BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 580

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Hel - Hernieude kluistering - Die eindelose Liefde van God 6638 Selfs die mees verwerplike skepsel is ‘n kind van My Liefde. Daarom geld My sorg vir hom ook onverminderd, sodat hy eenmaal na My sal terugkeer, ofskoon hy ‘n baie langer weg sal moet gaan om homself by My en My Oerwese aan te pas. Ek laat hom nie val nie en wat van My kant af kan geskied, dit doen Ek om die skepsel by te staan, sodat hy homself sal kan deursien en verander. Maar die afstand na My toe is dikwels so groot dat die teenkrag ‘n baie groter invloed uitoefen en My Liefdestraling daarom onwerksaam bly. En daarom kan dit ook ewighede duur alvorens die siel ietwat nader aan My sal kom, maar Ek gee nooit op nie. As daar nou van ‘n “hel” gepraat word, dan is dit die konsentrasie van sulke afkeurenswaardige skepsele in die ryk hierna, wat reeds die aardse lewe met negatiewe gevolge afgelê het en ook in die hiernamaals steeds dieper gesink het, omdat hulle hulself opnuut aan My teenstander oorgegee het. Voordat ‘n hernieude kluistering in die aardse skeppings nou kan plaasvind, wat altyd die begin van ‘n nuwe verlossingsperiode beteken, bevind hierdie wesens hulleself as aanhangers van Satan in gebiede waarin hulle hulself deur hulle bose hartstogte laat beheers, waar hulle mekaar allerlei boosheid aandoen en waar daar steeds rusie en stryd is. Hulle probeer steeds weer om die swakkere wesens binne hulle bereik te trek en doen in opdrag van My teenstander alles wat hulle steeds dieper laat wegsink. Dit is dus geen “begrensde oorde” nie, die hel is oral waar sulke diep gesonke wesens versamel, waar hulle teen mekaar woed. Om welke rede daar ook op die aarde van “hel” en “helse toestande” gepraat kan word, waar mense met ’n duiwelse gesindheid haat aan mekaar oordra en op elke manier onheil stig. En tog is al hierdie wesens My skepsele waaroor Ek My ontferm en wie Ek van hulle sonde en gebondenheid aan My teenstander wil bevry. Hulle staan nog geheel en al onder die invloed van hom wat homself bo My verhef het en wat ook alle wesens wat deur hom geskape is, teen My aangehits het, sodat hulle ook afvallig en onsalig geword het. Maar dit was ook My kinders wat My krag laat ontstaan het, wat onbelemmerd deur My teenstander gestroom het en hom in staat gestel het tot die skep van die wesens. Daarom is My Liefde ook vir hierdie skepsele bestem, al het hulle so diep gesink. Dit is vir julle mense nou ook weer ‘n verklaring waarom daar weer ‘n nuwe skepping van die aarde tot stand moet kom. Ek dink netso aan die ongeluksalige skepsele in die diepste diepte as aan die mense op die aarde. Ook vir hulle wat al eindeloos lank smag in die mag van My teenstander, wil Ek weer die weg gelykmaak. Ek wil hulle van hom ontneem en opnuut kluister in die vaste vorm, sodat hulle ook weer die weg opwaarts kan gaan, sodat hulle teenstand wat hulle My nog in die sterkste mate bied, langsaam sal afneem. Die liefde tot die gesonke wesens is onveranderd en sal nooit minder word nie. Anders as deur ‘n hernieude kluistering in die skeppings, kan My Liefde dit nie bereik nie en op ‘n ander wyse is daar ook geen resultaat of terugkeer moontlik nie en daaruit voortkomend dus ook die noodsaaklikheid van ‘n omvorming van die aardoppervlak, soos wat Ek dit steeds weer aan julle verkondig. Dit is slegs Liefde wat My tot My werk en bestuur van die heelal beheers, ook wanneer julle mense geen liefde daarin kan herken nie. Eendag sal julle My Verlossingsplan verstaan en Hom lof en dank toesing, Hy Wie julle ook weggevoer het uit die nag en dood, Hy Wie alle wesens wat uit Hom voortgekom het, salig wil maak, sodat Hy ook met onveranderlike liefde hulle kan gedenk wat Sy hulp die dringendste nodig het, omdat Sy teenstander hulle geketting hou. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205