BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 582

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Jesus se siel 6642 Alles wat die Gees vanuit My aan julle oorbring, sal ook ooreenstem met die bedoeling. Dit staan die mens egter vry om eiesinnig 'n ander betekenis toe te skryf aan die woorde wat My Gees aan julle oorbring, maar dan is sy gees nie verlig nie. Maar daar kan nie beweer word dat ’n geestelike leer wat van My af aan julle gestuur word, teenstrydighede sal bevat nie. Want die "Gees uit God" vergis homself nie. En waar daar nou teenspraak teenwoordig blyk te wees, daar moet vir opheldering gebid word. Daar moet Ek Self om opheldering gevra word, sodat Ek dit kan gee: Die siel van die mens Jesus het van bo gekom. 'n Liggees het afgedaal na die aarde. 'n Wese wat uit My voortgekom het en in alle vryheid van wil by My gebly het, toe 'n groot leër geskape geeste van My afvallig geword en in die diepte gestort het. Maar hierdie Liggees moes 'n taak vervul as mens. Hy moes neerdaal na 'n gebied sonder lig, dus voorlopig Sy volheid van lig agterlaat, wat op aarde slegs 'n verwoestende uitwerking sou gehad het, omdat die mense nie in staat was om so ’n lig van bo in ontvangs te neem nie. Hulle sou dus vergaan het deur Sy uitstraling. Een Mens moes hierdie taak uitvoer, naamlik die verlossingswerk vir die mense. En hierdie Mens moes Homself in dieselfde sfeer ophou as Sy medemens, want dit het daaroor gegaan om aan hulle 'n weg te wys, aan hulle 'n lewe voor te leef wat hulle moes navolg. Gevolglik moes die Mens Jesus net so geaard gewees het as die ander mense. En Hy was so geaard, ten spyte daarvan dat hierdie siel uit die ryk van die lig neergedaal het. En die liggaam van die Kindjie Jesus het 'n siel in Homself gedra, wat deur Haar aardse uiterlike vorm net so bepaal was in Haar denke, wil en gevoel soos elke ander mens. Dus moes daar deur Haar omgewende sfeer, sowel as deur Haar uiterlike omhulsel, ook dieselfde hartstogte en begeertes in Haar ontwaak. Want om die weg oor die aarde te gaan as mens, beteken ook om weerstand te moet bied aan dieselfde innerlike en uiterlike begeertes. Want dit het tog daaroor gegaan om die vergeesteliking van die siel na te streef, om die vereniging van die siel met haar gees te bereik, wat die sin en doel is van die lewe op aarde van elke mens. Dit het daaroor gegaan om aan die mense bewys te lewer dat dit moontlik was om hierdie vergeesteliking op aarde te bereik. En daarom was die gevegte en die worsteling van die Mens Jesus van dieselfde aard - wat nou eenmaal 'n siel vereis het wat net so geaard was, maar wat tog uit die ryk van die lig neergedaal het om vir God self as verblyfplek te dien, Wie Homself nooit in 'n sondige siel sou kon manifesteer nie. Want die siel van Jesus was sonder sonde, wat egter nie beteken het dat Sy heeltemal gespeen was van begeertes en hartstogte nie. Want hoe heftig hierdie swakhede en hartstogte ookal was, hoe hewiger was ook die versoekings wat op Hom afgekom het. Hy het weerstand gebied daarteen en kon bied daarteen, omdat Sy liefde ook sterk was en Dié Hom krag gegee het vir hierdie weerstand. Die siel van die mens Jesus het die lig verlaat en die duisternis betree. En daar het aan hierdie siel talle aardgebonde wesens hulleself geheg wat Haar in die noute wou bring, op dieselfde manier as wat elke menslike siel deur duistere kragte in die noute gebring word. En omdat Jesus die weg as mens moes gaan, kon die siel hierdie wesens ook nie wegdring nie. Inteendeel, Sy moes in 'n harde stryd poog om te oorwin. Sy moes self die wil in Haarself opbring om nie aan hulle toe te gee wanneer Sy in versoeking gebring was nie. En Sy kon hierdie wil opbring op grond van die Liefde wat Sy nie prysgegee het nie, wat Haar deel was en gebly het, omdat dit goddelike krag was, waarmee die mens Jesus Sy missie moes en kon vervul, wat egter ook elke mens tot oorwinnaar sou kon maak, indien hy maar net die liefde in hom sou aansteek en voed. Steeds weer moet dit beklemtoon word dat die verlossingswerk deur 'n mens volbring moes word, dat Jesus dus eerstens alleen as mens beskou moet word wat geslaag het om Homself op aarde te vergoddelik en dat hierdie Mens homself daarom heeltemal aan die wet van die natuur onderwerp het, dat Sy liggaam geskape was soos elke ander mens s’n en dat ook Sy siel Haarself nie mag verweer het toe onsuiwer geeste besit van Haar geneem het nie. Maar nooit het Hy hierdie geeste die oorhand laat neem nie, omdat Sy wil dit verhinder het en omdat Hy deur die Liefde ook die benodigde krag daarvoor opgebring het. Maar Hy moes worstel net soos enige ander mens, want Hy moes en sou 'n voorbeeld vir hulle wees. Hy wou hulle die weg wys, wat ook hulle kon gaan om hulself nog op aarde te vergeestelik. Want daar kon slegs van die mense dit verlang word wat ook vir hulle moontlik was. En sou Jesus oor 'n krag beskik het wat vir die mense totaal onmoontlik was om te verkry, dan sou Hy nooit kon gesê het: "Volg My na" nie. Maar dit kan nooit uitsluit dat Sy siel van bo gekom het nie, dat Sy 'n siel van die lig was waarin God self verblyfplek geneem het en kon neem, omdat Sy sonder sonde en rein was, omdat die Liefde Haar krag gegee het om aan alle versoekings weerstand te bied. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205