BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verlange na lig in die hiernamaals - Geestelike gesprekke 5487 Die verlange na lig in die Ryk hierna is baie groot by diegene wat ingesien het dat die graad van saligheid afhang van ‘n sekere mate van bewustheid, wat egter by hulle ontbreek. Dit is wesens van wie dit nie ontken kan word dat hulle ‘n mate van opregtheid op aarde besit het nie, wat moeite gedoen het om reg en billik op te tree, maar tog nie geglo het aan ‘n hoër Mag, aan die voortsetting van lewe vir die siel, aan ’n geestelike Koninkryk nie. Hierdie ongeloof het hulle ook onontvanklik gemaak vir geestelike kennis op aarde, dit het hulle ontbreek aan die wil om te glo. Gevolglik het hulle dit wat van geestelike aard deur gelowiges hulle aangebied is, as onwerklik en onwaar beskou. Die wil het hulle ontbreek om weens hul ongeloof iets daarvan te aanvaar, maar ook omdat die aardse lewe vir hulle so buitengewoon belangrik voorgekom het, dat hulle slegs daarvoor gewerk en bymekaar gemaak het. In die Koninkryk van die hiernamaals begin hulle egter geleidelik die werklikheid van die geesteryk te besef en tog is hulle nie in staat om hul eie bestaan en omstandighede duidelik te besef nie. Hulle weet nie wat werklik en wat onwerklik is nie, hulle sien vae beelde wat hulle nie verstaan nie, hulle word gestimuleer om te dink en tog kan hulle nie op hul eie klaarkom nie. Hulle verlang na lig, na verduideliking en is dankbaar as dit aan hulle gegee word. Die gebrek aan geloof maak dit egter baie moeilik vir die leraars in die geestelike Koninkryk om geglo te word, omdat alles vir hulle onaanvaarbaar lyk as gevolg van die houding wat hulle op aarde gehad het. Nietemin streef hulle voortdurend na verduideliking, hulle wil die Waarheid weet en dus sal dit aan hulle oorgedra word. Daarom gee hulle toe dat die Koninkryk van die hiernamaals werklikheid is, omdat die kennis van die aardse lewe nie heeltemal van hulle weggeneem is nie. Hulle is alreeds oortuig van ‘n lewe ná die dood en die oortuiging dryf hulle aan om onvermoeid te soek na wat by hul ontbreek, na lig en hulle talm waar inligting ookal aan hulle gegee kan word en tog kan hulle slegs lig gegee word wanneer hulle deur liefde gestimuleer is om daarmee te werk. Die rede waarom so baie siele sonder lig is, sonder kennis, vir ’n onbeskryflike lang tyd ten spyte van haar begeerte daarvoor, is te wyte aan die feit dat sy geen meegevoel vir geeste het wat aan haar gelyk is nie, want sy wil slegs om egoïstiese redes lig hê en daarom kan sy nie op die stadium daarvan voorsien word nie. Mense wat egter gepoog het om van diens te wees vir hul medemense op aarde, deur uitvindings, raadgewing of onderwysing, sal ook dieselfde wil doen in die hiernamaals en kan dus dikwels baie vinnig van die regte kennis voorsien word, want hulle sal dan ook van diens wil wees en in staat om te werk tot voordeel van oningeligte siele. Kennis sal egter nie deur dwang aan enige wese meegedeel word nie, dit moet opreg begeer word en geesdriftig na gesoek word. Dan hang dit nog steeds van die siel af wat haar eie mening is oor die meegedeelde lig; dit sal egter die gewenste uitwerking hê as die siel die opregte wil het om dit korrek te gebruik. Die leringe van mense op aarde kan daarom lei tot groot seën as hulle altyd onthou dat talle siele teenwoordig is en deelneem aan elke geestelike gesprek. Daarom moet leersame gesprekke ook in die gees van liefde gevoer word, wat dan ook hierdie siele beïnvloed en hulle gewillig maak om die Waarheid aan te neem. Iemand wat geestelike rykdom besit, wat voortgekom het uit die Waarheid, moet dit ook oordra aan almal wat gebrek het daaraan. Hy moet ook dikwels aan die siele in die hiernamaals dink, wat soms meer gewillig is om die Waarheid aan te neem as mense op aarde, wat in hulle denkbeeldige lewe steeds alles wat verband hou met ’n lewe in die hiernamaals wil verwerp. Goeie en bose gesprekke op aarde vind weerklank in die Ryk hierna, onthou dit altyd. Probeer om voortdurend so te dink en te praat dat die siele in die hiernamaals daarvan kan leer, dat hulle graag na julle sal luister en altyd vir hulself daaruit voordeel kan trek. Dan sal julle altyd omring wees van siele wat vir julle van diens wil wees, as hulle krag dit toelaat. Julle kan die lig op vele maniere versprei en julle sal altyd dankbare studente vind in die siele wat honger na lig en julle werk vir die Koninkryk van God sal geseënd wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205