BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Beskrywing van die hiernamaals is slegs d.m.v. beelde en vergelykings moontlik 5441 Alles wat Bo julle aardse lewe is, sal ‘n misterie vir julle bly, selfs al word dit vir julle deur die Goedheid en Liefde van julle Hemelse Vader verklaar, want dit kan slegs op een begryplike wyse vir julle uitgelê word solank julle op hierdie aarde vertoef. Julle kan julle ondanks elke uitleg slegs ‘n voorstelling vorm in soverre dit met julle begripsvermoë en julle insig ooreenkom en hierdie kennis probeer julle ook toepas op die gindse wêreld wat vir julle nog gesluit is. Maar julle dink nie daaraan hoe onnoemlik begrens julle kennis is en hoe onbeskryflik klein en ook armsalig hierdie aarde is waarop julle woon, in vergelyking met al die heerlikhede van vele ander skeppinge in die ryk van God nie. Julle dink nie daaraan dat elke moontlikheid van vergelyking, om aan julle mense ‘n volledig begrip te kan gee van die boaardse wêreld, by julle ontbreek nie. Daarom is dit ook onmoontlik om julle opheldering te gee wat heeltemal volgens die Waarheid is. Julle kan slegs vergelykings en beskrywings ontvang waarin julle kan sien dat presies soos op aarde, daar ook volgens wette geleef moet word, dat die Goddelike ordening in die geesteryk onvoorwaardelik gevolg moet word, indien die opwaartse ontwikkeling ook in die hiernamaals moet voortgaan. Vêrder is dit onmoontlik om geestelike indrukke te verduidelik aan mense op die aarde of dit by benadering te verklaar. Daar is geen woorde te vind vir dit wat die wesens in die hiernamaals ervaar en wat hul toestand aan julle mense sou kan beskryf nie. Onder hierdie ervaring is te verstane die uitwerking op diegene wat dit belewe, wat dit sien en wat dit ervaar by die aanblik van die onbeskryflike skeppinge, of dit nou van salige of onsalige aard is. Om hierdie dinge aan julle mense te verduidelik, is slegs moontlik deur middel van vergelykende beelde, sodat julle dus aards kan verstaan, dat julle wel die sin en die doel kan uitmaak, maar wat tog nooit aan die werklikheid sal kan beantwoord nie. Die liggaamlike dood is nie die einde nie. Die siel leef voort in sfere wat sy vir haarself deur die aardse lewe geskep het. Haar lot kan salig of onsalig wees, maar hoe dit ook al sy, dit kan slegs vir julle mense aanskoulik voorgestel word, maar elke verduideliking daarvan, elke beskrywing is maar net ‘n swak poging om die probleem volgens julle begripsvermoë op te los, om in julle die verantwoordelikheidsgevoel teenoor julle siele te versterk, sodat julle weet watter lot julle mense op aarde, self in die hiernamaals gestalte gaan gee. Die kennis oor aangeleenthede in die hiernamaals is van die mensdom weerhou en julle sal ook nooit kan deurdring in ‘n gebied, wat eers betree kan word, wanneer die geestelike ontwikkeling van ‘n mens die graad bereik het dat hy met geestelike oë kan sien. En selfs dan sal dit nog steeds nie moontlik wees om die indrukke en die gevoelens op ‘n begryplike wyse aan die mense te gee nie, omdat die aardse ryk en die geesteryk twee heeltemal geskeide gebiede is, waarin vir die een nie geld wat vir die ander geld nie, dus is die gebooie wat in die een ryk van krag is, in die ander wêreld opgehef. En tog is die geesteryk werklikheid en elkeen sal self daarvan oortuig word wanneer hy sy liggaam (omhulsel) aflê en ingaan in daardie ryk. Dan sal hy begryp dat die mense op hierdie aarde geen beskrywing kan ontvang wat met die Waarheid ooreenstem nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205