DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE VERVALLE MELGISÉDEK KASTEEL AS VOORBEELD VAN DIE MELGISÉDEKORDE SELF 11 In die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 van Jakob Lorber lees ons die pragtige verhaal van ons Meester wat besoek gaan aflê het in dieselfde ou vervalle Melgisédek kasteel van 2000 jaar gelede, waarin Hy as JaHWeH Self gewoon het ten tye van Abraham se lewe op aarde. Hierdie kasteel was bewoon deur tien baie arm Judese gesinne. Wat hierdie verhaal so merkwaardig maak, is dat daar vir ons hier aan die eindtyd geweldig baie weggesteek is in hierdie besoek van ons Meester aan hierdie vervalle kasteel. Ook nou is die geestelike Melgisédek kasteel vervalle in die harte van die volk. JaHWèshua woon feitlik in niemand se harte meer nie. Ek lys die verhaal so kortliks as moontlik hierna, met kommentaar waar nodig. Boek 10 - hoofstuk 55 [11] Toe ons die stad nader, sê Ek vir die kommandant: “Gaan met jou geselskap nou voor ons uit die stad in, en laat die tien Judese gesinne weet dat Ek na hulle toe sal kom en by hulle sal oornag! Al die res sal later wel vanself duidelik word.” [12] Toe die kommandant dit van My gehoor het, loop hy met syne onmiddellik vooruit, gaan dadelik na die Judeërs en vertel hulle wat hulle te wagte staan. [13] Die straatarme Judeërs sê egter vir die kommandant: “O, hoë gebieder in die naam van die keiser! Dit sou alles wel goed wees; maar waar moet die meer as veertig mense in die vervalle huis `n toereikende onderdak vind? Ou, vervalle kamers is daar nog wel voldoende; maar wie wil daar woon? Paddas, adders, salamanders en skerpioene is daar meer as genoeg, maar mens kan tog geen mense daarin herberg gee nie. Wat ons eie kamers betref, die het self nouliks voldoende ruimte om in te woon, veral snags, en dit sou moeilik wees om, behalwe ons, nog `n paar mense behoorlike onderdak te gee. Van enige versorging kan al heeltemal geen sprake wees nie, aangesien ons self meer as straatarm is. [14] Probeer dus die groot Meester en Leraar, oor wie se wonderbaarlike dade ons reeds heelwat gehoor het, daarvan te laat afsien om by ons onderdak vir die nag te soek en te wil neem; daar is in hierdie stad immers verskeie goed ingerigte herberge.” Hierdie kommandant stel dus die voorloper voor, wat vooruitgaan om die Judese gesinne te waarsku dat die Messias op pad is. Ook is ons Boervolk, die stam Juda in die eindtyd en sal die voorloper ook na ons, in ons vervalle geestelike kasteel kom, met vervalle kamers (onsuiwer harte) met baie gedrogte daarin (leuens en versinsels). 17] Terwyl die kommandant nog met die oudste spreek, arriveer Ek (JaHWèshua) met die leerlinge al voor die Judese huis, wat as `n verbrokkelde ou kasteel op `n hoogte buite die stadsmuur was. [18] Die kommandant merk My onmiddellik op, hardloop My tegemoet en wil My begin te vertel hoe dit daar met die Judese huis en haar bewoners gaan. [19] Maar Ek sê vir hom: “Vriend, spaar jou die woorde, aangesien Ek lankal weet! Maar Ek het inderdaad - soos wat jy reeds voor hierdie mense opgemerk het – as’t ware na hulle toe gekom, omdat Ek baie goed weet hoe dit met hulle huis en met hulle self gestel is. Laat ons dus dadelik na die oudste gaan!” Die Meester in die woning van die tien Judese gesinne 56 Vergesel deur die kommandant, loop Ek na die oudste van die huis, by wie hom ook nog enkele besorgde huisvaders bevind, wat ons bekyk om te sien wat ons sou doen as ons sien wat se ou ruïne die huis was. [2] Toe Ek by die oudste kom, sê hierdie oudste: “U is almal by ons goed welkom, Meester en Leraar; maar wat ons teenoor die groot barmhartigheid wat U ons bewys kan doen, sal