DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

VERDERE BEVESTIGING OOR DIE OPRIGTING VAN HIERDIE MELGISÉDEKORDE 9 Die duidelikste gedeeltes oor die oprigting van hierdie geestelike orde vind ons in die boek Openbaring. Die Melgisédek-orde in Openbaring 3, en 7 en 14 Die eerste is Openbaring 3:7-12 oor die Filadelfiagemeente. Filadelfia beteken “broederliefde” en omdat dit die belangrikste opdrag in die leer van JaHWèshua, ons Melgisédek-priester is, sal hierdie gemeente dus die uiteindelike beloftes van Hebreërs 12:22-24 vir hierdie onwankelbare orde hierbo ontvang. 7 En skryf aan die boodskapper van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Aparte Een, die Ware Een, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: [JeshaJaH 22:22] 8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan haar sluit nie, want jy het min krag en jy het My Woorde onderhou en nie teen My Naam getuig nie. [JeHóWganan 10:7] Hulle kry dus die sleutel tot die koninkryk in hulle harte, wat die liefde is, wat die deur van hulle eie harte oopsluit, om een te word met JaHWèshua, die Hoëpriester van die Melgisédek-orde. Hulle kry dit oor hulle werke, wat bestaan het daaruit dat hulle Sy leer (Woorde) onderhou het en nie teen Sy Naam (Liefde) getuig het nie. Weereens die twee dinge wat vir ons geoffer is, naamlik die brood/woord wat Sy liggaam is en die wyn/Liefde wat Sy bloed is, wat gedurig herdenk (geëet en gedrink) moet word in die harte en nie net op `n nagmaal-Sondag nie. Verwys ook na die oer samekomste van Melgisédek en Abraham, wat brood en wyn saam genuttig het in Salem. 9 Kyk, Ek gee jou uit die vergadering van die Satan, van die wat sê dat hulle manne van JeHûWdah is en dit nie is nie, maar lieg - Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. [2 Konings 2:15; Boekrol van die Opregte 51:18; Psalm 129:5] Hy haal ons met Sy leer uit die bose wêreldkerke se leer uit, en hulle sal ook nederig word (neerbuig) en voor die Melgisédek-orde se voete kom bely dat hulle verkeerd was. Dit sal egter met baie tugtiging deur oordele gepaardgaan, soos wat hy hierbo in Hebreërs 12:26 sê: “Nog een maal laat ek die aarde en die hemele bewe”. 10 Omdat jy die Woord van My lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die Aarde op die proef te stel. Die orde van Melgisédek word egter in hierdie tyd beskerm, hierdie uur van beproewing, omdat hulle aan die Leer (woord) van JaHWèshua vasgehou het, Hom gevolg het soos `n lam, orals waarheen Hy gaan. 11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou Kroon kan neem nie. [JeshaJaH 22:23] 12 Wie oorwin, Ek sal hom ’n pilaar in die Tempel van My Elohey maak, [1 ShemuEl 2:8] en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van My Elohey skrywe en die naam van die Stad van My Elohey, van die nuwe Jerusalem, wat uit die Hemele van My Elohey neerdaal, en My nuwe Naam. [JeshaJaH 61:3] Hierdie kroon is die Waarheid (Odes 9:8) wat gegee word deur JaHWèshua, wat Self die weg, die lewe en die Waarheid is, waarmee die Melgisédek konings gekroon sal word op die berg Sion soos vertel in Openbaring 7 en 14. Ook slaan Hy hierdie orde op `n vaste plek in, anders gestel, hierdie orde sal op `n gegewe vaste punt opgerig word op aarde. Jesaja 22:20-23 20 En in dié dag sal Ek My kneg El-Jakim (deur El opgewek), die seun van GielkiJaHûW, roep; 21 en Ek sal hom jou gewaad aantrek en hom gord met jou gordel, en jou mag sal Ek in sy hand lê, en hy sal vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis van JeHûWdah soos ’n vader wees. 22 En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie. [Openbaring 3:7] 23 En Ek sal hom inslaan soos ’n pen in ’n vaste plek, en hy sal ’n eretroon wees vir die huis van sy Vader. [Openbaring 3:11] Die knegte wat deur El opgewek gaan word, El-Jakim, gaan `n nuwe geestelike gewaad aantrek, en met mag in hulle hand gaan hulle `n