aparte geloofsgemeenskappe of geestesrigtings, wat weer probeer om hulle aanhangers te oortuig van die waarheid van dit wat hulle uitdra. Ek wend My tot diegene wat hulle verstand gebruik en op die voorgrond tree, sodat die medemens wat nog besluiteloos is, hulself weer by hom kan aansluit. Ek wend My tot diegene wat wel met hulle verstand in staat sou wees om die suiwer waarheid te herken, wanneer hulle tegelykertyd die hart ook laat spreek. Wanneer hulle die gees in hulle die moontlikheid sou gee om homself te uiter, maar dit tot nou toe agterweë gelaat het en daarom dwaal, ofskoon hulle oor ‘n hoogs ontwikkelde verstand beskik. Al hierdie sou hulself verwonder het dat hulle dieselfde resultate sal behaal indien hulle die goeie weg sou wou inslaan na Hom, Wie in Homself die Waarheid is en altyd en alleen die waarheid kan en sal uitdeel. Die vele sektes en verskillende geestesrigtings gee ‘n skrikwekkende bewys daarvan dat die “werksaamheid van die Gees” by almal vreemd is, naamlik dat die wat aan die hoof staan geen gemeenskap vorm nie, omdat hulle teenoorgestelde opvattinge verdedig. En as hulle die werksaamheid van die Gees sou toelaat, dan sou hulle ook spoedig ingesien het dat daar geen uiterlike organisasie daarvoor nodig is nie, dat die mens die waarheid in homself moet soek en dat elkeen ook die waarheid dan sal insien, wie homself deur sy gees laat onderrig, wie die weg gaan na My, My Wil doen en dan na My luister. Maar hulle kan dan ook met reg sê, dat hulle geloof ’n sekerheid geword het hulle sal dan ook die geloofsleringe oortuigend verdedig en almal wat gelyk van gees is, sal ook dieselfde onderrig word deur hulle gees en sal dus weet dat die suiwer waarheid slegs by My Self te vinde is, dat sy elkeen wat haar gevind het, onbeskryflik gelukkig maak en dat elke strydvraag opgelos is wanneer die Een Wie alleen daartoe in staat is, haar duidelik maak. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205