BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

“In My Vader se huis is vele wonings” 5449 “In My Vader se huis is vele wonings”. Kan julle die sin van hierdie woorde van My begryp? Naamlik dat Ek julle inwoning beloof in die huis van My Vader, maar julle egter tegelykertyd te verstane wil gee dat ‘n woning vir iedereen van My skepsels berei is wat geskik is om elkeen afsonderlik op te neem, dat Ek daarmee vir julle wil sê: Wat julle nog nie op aarde bereik het nie, sal julle nog in My Ryk kan nastrewe, aangesien Ek ontelbare moontlikhede bied om julle voltooiing in die geesteryk te bevorder. Nie net die aarde staan My ten dienste nie, maar al My skeppings is verblyfplekke vir die nog onvolwasse geeste om meer ryper te word; totdat hulle uiteindelik sovêr in hul ontwikkeling sal wees dat hulle in hemelse geluksaligheid besit kan neem van die heerlikste geestelike skeppings, want: “In die huis van My Vader” is oral binne bereik van My oneindige Liefde en steeds sal hulle hulself daar ophou waar die Vader ‘n woning berei het wat ooreenkom met die graad van hul liefde en hul bekwaamheid om te bestuur en te werk in die Ryk wat vanuit My aan hulle toegewys is. In die huis van My Vader is vele wonings. Geen wese is sonder ‘n Vaderland nie. Die ewige Vaderland neem alle siele op, maar die Vaderland is veelsydig ingerig. Die heerlikste blomme, tuine en die mooiste paleise kan vertoon word, maar dit kan egter ook eindelose verre verlate streke bevat waarvan die deurreis ook eindelose lang tye kan verg. Maar in die woeste streke draai daar ook weë af wat na ‘n land vol blomme voer en dit kom maar net daarop neer of die reisigers ag sal slaan op hierdie weë, of hulle oplettend sal speur na ‘n uitweg uit die woesteny en hierdie uitweg ook betree, want elkeen sal opgeneem word in My ewige Vaderland en dit kom elkeen toe om ‘n woonplek in besit te neem. Hoe dit egter daar uitsien, hang slegs van hulle wil af. En daarom sê Ek: “In die huis van My Vader is vele wonings” Want elke mens, elke wese, berei dit vir homself, na gelang van die graad van sy volmaaktheid. Maar hoe armoedig hierdie woning van hom ookal is, dit kan deur sy wil en arbeid waarlik vinnig omvorm word en daar kan die lieflikste onderdak ontstaan, indien die siel maar net met verlange na so iets sal koester en ywerig na verwesenliking sal streef. Dan staan tallose helpers haar by en skep en werk met haar en dit kan ‘n paradysagtige woonplek word, waar dit tevore ‘n verlate en duister streek was. Eendag sal elke siel na haar ware vaderland terugkeer, maar solank sy nog onvolmaak is, sal sy uit haar plek voel, ofskoon sy al die ryk betree het, waarvan sy eens weggegaan het. Maar Ek het baie skoolgeboue en die positiewe ontwikkeling sal met sekerheid vorder, ofskoon daar dikwels lang tye daarvoor nodig sal wees. Eendag sal ook die verlore seun weer terugkeer en weer die woning betrek wat hy eens besit het; hy sal in die Vaderhuis vertoef, waar alle kinders om die Vader byeengebring is, hy sal liefdevol opgeneem word deur die Ewige Liefde, Wie hom die plek sal aanwys langs Homself. Dog sal eindelose tye nog verbygaan alvorens al My kinders huiswaarts gekeer het, totdat hulle in My huis sal kom woon; eindelose tye sal nog verbygaan, maar geeneen van My kinders sal Ek opgee nie. Die liefde van die Vader trek hulle aan en geeneen van My kinders sal hierdie liefde vir ewig kan weerstaan nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205