vaderlike posisie inneem, wat as `n eretroon beskryf word, ook met die sleutels van Liefde (Dawid) in hulle hart, maar hierdie Orde sal op `n vaste plek ingeslaan word. In Openbaring 7 word 12 000 verseëldes uit die 12 STAMME VAN ISRAEL uitgekies, `n totaal van 144 000, streng volgens die voorwaardes soos hierbo beskryf in Hebreërs 8, waarna die oordele op die aarde losgelaat word. Hierdie verseëldes se seël word duideliker omskryf in Openbaring 14:1: 1 EN ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die Berg van Sion, en saam met Hom honderd-vier-enveertigduisend met Sy Naam en die Naam van Sy VADER op hulle voorhoofde geskrywe. [Odes van Salomo 23:21; 42:20; JeshaJaH 11:12; 2 Ezra 2:38] Hulle is dus Een met die Vader en Seun, oftewel volkome wedergebore in die gees, terwyl hulle nog in die vlees is. Onthou, die berg Sion staan vir die hoogste geestelike vlak wat op aarde deur vleeslike mense bereik kan word, en dit is weer slegs die Melgisédek-orde wat hiervoor kwalifiseer. Hulle sing `n nuwe lied wat net hulle ken, hulle is volkome skoongewas, as geestelike maagde. Die Melgisédek-orde uit 2 Esra Hierdie versameling en verseëling word pragtig beskryf in die boek 2 Esra 2:34-47. 34 En daarom sê ek aan julle, o julle nasies, wat hoor en verstaan, soek na julle Herder, Hy sal aan julle ewige rus gee; want Hy is naby wat aan die einde van die wêreld sal kom. Dit verwys dus na die eindtyd, dus nou, 2007. 35 Wees gereed vir die beloning van die Koninkryk, want die ewige Lig sal vir altyd op julle skyn. [JeHôWganan 1:9] 36 Vlug uit die skaduwee van hierdie wêreld, ontvang die Vreugde van jou Glansrykheid: ek betuig openlik my Verlosser. 37 Ontvang die gawe wat aan julle gegee word en verheug julle, gee dank aan Hom wat julle na die hemelse Koninkryk geroep het. Die beloning is om nou deel te word van die Melgisédekorde, ons Vreugde, waar ons vir ewig deel kan word van en in JaHWèshua, ons Koning en Hoëpriester. 38 Staan op, en kyk die getal van hulle wat verseël is vir die feesmaal van JaHWeH; [Openbaring 7:4-8 en 14:1] 39 Die wat oorgegaan het uit die skaduwee van die wêreld, wat sierlike klere van JaHWeH ontvang het. 40 Neem U getal, o Sion, en maak die getal op uit U wat in wit geklee is, die wat die Wet van JaHWeH onderhou het. [Openbaring 3:18; 7:4] 41 Die getal van U kinders na wie U verlang het, is vol: smeek dat die Koninkryk van JaHWeH sal kom, sodat U volk, wat van die begin af geroep is, apartgestel mag word. [Boekrol van Henog 47:4] Hierdie getal moet ooreenkom met die getal in Openbaring 14 hierbo genoem, en dit is 144 000. 42 EK, Ezra, het op die Berg van Sion ‘n groot volk gesien, wat ek nie kon tel nie, en hulle het almal Elohim geloof met liedere. [Openbaring 14:3] 43 En in hulle midde was daar ‘n Jong Man van hoë gestalte, groter as al die ander, en op elkeen se hoof het Hy krone geplaas, en Hy was meer verglans; sodat ek my grootliks verwonder het. [Wysheid 6:21; Boekrol van Henog 45:4; Openbaring 22:4 - 5] 44 Daarom het ek aan die Boodskapper gevra en gesê: meester, wat is hierdie? 45 Hy het my geantwoord en gesê: Hierdie is hulle wat die sterflike klere uitgetrek het en die onsterflike aangetrek het en die Naam van JaHWeH bely het: nou word hulle gekroon en ontvang palmtakke. [Openbaring 6:11] 46 En ek het aan die Boodskapper gesê: Wie is die Jong Man wat hulle kroon en palmtakke in die hand gee? 47 Toe antwoord hy my en sê: Hy is die Seun van die Elohim, vir wie hulle op die Aarde bely het. Toe het ek hulle grootliks begin prys, diegene wat so dapper gestaan het vir JaHWeH se Naam. [Openbaring 6:9] Hierdie volk is 144 000 groot, 12 000 uit elke Israel-stam, en hulle ontvang die wedergeboorte beloftes (word gekroon) van die Melgisédek-orde, van en in ons Verlosser, en word onsterflike wesens, apartgestel in en met hul Meester, as priesters in die Melgisédek-orde. Palmtakke simboliseer die huttefees, `n afbeelding van die 1000jarige Vrederyk, wat ook heenwys op die volkome wedergeboorte/vrede in ons wese. Die Melgisédek-orde uit 1 Petrus 2 Hier volg die voorwaardes om opgeneem te word in hierdie orde van JaHWèshua. 