BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ontwakingsgolf in die laaste dae 5457 ’n Groot golf van geestelike ontwaking spoel oor die aarde, want die einde is naby en gedurende die laaste dae sal baie siele nog gewen word vir die geesteryk. Die Liefde van God is oneindig en help waar mense ookal sonder krag is, omdat hulle sonder liefde lewe. God se uitstorting van genade vloei voortdurend na mense en waar 'n hart maar net oopmaak om hierdie vloei van genade te ontvang, word die krag van God geopenbaar en die mens getuig van Jesus Christus, die Seun van God en Verlosser van die wêreld. Om dié rede word die Woord van God oral verkondig, maar dit kan slegs mense affekteer indien dit verkondig word deur iemand wat gevul is met die Gees van God, wat lewe sal gee aan die Woorde en dus ook die luisteraars sal beïnvloed. Gedurende die laaste dae sal sulke predikers, wat gevul is met die Gees van God, al meer en meer na vore kom en so sal hulle ontwaak. Die God van Hemel en Aarde openbaar Homself in elke opsig, Hy praat deur die monde van baie mense, maar slegs wanneer 'n geestelike ontwaking dit voorafgegaan het. Dan sal die gees in die persoon hom egter aanspoor om gretig aktief te wees namens God en Sy koninkryk. God se teenstander werk egter ook in dieselfde mate en sy strewe is dieselfde: Om mense namens hom te laat praat, sodat die duisternis versprei kan word, sodat God Sy krag kan verloor. Die mensdom lewe in verwarde denke, hulle het nie meer die gawe van onderskeiding nie, hulle aanvaar en verwerp heeltemal willekeurig, want hulle is nie in staat om die Waarheid te herken as die Waarheid nie en valsheid as valsheid nie. En hierdie onvermoë word deur God se teenstander gebruik deur te probeer om die Waarheid te deurspek met foute. Waar Goddelike openbaringe oorgedra word na die aarde, waar die Gees van God kan werk in 'n persoon, dit wil sê, waar die suiwer Waarheid bestaan, sal Sy ook beskerm word deur die Een wat Homself deur Haar openbaar. Die teenstander kan net sy invloed uitoefen waar die begeerte vir die Waarheid nie oorheersend is nie, dus waar God, die ewige Waarheid Self, nie die eerste plek inneem nie of waar aardsgebonde gedagtes nog steeds opduik, sodat die Gees van God nie onbeperkte heerskappy in die persoon het nie. Dan trek die Gees terug en die vyandige mag kry invloed oor 'n persoon se gedagtes hoewel hy glo dat hy onderrig word deur die Gees van God. In daardie geval kan 'n mens ook nie praat van 'n geestelike ontwaking nie, die wil is teenwoordig, maar hy het versuim om te doen wat nodig is om lewe te gee aan die Gees in homself. Baie mense wil God hoor praat en God is ook liefdevol geneig tot diegene wat 'n begeerte het om Sy Woord te hoor. Of hulle egter in staat sal wees om Sy stem te hoor, hang af van die toestand van die siel, wat die geestelike oor vir God se Stem is. Die wil om God se Woord te hoor kan egter ook die verstand inspireer om Goddelike Woorde te vorm, wat nie te veroordeel is nie, aangesien die menslike wil nie enigiets ongoddelik dink nie. Nietemin, dit is nie God se Woord wat uit die menslike verstand kom nie. Aan die ander kant, kan 'n mens God se Woord diep begeer en gevul deur hierdie begeerte, Hom hoor sonder om bewus te wees dat dit God self is wat deur hom praat. In daardie geval, is hy onbewus in diens van God as iemand wat geestelik ontwaak is. En hy praat die Waarheid, omdat hy dit begeer en terselfdertyd het hy ook 'n begeerte tot God, wat Hy altyd toestaan. Die ontwaking in die laaste dae voor die einde sal veral na vore kom waar die verkondiging van die Evangelie as 'n innerlike behoefte gevoel word, dit wil sê, waar die Gees reeds in die persoon werk en dan sal Sy Haarself duidelik uitdruk, sodat 'n ongewone talent aan die lig sal kom, maar net gedurende sy diens vir God en Sy Koninkryk. Dan sal 'n persoon sonder enige spesiale spraak gawes in staat wees om goeie toesprake te lewer, 'n persoon sonder enige spesiale vorige kennis sal in staat wees om insiggewende verduidelikings aan te bied, hy sal vlot antwoorde gee op vrae oor geestelike dinge. Die Gees van God sal sigbaar in werking tree, want die persoon sal behoort aan diegene wat ontwaak het, wat lewendig opstaan vir die Woord van God, omdat hy