BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Troosryke woorde van Vader –Verwysing na die dood 5493 Dit is 'n onverdiende genade dat julle mense in My arms kan vlug wanneer julle in nood is. Julle weet dat Ek altyd luister na jul vrae en verlangens. Julle weet egter ook dat Ek op julle roep wag, dat Ek die stem van My kind wil hoor, wat My in gedagtes in elke oproep om hulp tegemoet kom. Ek wil hê dat julle na My sal kom in alle aardse en geestelike nood, sodat julle nou ook My hulp kan ondervind. In klein en in groot nood staan Ek aan julle sy. Maar weet julle wat Ek met julle beplan? Weet julle of die hulp wat julle wil hê, julle siele ryper sal laat word? Juis omdat julle dit nie weet nie, moet julle bid: "Vader, laat U wil geskied". Julle moet wel bid dat Ek julle sal help, maar nie hoe nie, want Ek weet waarlik die beste wat bevorderlik is vir julle siele. Julle kinders besit tog My Liefde. Julle almal sal die doel moet bereik op aarde, naamlik om die eenwording met My tot stand te bring. Alles wat daartoe sal help, laat Ek julle toekom, omdat Ek wil hê dat julle salig moet word. Julle moet al julle klein en groot sorge en nood aan My voorlê, julle moet met al julle begeertes na My toe kom en wanneer julle 'n diep geloof sal hê en dit in gebed tot uitdrukking bring, dan sal Ek ook julle wense vervul. Want 'n diep geloof is al 'n verhoogde graad van volwassenheid en die eenwording met My het dan al plaasgevind deur die liefde, wat die lewende geloof voortgebring het. Dan sal julle dikwels My wonderbaarlike hulp ondervind. Solank die lewende geloof egter nog nie aanwesig is nie, solank julle nog swak is in die geloof en dus ook swak in die liefde, moet Ek dikwels terughou wat julle afsmeek, maar altyd slegs uit Vaderlike sorg vir die volwassewording van julle siele. Julle moet egter altyd op My vertrou, dat Ek alles so vir julle reël, soos wat dit goed is. Maar ag die liggaamlike lewe nie as die hoogste goedere nie. Beskou dit eerder slegs as noodsaaklik vir die siel. En as julle dus aan die siel dink en haar toestand na die dood en vir haar lewe sorg en werk, dan hoef julle ook geen vrees te hê vir die dood nie. Want dan is dit vir julle slegs die weg na die ewigheid, vol van lig. En julle sal nooit meer terugverlang na die aarde nie. Dan eers sal julle lewe en in My nabyheid onuitspreeklik geluksalig wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205