BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 575

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Finale reddingspoging - Die lae vlak van mense 6629 En selfs as ‘n engel van die hemel neerdaal en die Evangelie aan die mense bring, sal hulle dit nie glo nie, omdat hulle wil tot opsetlike verwerping so sterk sal wees in die laaste dae, omdat My teenstander se mag oor die mensdom en hulle afstand van My so groot is, dat hulle nie in staat sal wees om enigiets Goddelik te voel of waar te neem nie; omdat die aarde hulle in so ’n greep vashou, dat hulle nie in staat is om hulself na geestelike gebiede te verplaas nie en sal sodoende alles wat van ‘n geestelike aard is, afwys of betwis. Dit is so ‘n duidelike teken van die naderende einde en juis as gevolg van hierdie ingesteldheid sal Ek die einde veroorsaak, omdat daar geen vêrdere positiewe ontwikkeling op hierdie aarde meer moontlik is nie, want die mense verander nie, in stede word hulle steeds meer wêrelds en steeds meer ongeskik vir geestelike openbaringe. Derhalwe sal dit moeiliker word om My Evangelie aan die mense te verkondig, dit sal moeiliker word om hul denke te verander en om hul harte vir My Woord ontvanklik te maak, omdat hulle dit nie herken as My Woord nie en daarom hulle ore sluit, maar daardeur verwerp hulle ook die middel waardeur hulle gehelp en uit die diepte opgehef kon word. Heel sporadies sal iemand na My Woord luister en selde sal die woord deur die hart opgeneem en as Goddelike gawe herken word. En terwille van hierdie enkelinge sal Ek nie vroeër tussenbeide tree nie, maar laat Ek die dag naderkom wat sedert ewigheid bepaal is, alhoewel die mensdom reeds die lae vlak bereik het wat ‘n einde vereis. Maar elke afsonderlike siel wat Ek nog kan wen, is vir My die uitstel werd en elke siel wat nog van goeie wil is, sal Ek bystaan en haar die weg na die verkondigers van My Woord laat vind. Maar van hierdie siele sal daar slegs weinig wees en die tyd sal spoedig uitloop. Spoedig sal die aankondigings toeneem wat na die einde wys en spoedig sal die uur van oordeel vir alle mense slaan. In ’n tyd waar My teenstander die heerskappy sal hê, omdat die mense by hom aangesluit het, sal die werk van My dienare op aarde besonder moeilik wees en sal dikwels onsuksesvol wees en tog sal dit gedoen moet word, sodat niemand sal kan sê dat hy geen genade van My ontvang het nie. Elke persoon moet eenmaal deur My aangespreek word en die weg van elke persoon sal deur één van My bodes gekruis word. Hy kan egter geen ag slaan op hierdie bodes nie en sy gawes afwys, maar dan was dit deur die persoon se eie wil bepaal. En aan hierdie wil moet moontlikhede gebied word, sodat dit beproef kan word, wat ook die aanbieding van My Woord insluit, wat nie op ‘n persoon afgeforseer kan word nie. En ook sal Ek die mense met verharde harte herhaaldelik tref met afskrikwekkende gebeurtenisse, om hulle uit hul verstarring los te maak, want tot op die allerlaaste dag sal Ek bly poog om verlossing aan die mense te bring. Ek sal niemand laat val vóór die einde nie, maar Ek sal nie in staat wees om die einde te vertraag wat deur My plan van ewigheid so bepaal is, sodat die siele van die verlorenes nie vêrder sal val nie, om hulle ‘n smartliker lot te bespaar, as die hernieude kluistering in die skeppinge van die nuwe aarde, wat daarom ook op die vasgestelde tyd moet plaasvind. En Ek weet waarlik wat goed is vir die siele van die mense en Ek weet ook hoe om hulle teen die uiterste te beskerm. Maar My dienare op aarde sal Ek egter krag gee omdat hulle, ondanks ‘n skynbare gebrek aan sukses, - nietemin vlytig werksaam sal wees in My wingerd, want geen arbeid sal ooit vergeefs verrig word nie; en eendag sal hulle dit ook self insien en gelukkig wees, deurdat hul arbeid aan die siele bygedra het tot die verlossing van die gees, omdat My seën op alle arbeid rus wat gewillig en vreugdevol vir My en My koninkryk gedoen word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205