BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ware Christenskap 5547 'n Betroubare Christen moet ook leef volgens sy geloof, dit wil sê, hy moet Jesus Christus, Wie vir die mense ‘n voorbeeld was van die regte lewenswyse op aarde, volg en dit vereis dus geloof in Sy daad van Verlossing met die doel om deur Hom erken te word as 'n Christen. Die Christelike leer moet vanuit die hart gevolg word, want Christus vereis liefde van mense, 'n liefde wat sonder eiebelang is en dus 'n verlossende uitwerking sal hê, 'n liefde wat bereid is om opofferings te maak, 'n liefde wat Jesus gedemonstreer het deur Sy dood aan die kruis. Dus, om 'n ware Christen te wees, beteken om 'n mens se innerlike aard in liefde te omvorm deur die geloof in Jesus Christus, want die mens is nie in staat tot hierdie verandering van karakter sonder geloof in Hom nie. Hy kan wel in Hom glo, maar nog nie in liefde lewe nie. In daardie geval is dit egter net 'n konvensionele geloof, 'n intellektuele geloof, wat wel geloofwaardigheid kan gee aan die bestaan van Jesus, die Mens en dalk selfs aan Sy kruisiging, maar wat geen idee het van die betekenis van die offer wat deur die Mens Jesus gebring is namens die medemense nie, want die begrip hiervan kom net wanneer hy liefde beoefen, omdat sy gees hom slegs dan die regte begrip in sy hart sal gee. Dit is waarom “christen wees” eerstens beteken om in liefde te lewe, dan sal die mens ook getuig dat Jesus Christus die Verlosser van die wêreld is. 'n Persoon wat aan onselfsugtige liefde ontbreek, sal nooit 'n christen wees nie, selfs al verklaar hy homself as sodanig voor die wêreld, want die konsep van christenskap is nie 'n kwessie van glo dat Jesus bestaan het nie, die punt is, dat die persoon lewe soos Jesus Christus op aarde gelewe het ten einde in staat te wees om homself 'n Christen te noem. Dit is waarom daar geen ware Christenskap in hierdie wêreld meer is nie, ten spyte van kerke en leerstellings, want die Gees van Christus ontbreek. Mense is nie verlos nie, omdat Jesus Christus nie meer effektief kan wees waar liefde nie bestaan nie en liefde het heeltemal verkoel onder die mense, ryk of arm, hoog of laag, hulle almal het 'n gebrek aan liefde, die belangrikste aspek van die Christendom. Mense maak nie meer gebruik van Jesus se daad van Verlossing nie, hulle staan buite die sirkel van diegene wat vir Jesus Christus gesterf het. Hulle sien beslis die kruis, omdat hulle Jesus Christus, die Mens en Sy kruisiging nie kan ontken nie, maar dit het heeltemal irrelevant geword vir hulle, hulle spreek bloot woorde sonder betekenis en krag, want in die eerste plek onthul slegs liefde die begrip, maar liefde het weggesterf. Vir sulke mense het Jesus Christus tevergeefs aan die kruis gesterf en tog noem hulle hulself Christene. Nie een van hulle besef die betekenis, nie een van hulle doen moeite om 'n ware Christen te wees nie en baie mense kyk minagtend neer op dié wat, in hul oë, heidene of ongelowiges is, omdat hulle nie deel uitmaak van 'n amptelike kerk of gemeenskap nie. En hulle sal almal eendag 'n vreeslike ontwaking ervaar indien hulle die aarde in 'n onverloste toestand verlaat en van hulle verwag word om rekenskap te gee van hulle manier van lewe, wanneer hul graad van liefde so laag was dat dit geen lig uitgestraal het met hul ingang in die koninkryk van die hiernamaals nie. Dan eers sal hulle moet soek na die Verlosser van die mensdom en sal Hom moeilik vind, omdat hulle nie die regte geloof in Hom gehad het nie en tog, daarsonder sal hulle nooit kan gelukkig word nie. O, as julle mense net geweet het wat julle weggee op hierdie aarde as gevolg van julle halfhartige houding teenoor die belangrikste dinge, as julle net geweet het hoe bitterlik julle dit eendag sal berou. Julle sal nooit in staat wees om sonder liefde salig gelukkig te wees nie. Julle moet julle aardse weg as ware Christene gaan, julle moet Hom volg, dit wil sê, Sy gebooie onderhou, slegs dan sal julle geloof in Hom 'n lewende een wees, slegs dan sal julle Jesus Christus voor die wêreld kan bely. Julle sal opstaan vir Hom en, deur Hom verlos, ook in staat wees om julle medemens die regte verduideliking te gee oor die feit dat en waarom, Hy erken moet word, oor die feit dat en waarom die ewige lewe nie moontlik is sonder die verlossing deur Jesus Christus en dat slegs die regte manier van die lewe in die Gees van Jesus van waarde sal wees voor God en nie die uiterlike vertoon van Christenskap, wat in der waarheid geen Christenskap is nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205