BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die onderwerping van die wil aan God se wil 5453 Ek erken julle almal as My dienaars op aarde, sodra julle maar die leiding oor julle wil aan My sal oorgee en dus bereid sal wees om die wil van julle Heer en Meester te doen. Dan het julle bewustelik in My diens getree en dan kan Ek self deur julle werksaam wees. Dit wil sê: julle sal nou uitvoer wat Ek graag Self sou wou doen by My mensekinders, waar Ek egter tussengangers voor nodig het, omdat My regstreekse werksaamheid `n geloofsdwang sou beteken en dus vervang julle My. Julle doen alles in My plek wat julle as opdrag van My in julle voel. Julle werk vir My en My Ryk. Julle verrig geestelike arbeid wat weliswaar geen aardse gewin oplewer nie, maar wat eendag deur My beloon sal word. Wat gedoen word vir My Ryk, sal steeds arbeid wees wat nie deur wêreldse mense erken sal word nie, wat nie aards gewaardeer sal word nie en as’t ware as tydverspilling beskou sal word. En tog is dit die belangrikste arbeid, omdat die uitwerking daarvan betrekking het op die ewige lewe, omdat hulle suksesse in die ewigheid tot gevolg kan hê wat sal bly bestaan, al vergaan die liggaam. Maar wie sy wil aan My Wil onderwerp het, sal ook die belangrikheid insien van sy diens vir My. En hy sal dit nougeset uitvoer, ofskoon daar aards geen erkenning vir hom sal wees nie. Maar hy sal hom self beskou as 'n vegter vir My, wat My teenstander die stryd aansê. Hy veg vir 'n heilige saak. Hy veg vir die ewige lewe van baie siele wat op sy hulp teen die vyand aangewese is. Want deur die onderwerping van sy wil aan My Wil, beskik hy oor baie krag, omdat hy dit van My trek en daarom geskik is as vegter vir My en My ryk. Julle mense kan niks vanuit julself doen nie, maar met My kan julle alles volbring. En die mens moet die geloof besit om sy dienste vir My aan te bied. Hy voel self swak, maar hy vertrou ten volle daarop dat hy met My Krag alles sal kan doen. En hy wil hierdie krag van My gebruik vir My. Hy wil help om My Ryk te vergroot deur die aanbring van die siele wat eens van My afgeval het en wat hulle gewend het tot die een wat My teenstander is. En Ek neem hulle aan, omdat Ek baie knegte nodig het en omdat Ek maar min vind wat My in vrye wil sou wou dien. Die leër van My vegters is wel klein, maar sterk, omdat Ek hulle onbeperk van My Krag kan bedien. En Ek sal hierdie klein aantal van diegene wat My in liefde wil dien, seën en hul arbeid sal nie tevergeefs wees nie. Ek sal hulle ook beskerm teen alle aanvalle van My vyand wat steeds weer sal probeer om hulle te bestorm, omdat hy weet dat hulle 'n groot gevaar vir hom en sy krag beteken. Hy sal alle middele aanwend om hulle teenoor My ontrou te maak, maar My dienaars sal hom herken en deursien. Want Ek sal hul gees verlig en alles wat duister is, sal hulle herken en bestry. Wie My wil dien, moet hom daarom vol vertroue aan My oorgee. Sy lewe sal homself dan voortaan in My Liefde en genade bevind en hy sal elke weg gaan onder My leiding en begeleiding. En hy sal kan gaan waarheen hy wil, Ek sal steeds langs hom gaan en sal hom nooit in die hande van die teenstander laat val nie. Want vir My dienaars is Ek 'n goeie Huisvader Wie die getroue arbeid waarlik sal beloon. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205