BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die deurstuur van die suiwer evangelie is noodsaaklik 5519 Die evangelie moet steeds weer in sy suiwerheid tot die mense gebring word, omdat alleen dit die krag het om die wil van die mens te verander. Die suiwer evangelie gaan van God uit. Dit is Sy Woord wat tot die mense gespreek word en wat bly tot in alle ewigheid. Sodra dit egter by die onvolmaakte mense aankom, word dit óf net so suiwer aangeneem en die lewenswandel word nou in ooreenstemming hiermee gelei, óf dit word van die kant van die mense verdraai om te beantwoord aan die wil van hierdie mense en dan verloor dit alle krag. Dan is dit nie meer die Woord van God nie, maar die van die mense. Solank die Woord van God suiwer en onvervals bly, is die uitwerking daarvan ook duidelik sigbaar by die mense, by wie dit nou 'n verandering van wese bewerk en bewustelik op God gerig is. Maar as die Goddelike Woord 'n verandering ondergaan het, dan het die mense onverbeterd gebly, want hulle het dit wat hulle ommekeer tot stand moes bring, omskep na hul wil en so het daar iets ontstaan wat verdraaid is, wat egter nog steeds as God se woord uitgedra word, maar volledig kragteloos is. God lei daarom steeds weer die suiwer evangelie na die aarde en Hy moedig die mense aan om daarvolgens te lewe. Die suiwer evangelie is die Goddelike leer van liefde wat die mens Jesus op aarde aan Sy medemens gepredik het en wat altyd en ewig dieselfde liefdesleer sal bly. Omdat die liefde op aarde egter nie meer beoefen word nie, kan die Goddelike liefdesleer ook nie meer deur die mense verstaan word nie en waar die evangelie verkondig word, word die liefde tot God en die naaste slegs sydelings gepreek. Want deur menslike invloed is daar soveel lering en gebooie aan die mense oorgedra, dat dit op die voorgrond tree as die wat eerste nagekom moet word, maar die verandering van die wese van die mens, die eintlike doel van die aardse bestaan, word nie meer nagestreef nie en tog glo die mense dat hulle goeie Christene is, omdat hulle hul geleë laat aan die nakoming van die bygevoegde gebooie en leerstellings. Daarom moet steeds weer opnuut gewag gemaak word van die Goddelike liefdesleer, soos Jesus dit op aarde gepredik het en daarom moet hierdie prediking oor die liefde weer aan die mense oorgedra word in die suiwerste vorm, sodat hulle die krag van die Goddelike Woord kan gewaarword wanneer hulle daarvolgens lewe en dus hulself verander tot liefde. In haar kern is die liefdesleer van Jesus wel nog te vinde, as die mens van goeie wil is en ook die misvormde leer in ontvangs neem. Wie dus die gebooie van die liefde as eerste en alleen belangrike gebooie beskou en in ooreenstemming hiermee leef, sal ook gou helder en duidelik die verandering van die Goddelike evangelie herken en hy sal ook verstaan dat en waarom, steeds weer deur die toestuur van Bo, die suiwer leer van Christus na die aarde kom. Hy sal dit verstaan dat God voortdurend tot die mense spreek en Hy Sy woord in alle suiwerheid aan hulle oordra, want wie in die liefde leef, sal ook deurdring wees van die krag van die liefde. Wie in die liefde leef, word self onderrig deur die gees in homself en vir hom is die oneindige liefde van God die verklaring vir wat Hy alles doen om die mense na die Waarheid te lei en hulle na die ewige lewe te voer. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205