BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 576

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Aardse grense kan op geestelike wyse oorskry word 6633 Van My kant af is daar nie aan julle mense grense gestel soos wat julle mag dink nie. Julle is nie in die mate beperk soos wat julle dink nie, want julle sal op geestelike wyse steeds kan bereik wat vir julle onbereikbaar voorkom. Maar hierdie geestelike weg moet julle in vrye wil bewandel, dit is gesluit vir hulle wat hierdie wil nie kan opwek om hulself geestelik met My in verbinding te stel nie. Hulle is dus beperk in hulle kennis, sowel as in die krag, maar hulle is nie vanuit My so geskape soos wat hulle is nie, veeleer het hulle hulself in hierdie toestand gebring, wat sodoende ook ‘n toestand van beperktheid is. Nooit moet ‘n mens die woorde uitspreek : “Niemand kan dit weet nie” of, “Dit sal ‘n mens nooit kan deurgrond nie” want hierdie woorde bewys slegs dat hy nog geen noue verbinding met My tot stand gebring het nie. Hy verraai sy lae geestestoestand en dat hyself nog niks gedoen het om tot die lig, tot insig te kom nie. Solank die mens nog in sondigheid op aarde leef, dit wil sê, solank hy nog nie deur Jesus Christus verlos is van die oersonde wat hom die duisternis van gees besorg nie, kan dit ook nie lig in hom word nie. As die verlossing deur Jesus Christus dit egter voorafgegaan het, dan sal die werksaamheid van My Gees ook in die mens moontlik wees en dan val alle grense weg. Dan gee My Gees aan hom die kennis wat sy verstand hom nie kan besorg nie. Maar hy kan ook in groter dinge presteer as sy ongeestelike medemens, wat nog nie geestelik gerig is nie. Hy kan ook ‘n oorvloed van krag besit en weer, in stryd met die menslike natuurlike bekwaamheid, dinge volbring wat netso ’n bewys is dat die grense oorskry kan word. Dog verskaf slegs weinig mense lig en krag vir hulleself op geestelike wyse, slegs weinig mense oorskry die natuurlike grense, hoewel alle mense dit sou kon doen. Want die begrensde toestand is slegs die toestand van onvolmaaktheid, wat egter te alle tye deur die mens verander sou kan word as hulle daartoe bereid sou wees. Dat daar nou so min ware kennis op aarde te vinde is, dat die mense so heeltemal oortuig is van die beperktheid van hulle kennis en van die beperktheid van hulle krag, laat net weer die graad van hulle onvolmaaktheid sien. Het Ek nie gesê: “Word volmaak soos wat julle Vader in die Hemel volmaak is?”. Dus kan julle dit ook gedoen het en julle sou dan ook, net soos julle Vader in die Hemel, alles weet en alles volbring. Reeds hierdie woorde moes julle aangespoor het om na volmaaktheid te strewe en dan sou daar vir julle geen toestand van beperktheid meer gewees het nie. So twyfel julle mense egter nog aan die waarheid van dit wat diegene sê wat die grense oorskry het, wat die geestelike weg opgaan en so ‘n innige verbinding met My tot stand gebring het, sodat Ek Self vir hulle die kennis kan ontsluit wat die dinge betref wat buite die aardse lê, wat julle verstand net nie kan deurgrond, solank julle nog nie vry is van die oerskuld nie, wat ‘n werksaamheid van die Gees onmoontlik maak. Dus moet die verlossingswerk eers vir julle volbring word. Die skuld wat julle gees eens verduister het, moet gedelg word, dan kan dit ook weer lig in julle word en dan sal daar ook geen begrensing meer vir julle wees nie, want hierdie grens was deur die skuld van die oersonde getrek. Dit kan egter te alle tye verwyder word, sodra die oerskuld nie meer bestaan nie; sodra dit gedelg word deur Jesus Christus, sodra die mens dus deur My Gees verlig kan word en die verhouding herstel waarin hy in die allereerste begin tot My gestaan het. Dat die mense geen kennis daarvan het nie, toon hulle toestand aan. Dit gee blyke dat hulle nog nie van hulle oerskuld verlos is nie. Dit bewys ook die dooie geloof waarin die mense lewe en wie hulself tog as Christene uitgee, wat die mond vol het van My Naam, maar wat heeltemal blind in hulle gees deur die aardse lewe gaan. En dit is moeilik om sulke mense tot ‘n lewende geloof te bring in die krag van die Gees, Wie Homself wil openbaar en Homself tog maar in weinig mense kan openbaar. Dit is daarom so moeilik, omdat die mense die liefde nie in hulself laat ontvlam nie en daarom ook nie My groot Liefde kan begryp wat in die mens Jesus die werk van verlossing volbring het nie. En solank die verlossingswerk nie heeltemal bewustelik benut word nie, bly die mense in duisternis en die grense kan dan nie deur hulle oorskry word nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205