verseker nie vir U welkom wees nie! Kyk net na ons huis, en na ons klere en U sal, sonder dat U iets verder hoef te sê, vanself goed sien hoe dit daar met ons almal uitsien!” [3] Ek sê: “Vrede vir julle! Hoe dit daar met julle uitsien, weet Ek - maar vir die grootste deel is die armsalige toestand julle eie skuld; want deur traagheid en deur haas geen vertroue op God, die enigste Meester en Gewer van alle goeie dinge, sal geen enkele mens dit op hierdie aarde ver bring nie. “Vrede vir julle” bedoel die inhoud van die Vredesverbond soos voorheen beskryf. Ons Meester berispe hulle dadelik oor die toestand van hulle geestelike huis as gevolg van traagheid en ongelowigheid, soos ook vandag in ons volk. [4] Solank julle nog middele en krag het, doen julle niks om julle ou huis te verbeter nie, laat julle niks geleë lê aan JaHWeH en maak julle julleself vertroud met die blinde leer van die Griekse wyses, waardeur julle nog baie kere beklaenswaardiger geword het as wat julle ooit vroeër was. [5] Nou het julle selfs slawe van die heidene geword en moet eerder met swaar werk karige brood van hulle bedel as dat julle vir hulle kan sê: “Ons het dit in die sweet van ons aangesig verdien!” Want dit is nie maklik om mense te dien wat in geen enkele God glo en ook nie in `n voortlewe van die siel na die dood van die liggaam en derhalwe ook aan geen enkele vergelding in die groot wêreld aan die ander kant nie, en derhalwe geen naasteliefde het nie en selfs vyande van hulle eie lewe is. Ook is ons vandag vasgevang in `n blinde Christenleer wat so verwater is deur die Griekse wyses, Roomse wyses en latere Europese en Afrikaanse wyses. Ons leer is so afgewater, dat ons ook vandag slawe van heidene in ons eie land geword het, omdat die kerke, met hul Afrikaanse wyses, ons oorhandig het aan die swart heidene deur hulle geestelike hoereerdery met die politici. [6] Wel nou, in julle grootste nood het julle aan die ou JaHWeH begin dink en by Hom om hulp gaan smeek, en dat die My ook daartoe gebring het om na julle toe te kom en julle te help, voor die aangesig van die baie, blinde heidene, wat eweneens ter wille van hulle Diogenes die geloof in hulle gode laat vaar het. Ek sal dit doen sodat ook hulle sal merk dat die ou God nog leef en julle help wat in Hom glo, Sy gebooie hou en in waaragtige en onwankelbare vertroue in Hom die korrekte hulp verwag. [7] Laat My julle ou, meer as half vervalle huis sien, en ons sal kyk of daarin oornag kan word en of dit wat beskadig is, gerepareer kan word! Daarna sal ons julle voorraadkamers ondersoek, om te sien hoeveel voorraad daar nog aanwesig is!” Ook was daar in hierdie tyd `n groep behoudendes wat aan die ou JaHWeH begin dink het, die Skrif begin ondersoek het en nader aan Hom probeer kom het, deur die vervalsings te korrigeer. Hulle huis (harte) was weliswaar ook vervalle, maar hulle het probeer. Na hulle toe kom ons Messias ook aan die eindtyd om ons vervalle kasteel op te rig in ons harte. [8] Die oudste sê: “O groot Meester en Leraar! Die huis moes vroeër wel baie groot en kleiner kamers gehad het; maar ons kon daar maar nouliks sewe in gebruik neem, en selfs dit is al erg beskadig. Alle ander is vol allerlei soorte ongediertes en is grotendeels nie eers meer vir mense bewoonbaar nie. Ook ons voorraadkamers verkeer vereers in `n baie miserabele toestand. Slegs één is daar wat nog half bruikbaar is; maar selfs die een is leeg op `n paar beskimmelde broodkrummels na. Maar laat ons U wil volg en tog gaan kyk, sodat U, o groot Meester en Leraar, met U eie oë kan aanskou hoe dit met ons, afstammelinge van Gad en Ruben, in hulle land gestel is!” Hierdie sewe kamers