BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Satan woed met versterkte mag - Eindtyd 5467 Die tekens wat op die einde wys, sal vermeerder en die aktiwiteite van Satan sal steeds duideliker op die voorgrond tree, want almal wat na My streef, sal sy vyandige aanslag voel. Hy sal poog om hulle in twyfel en verwarring te bring en dikwels nie sonder sukses nie. Ek beskerm egter Myne en bring sy doen en late aan die lig, sodat dit vir almal, wat ernstig na My streef, duidelik sal wees. Dit is die tekens van die tyd, want die kragte van die duisternis werk aanhoudend, omdat die einde naderkom. Dus sê Ek aan julle: Wees waaksaam en bid en wend julle te alle tye na My, dan sal hy julle geen skade kan berokken nie. Lig en duisternis beveg mekaar, omdat die duisternis die lig haat en sal haarself dus altyd as ’n skaduwee openbaar waar ’n helder lig skyn. Ek het egter die mag om sulke skaduwees te verjaag en die lig sal helderder skyn as ooit. Julle mag egter dalk nooit eensgesindheid geniet nie, want dit sal ‘n voortdurende stryd met My teenstander wees vir solank as wat julle op aarde leef. Hy sal tot aan die einde probeer om julle te skaad, omdat hy weet dat hy julle verloor het en omdat hy glo dat hy julle weer sal terugwen. Vyandelikhede van die kant van sy verslaafde volgelinge sal altyd meer word, hoe helderder julle lig skyn, wat hy baie goed kan sien. Nogtans haat hy die lig, omdat hy die Waarheid haat en gevolglik beveg hy die Waarheid. Dus, vir solank as wat dit julle poging op aarde is om die Waarheid te versprei, om My Woord aan julle medemense oor te dra, sal hy julle ook as vyand vervolg en probeer om julle te verlei. Hy sal die Waarheid openlik aanval, hy sal probeer om julle almal te belaster wat die Waarheid steun, hy sal julle as bedrieërs uitbeeld met die doel om die geestelike inligting wat julle voorstaan, te ondermyn, tog sal hy nie teen julle sukses hê nie, want Ek staan Self agter julle en die Waarheid. Hy sal egter daarin slaag om julle, My verteenwoordigers, te verstrooi, hy sal daarin slaag om julle te isoleer, omdat gemeenskaplike arbeid hom nie pas nie en omdat hy verwag om meer sukses te hê in die stryd teen ’n enkeling. Selfs dan sal Ek steeds die lig beskerm, die suiwer Waarheid, wat hy nie sal kan ongeldig maak nie. Julle moet egter steeds waaksaam wees en bid, want julle is altyd in gevaar om te verswak, as julle My nie aanroep om beskerming teen alle vyandelikhede van die teenstander nie. Want die einde is naby en selfs wanneer hy met toenemende mag sal woed, het sy tyd gekom om gebind te word soos verkondig is. Die Waarheid sal seëvier en sal almal help wat luister en die lig aanvaar wat Ek laat skyn, ten einde hulle te help om van die geestelike duisternis te ontvlug, die nag van die dood, om lig te bereik, om lewe te bereik en, deur middel van die Waarheid, salig gelukkig te wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205