1Petrus 2:1 tot 10 2:1 LÊ dan af: alle besoedeling en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle haatspraak; 2 en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste Melk van die Woord, dat julle deur haar kan opgroei, 3 as julle ten minste gesmaak het dat ons Meester vol Medelye is. Indien bogenoemde voorwaardes nagekom gaan word, sal ons Meester ons wel lei na die Lewende Steen, Die Gees van Waarheid, oftewel die Trooster. 4 Kom na Haar toe, die Lewende Steen wat deur die adamiete wel verwerp is, maar by Elohim uitverkore en kosbaar is; [Psalm 118:22] Hierdie Lewende Steen of Trooster, Gees van Apartheid, is deur die hele wêreld verwerp, veragtelik gemaak en op getrap. Dit, terwyl Pinehas en sy nageslag juis die belofte van `n ewige verbond en priesterskap ontvang het, omdat hy destyds Apartheid in die Israel-laer toegepas het. Daarom sal slegs diegene wat sterk op die geestelike en fisiese Apartheid staan, wat hulle streng na die leer van ons Meester, JaHWèshua rig, gekies word vir hierdie orde van Melgisédek. 5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike Huis, ’n priesterdom van Apartheid, om geestelike aanbiedinge te bring wat aan Elohim welgevallig is deur JaHWèshua die Gesalfde. Hierdie vers verwys direk na die Melgisédek-orde wat opgerig gaan word in die harte van Sy kinders, waar elkeen `n lewende steen (soortgelyk en dieselfde as die verwerpte Lewende Steen) self word. Hierdie is nie kerkstigting nie, dit is nie volkstigting nie, dit is individuele mense, met volkome toegewyde harte aan ons Meester, wat saam sal funksioneer as `n wêreldse parlement van Geregtigheid gedurende die Duisendjarige Vrederyk, die Ryk van Salem. Hulle sal elkeen in staat wees om die Meester se stem direk in hulle harte (geestelike huise) te hoor. 6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, EK lê in Sion ’n Grondsteen, [‘n beproefde Klip,] ‘n kosbare Hoek [steen wat ‘n vaste fondament is,] hy wat vertrou, sal nie haastig wees nie. [JeshaJaH 28:16] Weereens `n bevestiging dat die orde in Sion sal wees en dat dit `n vaste plek voorstel. 7 Vir julle dan wat glo, is Sy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die Woord: Die Klip wat die bouers verwerp het, Sy het ’n Hoeksteen geword; [Psalm 118:22] en: ’n Klip van aanstoot en ’n Rots van struikeling – [JeshaJaH 8:14] Apartheid, ook genoem die Orde van JaHWeH, is sekerlik die grootste rots der struikeling vir die wêreld se bevolking, asook vir die wêreld as sulks. Deur die vernietiging van die Orde van JaHWeH, is die aarde gedoem om geheel en al tot niet te gaan, saam met al haar inwoners. 8 vir dié wat hulle teen Hom stamp, omdat hulle aan die Woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is. [JeshaJaH 8:14] 9 Maar julle is ’n uitverkore saadlyn, ’n koninklike priesterdom, ’n apartgestelde nasie. ’n Volk as eiendom verkry, om te verkondig die voortreflikheid van Hom wat julle uit die Duisternis geroep het tot Sy wonderbare Lig, [Exodus 19:6] 10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van Elohim is; aan wie toe geen Barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. [2 Ezra 1:35, 37; Hoséa 1:6-9] Ons Boerevolk, wie deur jare verag en vertrap is oor die beginsels van Apartheid, fisies sowel as geestelik – dink net aan die stryd om ons opgeneem te gekry het in die sataniese Wêreldraad van kerke, - is die enigste volk op aarde wat aan hierdie beginsels as volk voldoen. Ons was vroeër in Europa geen volk nie, maar is deur Sy Hand geneem en aan die Suidpunt van Afrika geplant as `n uitverkore saadlyn, `n rassuiwer volk, om uiteindelik die kern te vorm van Sy