stel die sewe gemeentes aan die einde voor en die voorraadkamers is ons geestelike literatuur. So lyk ons Bybels dan ook soos ou beskimmelde brood van al die vervalsings deur vertalers. [9] Hierop loop ons deur alle vertrekke van die groot huis, en dit sien alles so daaruit soos wat die oudste dit beskrywe het. [10] Toe ons onsself egter in die buitenste en laaste vertrek bevind, sê Ek: "Nou sal jy God se mag in My, dit wat My liggaam betref, wat ook `n Menseseun is, leer ken! Kyk, ons is oor brokstukke van mure, dele van pilare, doringstruike en oor allerlei ongediertes wat die vertrekke deurdring het, en deur koninklike versierde, fraai vertrekke, wat van alles voorsien was waarin goed oornag kon word, laat ons ons tog terug maak. Ek wil dit, en so sal dit wees!” [11] Nouliks het Ek dit so gesê, of die hele huis was al volkome verander, en toe ons daarna deur alle kamers en vertrekke heen loop, was daar nêrens meer enige beskadiging te ontdek nie. [12] Die Judeërs van die huis slaan hulle hande bokant hulle hoofde teen mekaar en roep vol blye verwondering: “Dit kan alleen Hy doen, wat die hemel en aarde geskape het; daarom aan U alle lof, o groot God, wat aan `n mens so `n mag gegee het!” [13] Daarna besoek ons die voorraadkamers, wat eweneens gevul was met alles wat die mense nodig het om hulle honger en dors te stil. Toe word die verbasing nog groter, en vir `n lang tyd kon hulle van louter verbystering nie praat nie. Hier verander JaHWèshua Self ons innerlike kasteel, Hy laat die eerste wedergeboorte van die siel plaasvind in ons harte, en ons geestelike voorraad vul Hy self aan deur die Nuwe openbarings aan die eindtyd, soos wat Hy belowe het. Ons honger en dors na die Woord word dus gestil. Die getuienis van die oudste oor die Meester 57 Na `n oomblik spreek die oudste die volgende woorde: “Nee, nee, nee - dit is ongehoord! Moses en Elia, die twee grootste profete, het groot dinge gedoen, ja, groter as wat `n mens met die suiwerste verstand ooit in staat was om te omvat en te begryp en wat selfs die mees gelowige gemoed nouliks kan glo! Maar wat is vergeleke by die wonderbaarlike werk en al die wonders, wat deur die genoemde twee profete gedoen is, volgens die wil van JaHWeH, van Wie se Gees van mag hulle vervul was?! Alle profete, sowel die grotes as die kleinstes, het gesê: “Die Meester wil dit, en die Meester spreek!” Maar U, o grote Meester sê: “Ek wil dit” en dit is so!” En in één oomblik gebeur daar wat U wil! Daarom is U meer as Moses en Elia! [2] U is die Meester Self in alle volheid, en ek het nou as ou man in U my heil gesien en sou nou wil sê: “O Meester, Meester, laat U ou dienaar in vrede oorgaan na die groot wêreld aan die ander kant! Want U is die Beloofde vanuit Uself! U ewige Gees het uit die mond van die profete gespreek en U neerdaling voorspel, en U, wat die ewige Waarheid en Trou self is, het U woord gehou en het in `n liggaam van vlees en bloed na ons sondige mense gekom om ons weer opnuut op te rig, sowel die Judeërs as die heidene, wat ook kinders van Noag is en eens saam met die pre-Abrahamiete één volk gevorm het onder die groot opperkoning en allerhoogste priester Melgisédek van Salem. Daarom aan U alleen alle eer en alle lof, o Meester, Meester, Meester!” [3] Ek sê: Nou, nou, dit is wel goed en waar so! Dat julle weggesakte geloof deur hierdie daad van My op één slag weer opgerig is, is wel goed te begryp, net soos die feit dat julle My onmiddellik herken het; maar in die toekoms moet julle jul geloof deur werke van ware naasteliefde eers lewend maak, anders het dit in My oë geen waarde vir die lewe van julle siel nie. Want Ek het enkel deur My