BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geestelike nood is groter as die aardse - Die werksaamheid van die Teenstander 5526 Die geestelike nood is nog veel groter as die aardse, want die mense lewe nie meer in die Waarheid nie en elke dwaling is 'n hindernis wat die opwaartse gang verhoed, elke dwaling is geestelike stilstand, of selfs agteruitgang, want die dwaling is die werk van My teenstander, om die weg na My te versper, om dit onmoontlik te maak om te vind. Elke dwaling versterk sy mag en gee hom steeds nuwe geleenthede om die donkerte van die nag oor die mense uit te sprei. Dwaling is alles wat daartoe bydra om die erkenning van My moeilik te maak. Dwaling is alles wat die mense verhinder om verbinding met My te soek en te vind. My doel en strewe is dat die mense hulle met My moet verenig, dat hulle My moet begeer en poog om hierdie begeerte van die hart te bevredig. My doel is om die liefde van My skepsels te wen. Alles wat daartoe bydra is goed en nie die werk van die teenstander nie. Wat die mense egter verhinder om hierdie verbinding met My te vind, alles wat hulle hul blik op iets anders laat rig as op My, is die werk van My teenstander. En jy sal hom derhalwe baie maklik kan herken in alles wat jou aangebied word, hetsy geestelike leer, boodskappe uit die geestelike ryk, of gebeure, dit maak nie saak van watter aard nie. Dit moet steeds tot julle deurdring wat die betekenis daarvan is. En lei dit jou van My af weg en na die wêreld toe, of bemoeilik dit die innige band met My, dan weet jy ook dat My teenstander aan die werk is en probeer om julle mense van My af weg te lei. Hy gebruik ook hulpbronne wat dit laat lyk of dit My werke is, hy verafsku dit skynbaar nie om vir My te werk, om die liggelowiges te wen wat hom nie herken nie en daarom aanneem wat hy hulle aanbied. Die liggelowigheid van die mense begunstig sy praktyke, want hulle neem dit sonder ernstige ondersoek aan, sodra daar maar 'n stoot gegee is wat van hulle (as reaksie) geloof vra. Dit is sy lis, om die geloof skynbaar te versterk maar dit tog in verkeerde rigting te stuur. Die Waarheid word voortdurend na die aarde gelei, Sy word voortdurend na die mense gebring en tog neem hulle die grofste dwaling en leuen veel eerder aan as net maar 'n vonkie Waarheid, wat die toestand van hul gees sou verlig het. My teenstander het egter 'n vaste fondament, hy staan op ’n basis wat deur die mense self vas en duursaam gemaak word. My teenstander werk daar waar die mense glo hulle My gebied betree het. Dit is ook sy lis, wat weer slegs deur die suiwer Waarheid, wat Ek deur My Woord aan die mense bring, ontbloot kan word. My Woord vind egter slegs moeisaam ingang daar waar die teenstander noukeurig alle poorte versper. En die mense plaas hulle agter My teenstander en versterk hom in sy mag. Daarom is die geestelike nood onbeskryflik groot en tog kan dit nie deur dwang opgehef word nie, want die vrye wil van die mens moet self daarna streef om die lig te betree, dan sal dit ook spoedig helder word in hom en dan begin die bodem onder die voete van My teenstander weg te sak. Sonder die Waarheid kan die geestelike nood egter nie verminder word nie, want deur die Waarheid word die liefde geleer en wie die liefde het, herken ook die werke van die teenstander en hy sal homself van hom losmaak, omdat hy deur die liefde ook die krag in hom voel hom te vlug, omdat hy deur die liefde die vereniging met My tot stand gebring het en Ek hom nou bystaan, deurdat Ek hom vervul met lig en krag. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205