Melgisédek-orde. Hieruit kan ons dus redelik aflei dat die kern van die orde in Suid-Afrika gevestig sal wees, en wel onder die behoudende deel van die volk, oftewel die regsgesinde gelowiges wat aan bogenoemde voorwaardes van ons Meester, JaHWèshua se leer voldoen. Dit sal werklik `n klein druppel in die groot emmer wees. Maar kom ons lees Prediker 10:2: 2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ’n dwaas is na links. [Psalm 142:4] Dus sal die lewende harte wat hulle opbou tot `n Geestelike Huis ook regse/wyse harte moet wees. Kyk net waar laat die Meester Sy net uitgooi in Johannes 21, wat ook `n eindtyd profesie is. 4 En toe dit al dag geword het, staan JaHWèshua op die strand; maar die studente het nie geweet dat dit JaHWèshua was nie. Dit was dagbreek, dus na die nag, die 6000 jaar wat verby is, en vroeg in die begin van die nuwe 1000 jarige vrederyk, dit wil sê nou binnekort. 5 En JaHWèshua sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee. As ons Meester iets wil eet, is dit geestelike kos en die oprigting van die Melgisédek-orde in die harte van Sy volk is so `n aangename ete van vis. Ons is die vis wat gevang moet word aan die eindtyd. 6 En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om haar te trek nie. Hier is dit duidelik waar die laaste visse van die Melgisédek orde sal kom, naamlik vanaf die regterkant, die behoudendes wat die korrekte goddelike Wysheid het, gefundeer op die ware liefde van ons Vader, wat binne Sy werksame Ordegees sal wees, dus Apartheid. Hulle wat nog op die ou paaie wandel. Dat hulle een volk sal wees, is hierbo bewys, maar dit was al so voorspel voor die vloed. Lees weer gedeelte in Openbaring van Henog 23:37: 37 en uit sy familie sal ‘n talryke volk voortspruit en Melgisédek sal die hoëpriester onder ‘n volk wees wat U onderdane sal wees, o JaHWeH, en U sal dien. [Hebreërs 7:1-2,3] Hierdie profesie, wat ook verwys na die toekomstige laaste Melgisédek-orde, verklaar ook dat hulle een volk sal wees. Noudat ons hierdie afleiding ten opsigte van die Boerevolk gemaak het, is dit dus logies om af te lei dat die Berg Sion in Openbaring 14, waar die Meester en Sy 144 000 verseëldes is, in Suid-Afrika sal wees, en wel op Boeregrond. Die Melgisédek-orde uit Jesasja 4 en Jesaja 42 Hierdie twee gedeeltes moet saamgelees en vergelyk word met die kennis wat ons nou uit voorafgaande gedeeltes opgedoen het. Jesaja 4:1: EN in dié dag sal sewe vroue een Man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net U Naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg. [2 Konings 4:35] Hierdie Man het ons nog altyd as die Verlosser, JaHWèshua alleen gesien, maar in werklikheid is dit die hele opgerigte Melgisédek-orde, met JaHWèshua as Hoof en die 144 000 lede as integrale eenheid saam met Hom verenig as Regeerder. Verskillende vroue/gemeentes sal na hierdie orde toe vlug, en die Naam van JaHWèshua oor hulle laat uitroep, dieselfde Naam wat almal in hierdie Melgisédek-orde ook aanroep. 2 In dié dag sal die Spruit van JaHWeH wees tot prag en Glansrykheid, en die vrugte van die Aarde tot hoogheid en versiering vir die ontsnaptes van JisraEl. [Miga 5:5] 3 En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, dié sal apart gesteldes genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem – 4 wanneer My Meester die uitskeiding van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem uit Haar binneste weggespoel het deur die Gees van Reg en die Gees van Verbranding. [JeshaJaH 14:23;30:22; 42:1] Hierdie Spruit is weereens die hele Melgisédek-orde met al sy takke of spruite, soos wat ons Verlosser sê dat Hy die Ware Wynstok is en Sy kinders die lote. Saam vorm hulle `n Spruit. Hierdie Sionskinders wat aan die einde oorgebly het, na die smeltkroes (die afwas van die uitskeiding van die vleeslike luste), sal Apartgesteldes genoem word, die hoofeienskap van die