BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die bloed van Christus - Die sondeskuld 5478 Vir julle, My kinders op aarde, het Ek My bloed vergiet. Vir julle het Ek die moeilikste weg gegaan, want Ek wou julle uit die dieptes red, wat julle nooit uit eie krag sou kon verlaat het nie. Die offer wat Ek vir God die Vader wou bring, was deur Hom aangeneem en so het dit vir julle tot verlossing geword. Julle mense kon julle dus bevoordeel met dit wat Ek van God afgesmeek het, waarvoor Ek die offer moes bring wat julle gebaat het, omdat julle absoluut hulp nodig gehad het in die toestand waarin julle julself bevind het toe Ek op aarde neergedaal het. Ek weet egter ook dat nie slegs die mense in My tyd op aarde, noodlydend was nie. Ek het geweet dat solank die aarde bestaan, die mense nie hulle aardse opdrag sou kon vervul nie, omdat hulle te swak was en Ek het medelye met die hele mensdom gehad, ook met dié uit die verlede en in die toekoms en Ek het alle mense in die verlossingswerk ingesluit. Ek het vir alle mense barmhartigheid verwerf sonder beperking, waarvan hulle nou gebruik kan maak om hulle doel op aarde te bereik. My offerdood was ‘n werk van die allergrootste barmhartigheid. Ek het in volle bewussyn en in vrye wil ‘n lydensweg op My geneem wat Ek nie sonder die Goddelike liefdeskrag sou kon verdra nie. Maar die ontsettende nood van die mensdom het My medelye gewek en Ek het alles op My geneem wat maar moontlik was om hulle te help. Ek weet wel dat die hele Vergoddeliking van My wese My verlossingswerk sou bekroon, maar Ek het dit egter nie vir hierdie doel gedoen nie, maar slegs uit liefde tot die lydende geeste wat van God afgeval het, wat so vêr van God af was en daarom so onsalig was. Die Liefde het My so geweldig vervul dat Ek daaruit krag geput het vir die werk van barmhartigheid, sodat Ek lydend gesterf het vir die mensdom in onuitspreeklike liggaamlike pyn. Ek het My lewe aan die kruis gegee vir My ongelukkige broeders wat eens, net soos Ek, van God uitgegaan het, maar die weg verlaat het wat hulle eintlike bestemming was. Ek het die saligheid van God se nabyheid geken en het medelye gehad met die gevalle onsalige wesens. Maar Ek het ook die liefde van God tot al Sy skepsele geken en Ek wou die na Hom terugbring wat hulleself vrywillig van Hom verwyder het. My Liefde tot God was allesoorheersend, soos ook die liefde tot almal wat uit Hom voortgekom het. Slegs vanweë hierdie liefde het God My offer aangeneem en My Liefde het God om vergifnis van die skuld gesmeek, wat die gevallenes se eie was en nie anders gedelg kon word nie, omdat dit uit liefdeloosheid bestaan het. Slegs liefde kon daarom die offer bring en so was dit nie slegs die kruisdood nie, maar die liefde wat deur hierdie dood bewys is aan die mense wat God nou aangeneem het as versoening. Ek het My bloed vergiet vir julle mense en so die versoening tot stand gebring vir dit wat julle gedoen het. Ek het julle sonde op My geneem en daarvoor geboet. Maar ook julle mense moet julle deel daartoe bydra. Julle moet bereid wees om deur My kruisdood verlos te word en julle moet wil hê dat die barmhartigheidswerk ook vir julle gebring was. Julle moet gebruik maak van die barmhartigheid, deurdat julle My en My verlossingswerk erken en julleself vanuit julle wil by die groep aansluit, vir wie Ek aan die kruis gesterf het. Sonder hierdie erkenning en julle wil, is en bly julle met julle sondeskuld belas en in die boeie van hom wat julle tot ‘n val gebring het. Ek het wel die werk van verlossing vir julle almal volbring, maar julle eie wil maak dit eers doeltreffend vir julle, want julle kan nooit teen julle wil verlos word van ‘n sonde wat julle uit vrye wil begaan het nie. Julle moet julle onder die kruis van Christus plaas, julle moet My erken en My aanroep, julle moet aan My julle skuld beken en tot My bid, omdat Ek die skuld vir julle wil dra en met My bloed uitgewis het. En terwille van My Liefde sal alle skuld dan vir julle vergewe word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205