BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geestelike Dwang - Dogmas - Waarheid 5546 Die Geestelike vryheid moet gehandhaaf word, die mens mag nie gedwing word om sy gedagtes in hierdie of daardie rigting te laat gaan nie, dit moet hom vrystaan om homself by ‘n geestelike rigting aan te sluit, eers dan word My Wil vervul, want dit gaan om die vrye wilsbesluit wat elke mens self moet neem, sonder om deur dwang beïnvloed te word. Daarom sal Ek nooit as te nimmer ‘n geloofsdwang goedkeur wat uit dogmas bestaan wat die mense gebonde maak in hulle denke en hulle alle moontlikheid ontneem om te ondersoek en te kies nie. Die mens word daardeur ‘n bepaalde denke opgelê en kom nou tot heeltemal verkeerde gevolgtrekkings, wanneer daar van verkeerde veronderstelling uitgegaan word. Hy kan beswaarlik tot die Waarheid kom, wat die mens slegs kan verkry deur Haar ernstig te begeer. In die aardse lewe word die Waarheid aan die mens gebring, omdat hy in staat is om te kan dink en slegs sy wil, sal beslis of hy korrek dink. Hy kan korrek dink, maar moet steeds self aktief wees, dit wil sê, hy moet teenoor alles wat van buite af aan hom gebring word, self standpunt inneem en dit verg ‘n eie werksaamheid van die verstand en wat nog belangriker is, ’n verlange na die Waarheid, dit wil sê, die wil om korrek te dink. Hierdie wil word onvoorwaardelik deur My gerespekteer, dit sal steeds toegestaan word, omdat Ek as Waarheid Self, My skepsele ook nader aan My wil bring. Ek kan egter nooit aan ‘n mens wat steeds glo wat van buite aan hom vertel word, wat nie na die Waarheid verlang nie, die Waarheid laat toekom nie. Elke mens moet self ondersoek doen, want net so goed kan iets verkeerds as Waarheid aan hom voorgehou word en die mens is self verantwoordelik vir wat hy besluit. Dit is verkeerd om teen te werp dat die meeste mense nie tot ondersoeke in staat is nie. Die verstand alleen is nie maatgewend nie, maar wel die wil om korrek te dink; en die verstand van die mens sal homself dan ook so instel om te bevestig of om te verwerp, omdat Ekself dan tussenbeide kom wanneer hy na die Waarheid verlang. Daarenteen kan die denke van ‘n hoogs ontwikkelde verstand maklik ‘n prooi van dwaling word, waar slegs die verstand en nie die hart en die wil op die suiwer Waarheid gerig is nie. En daarom is dit nie in orde om sonder ondersoek sekere kennis aan te neem nie, om sonder ondersoek leerstellings te aanvaar en om sonder ondersoek ‘n geestelike rigting te kies nie, wat daaruit volg dat daar nie slegs een geestelike rigting kan bestaan. Inteendeel bevestig die afwyk daarvan steeds weer dat daar ‘n ondersoek uitgevoer moet word, om te bepaal by watter geestesrigting die Waarheid te vinde is, want elkeen wat sy geestesrigting aanhang, het dit met sy verstand gekies, maar wanneer hy homself nie ernstig, met die aanroep van My ondersteuning deur My Gees, daarmee besighou nie, is die Waarheid nie gewaarborg nie. Wie hierdie pad sal kies, kan daarvan seker wees dat die suiwerste Waarheid aan hom gestuur sal word en hy sal ook innerlik oortuig wees wanneer hy daarby uitkom. Maar elke afsonderlike siel is egter verantwoordelik vir haar keuse en soos wat haar wil is, so is ook die resultaat. Solank die mense egter in ‘n bepaalde gedagterigting gedwing word, solank enkeles meen dat hulle geroepe is om aan die medemens ‘n kennis voor te hou wat hulle self as Waarheid wil sien, kan hulle, met ernstige ondersoek, dit egter self verwerp, maar intussen sien dit onder die mense bedenklik daaruit, want slegs die Waarheid help die siele om volmaak te word, slegs deur die Waarheid kan hulle na My toe laat kom en slegs deur die Waarheid kan hulle vry word van die sonde en die gevolge daarvan, want die Waarheid is afkomstig uit My en vloei weer terug na My. Wat egter nie van My is nie, wat by ‘n ware ondersoek as dwaling te sien is, is van My teenstander en dit sal julle waarlik nie help om geluksalig te word nie, hy sal julle nie na My toe lei nie, hy probeer om julle weg te dwing, julle gees te verduister en julleself onderworpe te maak aan hom. Slegs die Waarheid maak salig en die Waarheid sal julle slegs kan hê wanneer julle My daarom vra, wanneer dit julle verlange is om die Waarheid van My te verkry. Dit vereis egter steeds julle medewerking en niemand kan vir julle die verantwoordelikheid dra nie, niemand kan die beslissing uit julle hande neem wat julle terwille van die heil van julle siele self sal moet neem nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205