oorgrote liefde na julle mense toe gekom, en so kan julle mense ook alleen maar weer deur liefde vir My en vir jou naaste na My toe kom en op die manier tot die ewige lewe van julle siele, as My egte kinders; dit moet julle goed onthou! [4] Die geloof in My is wel `n lewende lig uit die hemele, maar eers deur die werke van die liefde. Soos `n lig, wat egter skyn in die nag, uitgedoof word as dit nie gevoed word deur steeds nuwe olie toe te voeg nie, so doof dit ook sonder die voortdurende werke van die liefde selfs die aanvanklike mees onwankelbare geloof uit. [5] Deur die wonderwerk, wat vir My maklik was om te doen, het Ek nie alleen julle heeltemal weggevalle geloof in julle siel opgerig nie, maar ook julle liefde vir My aangewakker; en in die lig van die ware, ewige lewensvlam het julle toe ook vinnig en maklik gesien Wie daar in My na julle toe gekom het. [6] En noudat julle dit onmiddellik en sonder baie moeite en prediking gesien het, moet julle ook daarvolgens handel, sodat julle en julle nakomelinge deur die werke van die liefde in My Naam in die lewende geloof bly!” Hier herken hulle die Meester as JaHWeH self, die oertydse Melgisédek koning van Salem, wat meer is as Moses en Elia, die twee voorlopers van die laaste Melgisédek-orde in ons tyd. Hier word die werke van naasteliefde as onontbeerlik genoem om die gevalle geloof in die siel weer op te rig. Die geestelike ooreenstemming van die vernuwing van die vervalle kasteel 58 (Die Meester:) “Maar sodat ook julle weet waarom Ek nou hierdie ou, vervalle kasteel, waarin konings vroeër gewoon het, weer opgerig en as te ware weer heeltemal opnuut opgebou het, moet julle let op wat Ek julle nog gaan sê: [2] In die eerste plek kom die opnuut oprig van hierdie ou koningskasteel ooreen met die feit dat Ek die ou, geheel vervalle geloof in die een, enige ware God, nou weer oral opnuut tot lewe bring. [3] Daar is van die ou kasteel van die geloof nog wel enkele verweerde, verbrokkelde en vervalle waarheidsreste aanwesig; maar dit deug nie meer as lewenswoning van My liefde en erbarming vir die siele van My kinders nie, soos wat julle ten tye van die koning van Salem was, maar dit deug nog slegs as woning vir hulle wie se gemoed geheel en al soos die van die ongediertes lyk wat hierdie kasteel al `n lang tyd herhaaldelik en in baie vorme bewoon het. [4] Die kasteel was sodoende `n getroue beeld van hoe dit nou met die geloof in God en met die hou van Sy wette daar uitsien, en wel veral in en rondom Jerusalem. [5] As daar geen volledige verbetering en ommekeer na My sal plaasvind nie, sal Ek die stad en iedereen wat aan haar kant staan nog erger besoek as wat Ek ten tye van Lot, Sodom en Gomorra besoek het; en daarmee wys Ek julle op die tweede rede waarom Ek hierdie kasteel nou opgerig het en weer heeltemal opnuut opgebou en van alles voorsien het! [6] As My oordeel oor die goddeloses in Jerusalem en wye omgewing kom en My weinige getroues op die vlug sal slaan, sal hulle ook hierheen kom. Neem hulle ook op, en maak sodoende in julle nou die opnuut opgewekte geloof heeltemal lewend deur die werke van die liefde in My Naam! So word die ou geloof, in ons tyd die verdraaide Christendom, omskep tot `n kasteel van geloof met vol voorraadkamers waarna die res van die gelowiges in die wêreld heen sal kom om beskerming te soek in die tyd van oordeel wat voorhande is. Die onderhouding van die 12 liefdeswette sal sentraal in hierdie nuwe opgerigte kasteelharte wees, en vanoor die hele wêreld, en nie net Jerusalem nie, sal gelowiges na hierdie kasteel/Melgisédek-orde toe trek omdat die res van die wêreld geoordeel gaan word. Hierdie boonste gedeelte