BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die alleen saligmakende kerk 5456 Daar bestaan geen “alleen saligmakende kerk” indien ‘n wêreldse organisasie daarmee bedoel word nie. Wie egter tot die Kerk behoort wat deur My op aarde gestig is, sal salig word, want dit waarborg hom al die ewige saligheid wanneer hy lid is van My Kerk, dat hy dus in die geloof leef wat deur die liefde ‘n lewende geloof geword het. Die “kerk” verseker nie die mens die saligheid nie, maar die geloof en die liefde. En dit kan nog wel heeltemal ontbreek, ondanks die feit dat hy behoort tot ‘n kerk wat deur mense in die lewe geroep is en (volgens hulle) die alleen saligmakende kerk, deur My gestig, sou wees. Daar kan wel uit elke kerklike gemeenskap of geestesrigting ware lede van My Kerk voortkom, want slegs die geloof en die liefde is daarvoor deurslaggewend. Geen mens kan ooit aan My Kerk behoort sonder om die kenmerke daarvan te besit nie, naamlik die werk van My Gees, wat die geloof en die liefde as grondslag het. My Ryk is nie van hierdie wêreld nie. Hierdie Woorde van My was wel tot die mense van hierdie wêreld gerig, maar het ‘n geestelike betekenis, want hulle moet My Geesteryk help vestig. Dit was gegee met die oog op die Ryk wat buite hierdie wêreld bestaan en in ewigheid nie sal vergaan nie. Dit wat Ek van die mense vra, moet hul ‘n ewige lewe in die geesteryk verseker. My gebooie moet wel op die aarde nagekom word, maar nie deur wêreldse handelinge waarby die siel nie betrokke is nie, inteendeel, moet die siel My Wil vervul. Die siel moet self haar omvorming teweegbring en as sy opreg daarna streef, is sy “reeds ‘n lid van My Kerk”, want dan het die mens ook die ware geloof wat hom innerlik aanspoor om homself ywerig in te span, dit is My Gees, My Stem, wat hy verneem en hy is daarop gerig om hieraan gehoor te gee. Die werk van die Gees bewys dat hy aan My Kerk behoort, wat hom dan ook salig sal maak. Ek het die suiwer Evangelie vir die mense gebring, Ek het hul opheldering gegee oor alles wat nodig is om in My ryk, wat nie van hierdie wêreld is nie, te kan ingaan. Ek het hulle geleer om die liefde te beoefen en het hul daarmee die weg aangetoon wat omhoog lei na die Ryk van die hemelse vreugde. Ek het almal om My versamel wat tot dan vals onderrig was. Dus was Ek ook hul Prediker, wat Sy kerk voorgestel het en Sy saligmakende werk aan die mense wou laat toekom wat Hom sou aanneem. Ek het dus die ware Kerk gestig toe Ek op aarde was en almal daarin opgeneem: Jode, heidene, tollenaars en sondaars. En die wat in My geglo het, wie My leer aangeneem en ook daarvolgens geleef het, het Ek na My dood ook My Gees gestuur, - die kenteken van My Kerk, - wat nie deur die poorte van die hel oorwin sou kon word nie. Waar is die werke van die Gees in die kerk wat haarself “die alleen saligmakende” noem? My Gees kan ook daar waai, maar dan moet die verbinding met My Kerk dit voorafgaan, want Ek alleen giet My Gees uit, maar Ek doen dit slegs daar waar die voorwaardes vervul word wat die werking van My Gees tot gevolg sal hê. Daar sal die “ware kerk van Christus” dan ook herkenbaar wees. En wat daar ookal teen die mense onderneem word wat aan haar behoort, sy sal nie oorwin of verdring kan word nie, selfs al staan die hel teen haar op. Sy is onoorwinlik, omdat Sy My werk is, omdat Sy alleen die Geestelike Kerk is wat tot saligheid lei. Omdat daar in haar ook geen skynchristene kan wees nie, - want hulle sluit hulleself uit van die gemeenskap van die gelowiges - en kan daarom ook geen ware belyers van Christus en gelowige verdedigers van My Naam wees, indien hulle nie op die proef gestel word nie. En hierdie beproewing van die geloof sal van die mense gevra word, van almal wat hulself gelowig noem en dan sal dit blyk wie tot die ware Kerk, die Kerk wat Ekself gestig het, behoort. Dan sal dit blyk waar My Gees werksaam is en watter krag Hy sal gee aan hulle wat terwille van My Naam aangeval word, hulle wat My met blydskap bely voor die wêreld wanneer die beslissing van hulle gevra word. Dan sal dit blyk hoe min die kerk, wat haarself die “alleen saligmakende” noem, beloftes nakom. Hoe almal wat aan haar, maar wat nie aan My Kerk behoort nie, sal afval. Hulle sal dan hul hulpeloosheid besef en bemerk, maar deur gebrek aan die lig van liefde sal hulle nie die waarde van die kerk, wat op ‘n lewende geloof gegrondves is, wat die sterkte het van die rots Petrus, insien nie. Want elke Woord van My was en is geestelik uit te lê en kan ook slegs begrypword wanneer My Gees in ‘n mens kan werk. Dan sal sy geloof egter ook lewend wees en hy sal slegs streef na die Ryk wat nie van hierdie wêreld is nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205