BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Om voortydig weggeroep te word 5433 Ek moet nog uitermate barmhartig wees en baie genade skenk om die mense teen die laaste val te bewaar. Ek moet baie mense voortydig wegroep en naderkom aan vele in ongewone nood, omdat hulle anders aan hom oorgelewer sou wees wat hulle wil verwoes. Daar sal 'n groot geweeklaag op die aarde wees, want die lewende mense weet nie dat dit 'n daad van barmhartigheid van My kant is, wanneer Ek die lewe van diegene beëindig wat hulle bekla nie. Hulle weet nie dat hulle My moet bedank omdat Ek in erbarmende liefde by hulle 'n werk van liefde gedoen het nie. Hulle weet nie dat die tyd wat aan hulle toegestaan is, spoedig ten einde gaan kom nie. Maar Ek ken elke menslike strewe. Ek weet waar daar nog ‘n moontlikheid is om in die ryk hierna volmaak te word, wat op aarde nie meer moontlik sou gewees het nie. Inteendeel, daar sou met sekerheid 'n val in die diepte plaasgevind het, indien Ek die mense in die lewe sou gelaat het. Glo dit, julle mense, dat Ek My met liefde en geduld oor julle siele bekommer. Glo dat Ek nie verdoem nie, maar daarenteen poog om te red tot aan die einde en dat Ek baie goed weet watter mense in gevaar is om verlore te gaan, indien Ek hulle nie die laaste noodanker, die liggaamlike dood, toewerp om in die geesteryk nog te kan ontwaak tot die lewe nie. My Liefde hou nooit op nie en hoe groter die geestelike nood van My kinders op aarde is, des te meer word My Liefde en Barmhartigheid sigbaar, ook wanneer julle mense dit nie besef nie. Ek wil nie dat julle ondergaan nie, Ek wil dat julle vooruitgaan. Ek wil nie dat julle in duisternis wegsink nie, maar Ek wil dat julle stralende hoogtes ingaan en wat Ek nog kan doen vir julle en julle ewige lewe, dit doen Ek waarlik in die tyd tot aan die einde, ofskoon dit vir julle as wreed sal voorkom, omdat julle nie op hoogte is van die diepte van My Liefde, wat al My skepsels insluit nie. Ek gee julle nie sonder ’n geveg oor aan My teenstander nie, maar slegs met liefde kan Ek teen hom optree en julle dus ook uit liefde wegroep, wanneer julle op aarde net die dood kan verwag, die geestelike dood, wat so verskriklik is dat dit My medelye inboesem en Ek julle daarteen wil bewaar. My genade en barmhartigheid sal julle tot aan die einde ondervind, maar waar Ek egte duiwels teëkom, word ook hierdie genade en barmhartigheid van My verwerp en dan skep hulle hul eie lot, want as Ek hierdie mense nie voortydig wegroep nie, sou daar vir hulle ook in die geesteryk geen vooruitgang moontlik gewees het nie, omdat hulle ononderbroke op die diepte afstuur en eenmaal tog weer die weg van kluistering sal moet gaan, die pad deur die harde materie, wat altyd die blyplek sal wees van die geeste wat heeltemal verhard is en eindelose lange tye nodig sal hê totdat hul weerstand gebreek is en hulle weer sal streef om opwaarts te gaan. Dit is onherroeplik die lot van hulle wat op aarde misluk het en daarom wil My barmhartigheid en genade hulle nog probeer bewaar van hierdie lot. Daarom sal daar nog baie leed en nood oor die aarde kom, alvorens die einde sal aanbreek. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205