van die kasteel wat ons Meester so wonderbaarlik herstel het, stel die siele van die mense in die laaste Melgisédek-orde voor wat herstel gaan word en wat van genoegsame geestelike voorraad voorsien gaan wees. Nou is daar egter ook `n verborge gedeelte onder die grond wat die gees voorstel. Kom ons lees verder: Die kasteel van Melgisédek 59 (Die Meester:) “Maar in hierdie kasteel is ook nog `n groot, van basaltstene gemesselde kelder! Het jy dit nog nooit ontdek en gesien nie?” [2] Die oue en `n paar van sy byna ewe oud nefies sê: “Ja, daar moes vroeër wel `n kelder vol uitstekende wyn bestaan het, en daar moet ook ander skatte in verborge wees, maar niemand van ons het dit ooit gewaag om hom in die onderaardse ruimte te begewe en daarin tussen allerlei kwaadaardige ongediertes en ander bose magte speurwerk te doen nie, en sodoende ken niemand die egte, korrekte toegang tot die genoemde kelder nie. Waar en hoe kan mense daarin kom? Deur U mag sal ook dit, net soos al die ander, hom nou wel in `n uitstekende toestand bevind?” [3] Ek sê: “Sekerlik, as julle dit glo; maar aangesien niemand van julle die ingang ken nie, volg My, so sal Ek julle na die kelder bring!” [4] Daarop volg die oue en nog tien van sy familielede My met `n aangesteekte fakkel van was, wat ons uit die kombuis neem, waar daar baie van in voorraad was, en wat ons ook daar aansteek. Van die genoemde groot kombuis lei `n pilaregang na `n groot poort, wat van `n plaat basalt gemaak was. Ek laat sien hoe die poort baie maklik geopen kon word, en Ek Self open die groot, swaar poort. Toe die poort oop is, word daar dadelik `n breë trap sigbaar, waarlangs mens baie goed in die baie ruim, groot kelder kon kom. Die onderaardse kelder, wat die gees van die mens voorstel, waarin die lieflikste wyn verborge lê, wat die Liefde voorstel, kon nie bereik word nie. Nou eers, met die Messias uiteindelik hier, kan Hy Self die weg wys na die kelder/gees van die mens en Hy open die poort deur te sê, “Volg My”. [5] Toe ons in die kelder kom, waaroor hierdie arm Judeërs weer buitengewoon verbaas was, tref ons daar `n groot aantal groot en klein klipvate en `n nog groter hoeveelheid klip, silwer en ook goue drinkgerei aan, waarna die arm Judeërs natuurlik baie verbaas kyk en waarvan hulle nie weet of hierdie dinge ook op wonderbaarlike wyse deur My geskape was of dat dit, wat die uiterlike daarvan laat vermoed, nog uit die oertyd stam nie. [6] Maar Ek sê vir hulle: “Wat ons hier gevind het, stam alles nog uit die tyd van die groot koning en hoëpriester van Salem. Dit was op aarde sy kasteel wat net soos die berge met hulle dikwels baie wonderbaarlike grotte en gate nie deur mensehande gebou is nie, maar deur dieselfde mag waardeur dit nou weer opnuut opgebou is. Want Ek alleen is die ware Koning van Salem en Hoëpriester Melgisédek in ewigheid! [7] Maar neem nou die kraffie in die hand en vul dit met wyn, waarvan hom hier in die groot vate `n meer as groot voorraad is!” [8] Nou neem die arm Judeërs wel vol vreugde die drinkgerei, maar hulle weet nie hoe hulle die wyn uit die groot klipvate moes kry nie, wat met swaar, gladde klipplate volkome hermeties (lugdig) afgesluit was. [9] Toe toon Ek hulle onderaan die vate, wat met `n stop diggemaak was, `n ietwat uitspringende opening, trek die stop met gemak uit die opening, en onmiddellik stroom daar ryklik `n ou, uitstekende wyn uit in die drinkgerei, wat daaronder gehou word; want die uiters kragtige geur daarvan vertel dadelik aan alle aanwesiges, waar ook die kommandant en een van sy onderoffisiere by was, dat mens hier met `n ou, uitstekende wyn te make het. Hierdie goeie ou wyn stel, net