BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Vervolging van die dissipels van die eindtyd 5528 Julle sal aangeval word net soos My eerste dissipels, wanneer die tyd gekom het dat julle julleself sal moet uitspreek vir of teen My. En dan sal elke mens wat My kies en My Naam bely voor die wêreld, aangeval word. Julle sal dan baie krag nodig hê om weerstand te kan bied teenoor die eise van die wêreld, want hulle wil dat julle My verloën en alles sal herroep wat julle tot nog toe bely het. Julle hoef egter nie te vrees nie, want net soos My eerste dissipels, sal julle vervul wees met My Gees en sal met vreugde beken wie julle God is. En julle sal ook steeds aan My getrou wil bly, omdat julle weet van My Krag en Mag. En julle sal ook diegene nie vrees wat wel julle liggaam, maar nie julle siele kan dood nie. En Ek sal julle daarvoor seën dat julle My Naam hooghou en aan julle medemens beken dat slegs Ek julle krag is. Julle sal wel vervolg word, net soos My eerste dissipels, maar julle sal die kwellinge nie so voel nie. En alles wat die vyand van julle siel julle wil aandoen, sal van julle afgeweer word, omdat die skild van die geloof julle sal beskerm. En net soos My eerste dissipels sal julle dan ook nog mense wen vir My, wat deur julle voorbeeld tot die geloof gebring sal word en in My Naam ‘n “Krag” erken waaraan hulle hul gewillig sal oorgee. Ook hulle sal die loon ontvang waarmee Ek almal beloon wat in My glo. Ook hulle sal die ewige lewe ontvang en opgeneem word in die ryk van Lig. Maar alleen diegene sal My openlik bely wat My gevind het en tot wie My Woord “lig” gebring het, wat deur die liefde tot ‘n lewende geloof gekom het en daardeur ten volle oortuig word dat Ek hulle sal verlos uit elke nood van liggaam en siel. Wie egter hierdie diepe geloof nie gaan bereik voor die tyd van die geloofstryd nie, hulle sal My maklik opgee. Die wêreld sal hulle baie meer lok en hulle sal daarom sonder oordenking opgee wat vir hulle die vernaamste moes wees op aarde. Hulle sal My opgee, omdat hulle My nog nooit herken het nie. Julle egter, My dissipels van die eindtyd, moet wel standhou en die krag daartoe word julle ook ryklik gegee. Want aan julle wat My getrou bly, waarborg Ek My hulp en krag in onbeperkte mate. Julle kan slegs die aardse lewe verloor, wanneer julle nie behoort aan diegene wat Ek sal wegneem nie. Maar julle lewens sal egter nie eerder beëindig word alvorens Ek dit wil nie, maar dan ruil julle dit in vir ‘n heerlike lewe in die geesteryk. Julle sal My egter dan nie meer opgee nie, ook nie vir die grootste belofte van My teenstander nie, wat julle weliswaar aardse besittings, maar geen ewige saligheid kan belowe nie. Julle sal nog met sekerheid moet stry op hierdie aarde, maar julle oorwinning is verseker, want julle sal stry vir My, vir My Naam en My Leer. En julle sal stry vir die Lig en die Waarheid, dus ook vir julle saligheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205