BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ware Christenskap. Navolging van Jesus. 5548 Ek wil julle voorsien van iets bykomend sodat julle kan besef hoe buitengewoon belangrik dit is dat julle Jesus, die Seun van die mens, as God en Verlosser van die mensdom erken. My Liefde vir julle mense wou nie gehad het dat julle in sonde moes bly nie, geïsoleerd van My, wat julle ellende veroorsaak het. Ek was nie in staat om julle te benader nie, aangesien julle in jul toestand nie in staat was om My teenwoordigheid te verduur nie, of julle sou omgekom het in die vuur van My Liefde. Nogtans, sonder My was dit onmoontlik vir julle om gered te word en daarom moes Ek julle op 'n bedekte manier benader terwyl Ek julle beslis met My Krag van liefde kon beïnvloed, maar wel in 'n bekleding wat julle nie sou laat skrik nie, waarvan julle nie nodig sou gehad het om te ontsnap nie, in 'n bekleding soortgelyk aan die van julle. Ek moes julle as n mens benader. Eerstens moet julle verstaan dat die rede waarom Ek na julle moes kom, was om julle te help. Dan sal julle ook verstaan waarom Ek gekom het in 'n soortgelyke voorkoms as die van julle. Maar selfs hierdie verblyf van My Godheid in 'n mens, moes volgens wet geskied, wat sekerlik moontlik was, maar julle was onbewus daarvan dat My Gees van Liefde in staat was om op enige plek te manifesteer, solank as die basiese vereiste nagekom was, naamlik dat liefde teenwoordig was. Dus het Jesus, die mens, My die geleentheid gebied om Myself in Hom te openbaar, deur 'n lewe van liefde te leef, want Ek kan net wees waar liefde bestaan. Goddelike Liefde wou julle help en het daarom 'n vorm gekies waarin Sy verblyf kon neem, sonder om die wet van die ewigheid te oortree, wat egter sou gebeur het, as Ek Myself sou vergestalt het in 'n sondige mens wie se liefde en wil teen My gekant was. Liefde wou julle help en aangesien Jesus, die mens, vol liefde was, het Hy dit volbring wat vir julle van hulp was. Hy het versoening gedoen vir julle skuld. As 'n God van Geregtigheid was Ek eenvoudig nie in staat om 'n misdryf waarvoor nog nie versoening gedoen is, af te skryf nie, maar Ek was in staat om versoening wat namens julle bewerkstellig was, te aanvaar, maar slegs indien dit vrywillig en in liefde uitgevoer was. Dit is wat Jesus, die Mens gedoen het en daardeur het Hy julle Verlosser geword. Ek, die ewige Liefde Self, was in Hom en daarom het liefde die gemelde offer gebring. Ek Self het vir julle aan die kruis gesterf, want Ek was Self in die Mens Jesus. Julle behoort vanuit hierdie oogpunt na die daad van verlossing te kyk, dan sal julle ook verstaan dat julle net redding kan ontvang as julle in Jesus Christus as die Verlosser glo, maar dit vereis dat julle aan Sy onderrig moet voldoen, Hom moet volg, anders is julle geloof 'n blote woordspel, want ware geloof sal slegs deur liefde tot lewe gebring word. As julle as Christene wil bekendstaan, moet julle poog om 'n lewe van liefde te leef; julle kan hierdie naam nie vir julself aanneem as julle in 'n algehele teenkanting van Sy leer lewe nie, want Sy onderrig vereis liefde vir God en vir die volgende persoon. Om dus 'n Christen te wees, beteken dat julle jul in 'n Christelike gees moet gedra, soos wat die Mens Jesus op aarde gedoen het, om onbaatsugtige naasteliefde te beoefen en om altyd te onthou dat julle slegs verlos kan word deur Hom as die Seun van God en Verlosser van die wêreld te erken en dit bewys deur 'n lewe in navolging van Jesus te leef. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205