soos die bruilof te Kana, die wedergeboorte van die gees van die mens voor, deur die ware Hoëpriester Melgisédek, naamlik JaHWèshua Messias. [10] Toe alle kanne gevul en dit een na die ander in die groot eetsaal op die tafel geplaas was en hulle die wyn opgedien het, het hulle weer na ons toe gekom, terwyl ons nog in die kelder was, en Ek sê vir die oue: “Kyk, hierdie wyn is weliswaar ook gepers van druiwe wat in die land gegroei het - maar dit is byna net so oud soos hierdie kasteel! Dit is `n tiendewyn, wat deur alle konings, waaroor die koning van Salem geheers het, aan Hom as offer gebring was, en dit moes tot nou bewaar gebly het, sodat Ek nou, as heeltemal dieselfde koning, saam met almal wat in My glo en My volg, van die ou tiendewyn kan drink. Deur hierdie wyn te drink, kon hulle dus ook vanuit die Levitiese orde toegang verkry tot die hemelse Melgisédekorde, deur ons Messias, mits hulle sou afsien van die ou Levitiese orde en Hom, die ware en ewige Hoëpriester, sou volg. [11] Solank hierdie kasteel in My Naam sal bestaan, sal die wyn ook nie uitgeput raak nie; maar tog sal hierdie kasteel en `n groot gedeelte van hierdie stad driehonderd jaar na My hemelvaart deur die mag van ons teenstanders dermate so verwoes word, dat mense die plek waar julle nou staan nie meer sal herken nie. Maar dit is nie belangrik nie; want Ek bou nou `n nuwe kasteel vir Myself in die harte wat, wanneer dit eenmaal stewig gevestig is, nooit meer vernietig sal kan word nie. Hierdie gedeelte verwys na die vergadering te Nicea in 323 NC toe Konstantyn die vervalste Bybel saamgestel het om die volk te mislei met `n nuwe vormgodsdiens, maar ons Meester was hulle een voor en bou toe die huis in die harte van die mense, en wat nooit vernietig sal word nie. [12] Hierdie ou gedenktekens sal ook heeltemal verdwyn, sodat die mense geen afgodery daarmee sal kan bedrywe nie. Maar tot byna driehonderd jaar na My hemelvaart sal die kasteel nog daar staan en sal hierdie wyn nie uitgeput raak nie, en dit sal vir hulle, wat uit Jerusalem vlug, as onderdak dien en die wyn om hulle te versterk.” Uit die tyd van die koning van Salem 60 Nou vra die oue vol diep ontsag: “Meester, Meester, as mens dit so lees, was die geheimsinnige koning van Salem tog al gou daar nadat Noag uit die ark gestap het en die aarde begin verbou het. Sy kinders kon hulle in die kort tyd tog nie so geweldig vermeerder het nie, dat daar in die tyd van die koning van Salem op aarde al so `n groot aantal ander klein konings was, wat Hom die tiende as offer kon gebring het nie? Net soos baie ander dinge in ons boeke, klink dit baie misterieus en kan nie met ons verstand begryp word nie. [2] En U sê ook dat U sou opvaar! Wat is dit? Waar vaar U heen, en wanneer? Meester, Meester, verklaar ons dit ietwat van naderby, sodat ons dit uiteindelik in U Gees van waarheid, liefde en lewe ook aan ons nageslag kan uitlê en hulle ons glo wanneer ons vir hulle sê dat U, o Meester en Leraar Self Die Een was wat aan ons die buitengewone dinge geopenbaar het!” [3] Ek sê: “Wat die tyd van die koning van Salem aanbetref: Hy was daar al ewig vóór enige skepsel en derhalwe ook vroeër as Noag. Wat egter die aardse tyd betref, waarin Hyself in die gestalte en persoonlikheid van `n engel uit die hemele die mense oor Homself en oor hulle bestemming onderrig het: Hy was daar al van tyd tot tyd tydens die lewe van Noag en het met hulle gespreek, maar `n werklike koning- en priesterskap was eers ingestel `n paar honderd jaar nadat Noag die ark verlaat het, en die tyd het Noag en sy drie seuns nog self meegemaak. In die tyd was die aarde alweer digbevolk, en die baie stamvaders