innerlik aangespoor sal word deur die gees wat voortdurend streef na die Vader-Gees, wat altyd die Goddelike Wil aan die persoon onthul en daarop aandring dat hy dit implementeer. Hierdie soort ontwaking sal veral na vore kom in gemeentes waar die begeerte om God se Woord te hoor oorheers en waar God dus praat met die gemeente deur middel van 'n persoon. En die gemeente sal luister na hierdie persoon, omdat die werking van God in hom voor die hand liggend sal wees. Hy sal egter in sy eie woorde praat, niks abnormaal sal aan die lig kom nie, selfs al wys hy talente wat hy andersins nie besit het nie. Hy sal egter nie in 'n geestelike toestand praat nie, hy sal nie outomaties praat nie, dus sal hy nie gedwing word om te praat sodat sy mond woorde vorm, onbeïnvloed deur sy verstand nie. Sulke verkondigings kan ook plaasvind, maar dit moet nie beskou word as 'n ontwaking van die gees nie, dit is eerder die besit neem van die menslike wil deur 'n wese wat homself wil uitdruk. Met die regte soort ontwaking verlig die Gees die mens se verstand terselfdertyd, dit stel sy denke reg en laat die persoon daardeur geestelik met sy luisteraars praat en nie soos 'n outomaat nie en dit bring dan een woord na die ander en verraai 'n vreemde mag wat deur hom praat. Wanneer hierdie mag boos is, kan dit geweldige skade veroorsaak, maar wanneer dit goed is, kan die geestelike resultate ook goed wees, maar hulle moet nooit dieselfde geoordeel word as die werking van God se Gees in 'n persoon nie, wat so 'n helder lig van Goddelike Krag van Liefde het, dat dit herkenbaar sal wees deur toenemende kennis en 'n groot ywer vir God en Sy Koninkryk. Hierdie is van toepassing op die verkondiging van die Goddelike Evangelie in die gemeente, waaraan spesiale aandag geskenk moet word gedurende die tyd van die einde. Maar die Gees van God kan Haarself ook uitdruk in afsondering, Sy kan 'n individu onderrig en kennis aan hom meedeel vir 'n doel. Dan het die Gees van God ontwaak in 'n persoon deur die persoon self. En hierdie soort van ontwaking word ook geassosieer met 'n taak. Die kennis wat daardeur ontvang word, sal oorgedra word, want die Evangelie sal versprei word in alle suiwerheid met Goddelike ondersteuning. God sorg Self vir die mense wat die Evangelie in 'n bedorwe vorm ontvang het en wat dus nie meer die regte geloof het nie; Hy sal dit egter teruggee deur die oordra van die suiwer Waarheid aan hulle. Met hierdie geestelik verligte mense praat God direk, hulle hoor Sy stem in hulle, duidelik in verstandswoorde, hulle ontvang indrukwekkende instruksies ten einde dit oor te dra aan mense. So praat God deur hierdie mense, maar nie op 'n manier dat die mens God dien in die vorm van 'n spreker nie, maar dat hy, nadat hy die Goddelike Woord ontvang het, sy eie wil aktiveer om die Goddelike Woord deur te gee. Hierdie werk van die Gees is in soverre betekenisvol dat dit weer 'n basis skep, sodat mense voorgestel kan word aan die fundamentele Waarheid, sodat God Self die mensdom kan onderrig en sodoende alle twyfel kan weerlê, elke fout blootstel en elke verkeerde interpretasie regstel, sodat die suiwer Evangelie dus deur God Self verkondig kan word, ontvang deur 'n persoon in wie Sy Gees aktief kan wees en wat deur Sy Wil opgeskryf is om van diens te wees aan God en die mense. Geestelik ontwaakte mense sal altyd God met entoesiasme en oortuiging dien en dit op verskillende maniere. Die Gees van God is altyd aktief in hulle wat hul denke en bedoelings korrek lei, wat hulle van 'n ongewone krag voorsien om ernstig te werk vir die koninkryk van God en sulke ontwakings sal in die laaste dae dikwels gebeur en waar dit moontlik is, sal die Gees van God Haarself buitengewoon manifesteer, want Sy Liefde en Wysheid weet wat voordelig is vir die redding van die mensdom. Hy ken Sy dienaars en gee hulle die werk wat hulle in staat is om te doen. Hy werk in die openbaar soos in afsondering, volgens Sy wyse oordeel, Hy gee posisies aan diegene wat in staat is om dit goed te administreer en so is die take wat hy aan sy dienaars gee anders en hulle almal werk vir die Koninkryk van God en is van diens aan Hom en die werk van elke individuele persoon sal geseën word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205