Melgisédek-orde. 5 Dan skep JaHWeH oor elke woonplek van die Berg van Sion en oor Sy plekke van samekoms die Wolkkolom bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat glansryk is, sal daar ’n beskutting wees. 6 En daar sal ’n afdak wees vir ’n skaduwee bedags teen die hitte en vir ’n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën. Hierdie beskutting, wolkkolom, afdak is weereens die Melgisédek-orde, gelei en gerig deur Sy Gees, waardeur die woonplekke beskutting sal geniet. Die ou orde, met die sigbare wolk op die berg Sinai, word nou vervang met `n onsigbare wolk (Gees) in die harte (Berg Sion) van die volk Jesaja 42: 1: DAAR is My Kneg wat Ek ondersteun, My Uitverkorene in wie My siel ’n welbehae het. Ek het My Gees op Hom gelê; Hy sal die Reg laat uitgaan na die nasies. [JeshaJaH 4:4] 2 Hy sal nie murmureer of uitroep of Sy stem op die straat laat hoor nie. 3 Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; Hy sal deur Waarheid die Reg laat uitgaan. [JeHôWganan 14:26] 4 Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die Reg op Aarde gegrond het nie; en die eilande wag op Sy Wet. Verseker het hierdie profesie vir die eerste keer in vervulling gegaan met die eerste koms van ons Messias, maar nou in ons tyd gaan hierdie profesie weer in vervulling en wel vir die hele Melgisédek-orde wat opgerig gaan word, wat die hele aarde met REG, die produk van Geregtigheid, sal regeer. Hierdie orde vorm saam die Kneg, met Vader se Gees op en in hom. Die Melgisédek-orde uit DaniEl 2 Die boek DaniEl vertel ons van `n droom wat koning Nebukadnésar gehad het van `n eindtyd wêreldorde wat opgerig gaan word, verteenwoordig deur `n beeld. In DaniEl 2:28 en verdere gedeeltes sien u dat hierdie wêreldorde deur JaHWèshua se eie orde, die Melgisédek-orde vernietig sal word. 28 Maar daar is ’n Elohey in die Hemele wat geheime openbaar, en HY het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit: 31 U, o koning, het ’n gesig gehad - kyk, daar was ’n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy helderheid was buitengewoon; hy het voor u gestaan en sy voorkoms was skrikwekkend. 32 Wat die beeld betref, sy hoof was van suiwer goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van brons, [Boekrol van Henog 52:2; Hoséa 13:2] 33 sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. 34 U het gekyk totdat daar sonder toedoen van [mense]hande ’n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en hom fyn gestamp het. [JeshaJaH 44:8] 35 Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die brons, die silwer en die goud fyn gestamp, en hy het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele Aarde gevul het. Hierdie klip of rots is die Melgisèdek-orde (vergelyk 1 Petrus 2 se Rots der struikeling en aanstoot) wat die beeld aan die einde van sy heerskappy (voete van yster en kleitydperk) sal tref. Hierdie tydperk stel `n ongekende verbastering voor oor die aarde, soos verwoord in DaniEl 2:43: 43 Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het - hulle saad sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie. Hierdie verskillende rasse (saad) wat vermeng raak, is niks anders as die valse wêreldvrede wat vandag heers nie. As jy nie deel van die bont reënboog is nie, is jy `n uitgeworpene op aarde. Maar helaas, hierdie valse stelsel en valse vrede word uiteindelik vernietig deur die ware stelsel van Orde/Apartheid waar ware vrede heers binne JaHWeH se vasgestelde orde en hierdie Koningskap, die Melgisédek-koningskap, sal vir ewig bestaan. 44 Maar in die dae van dié konings sal die Elohey van die Hemele ’n Koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy van Haar sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; Sy sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal Sy vir ewig bestaan - [DaniEl 6:26]

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205