van klein volke voer die titel koning, en bring elke jaar hulle offers na Salem en was deur die Koning onderrig. [4] Toe die volke hulle egter meer oor die wye aarde versprei het, vergeet hulle die Koning der konings en begin hulle van Hom af te skei; ook hulle wat naby Hom gewoon het, het nie meer na Salem getrek nie. Toe verlaat die Koning ook die kasteel en besoek hom nog maar selde. Enkele patriarge het aan Hom trou gebly, soos byvoorbeeld Abraham, Isak en Jakob, en later alle groot en klein profete en nou in vlees en bloed ook julle. [5] Wat My hemelvaart betref, het dit `n dubbele betekenis. Die eerste sal, van nou af gereken, geen jaar meer op hom laat wag nie; die tweede egter sal in elke mens wat werklik in My glo, bewerkstellig word deurdat die Gees van My Liefde in sy hart sal opstaan en die verstand van die mens in alle wysheid van die hemele sal binnelei. [6] My persoonlike hemelvaart sal egter plaasvind kort nadat die liggaam van My, weer uit die graf sal opstaan en so in My goddelike wese sal oorgaan, drie dae nadat dit gedood is deur die hande van God se vyande. [7] Soos julle dit gehoor het dat Elia vroeër sigbaar en in `n vurige wa na die hemel opgevaar het, so sal Ek ook, sigbaar vir baie van My vriende, van die materiële bodem van hierdie aarde opvaar na die sigbare hemel. En voortaan sal Ek nie soos nou persoonlik sigbaar rondwandel onder alle mense - goeies en slegtes - en hulle onderrig nie; maar Ek sal alleen in die gees, goed waarneembaar en herhaaldelik ook sigbaar, onder hulle wandel en hulle onderrig en lei, die wat in My glo en My bo alles liefhet en hulle naaste soos hulleself. Want in die hart van sulke mense sal Ek vir Myself die genoemde nuwe kasteel bou en My intrek daarin neem.” Die aandete in die ou eetsaal 61 (Die Meester:) “Diegene by wie Ek sal woon, sal My ook goed waarneem en Ek sal hulle Self onderrig en lei, en so sal julle wat My egter liefhet, altyd deur My onderrig en gelei word en sal die ewige lewe in hulle hê. Maar die harte-kastele van hulle wat hulle van My verwyder, soos wat die konings in die ou tyd hulle suiwer uit liefde vir die wêreld van die koning van Salem verwyder het en Hom nie meer ten offer gebring het wat hulle Hom moes bring nie, sal ook deur My verlaat word. En soos wat dit was in die tyd van die Koning van Salem toe Hy hierdie kasteel saam met alle engele wat Hom gedien het, verlaat het en daar onder die volkere en hulle konings maar al te gou allerlei tweedrag, nyd, afguns en daardeur ook oorloë ontstaan het, so sal dit in die toekoms ook wees onder hulle wie se hartekastele Ek sal verlaat. Dan sal die een volk teen die ander opstaan en poog om hom te onderwerp. [2] In diegene wat in My leer en liefde sal bly, sal Ek ook bly, en werklik: Uit sy lendene sal strome lewende water vloei, en wie van die water sal drink sal in ewigheid nooit meer dors hê nie! [3] My leer en die goddelike wysheid daarin, is die ware, lewende water. Wie daarvan drink, sy siel sal weldra met alle wysheid gevul en vir ewig versadig word, en dan sal julle nooit meer dors en honger na `n hoëre waarheid en wysheid nie. [4] En so het Ek nou aan jou, My ou Judeër, verklaar wat tevore vir jou duister en onverklaarbaar gelyk het! Maar dink nou nie wat jy nou al in alle waarheid en wysheid ingevoer is nie; dit sal jou eers ten deel val wanneer Ek in die gees van alle waarheid en wysheid ook in jou hart opgestaan het en na die lewe-hemel van jou siel opgevaar het. “ Hiermee sluit ons die verhaal in die kasteel van Melgisédek af en u sal hieruit nog talle ander geestelike waarhede kan uitdiep.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205