DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

OPENBARINGE OOR DIE MELGISÉDEKORDE WAT OPGERIG GAAN WORD IN SUID-AFRIKA 12 Die ware betekenis lê egter daarin dat ons Meester na `n spesifieke groep Judeërs (Sion) sal kom aan die eindtyd, hulle geestelik kom oprig, soos wat Hy nou doen in Suid-Afrika, met genoeg voorraad/geestelike literatuur, sowel as genoegsame geestelike wyn/liefde, sodat die kasteel sal dien as versamelplek van alle kinders van Sion, wat regoor die wêreld versprei is. In die res van die openbaringe aan Jakob Lorber en Dudde leer ons nie veel meer oor hierdie onderwerp nie, maar danksy die onlangse profesieë gedurende Mei 2007 tot Oktober 2007 aan Judith de Beer, het Vader ons baie meer lig gegee. Ons sal die profesieë nou behandel: Openbaring 11 aan Judith de Beer 5 Junie om 09h30 ....... Ons begin vandag met jou tweede vraag eerste. Julle baie klein volkie (Boervolk) is My volk wat as voorbeeld vir die hele wêreld sal dien. Selfs deur die enorme foute wat julle begaan het, sal dit ook as ‘n leerskool vir alle volkere dien. Daarom sê Ek weer: Verbly jou O Sion, die hart van jou wese sit in die Suidpunt van Afrika. My dag het naby gekom dat Ek hierdie vertrapte klein weeskind by die hand gaan vat en met die genade van My liefde sal Ek Myself hom reinig. Onder My leiding sal hy in Gees en Waarheid oor My nuwe volmaakte aarde regeer. Sion, jy is My uitverkorene wat dwars oor die hele wêreld verteenwoordig is en in al jou onontbeerlike lede, sal jy as een koning onder die naam Melgisédek uit jou “HART” oor My volmaakte skepping regeer. Vertaal daarom hierdie werke ook in ander tale ....... Omdat die hart so belangrik is in die geestelike opset van die mens, want dit is waar die kontakpunt sit tussen die geestelike en die fisiese, via die klein lewenskamertjie in die hart, beteken dit dat die hart is waar JaHWèshua is, of anders gestel, sal die hart van die Melgisédek koning IN die hart van JaHWèshua wees. Die ander onontbeerlike lede sal vanoor die res van die wêreld kom om hier, in die land suid van die riviere van Kus (Etiopië) te versamel (sien ook Jesaja 18 en Sefanja 3). Openbaring 54 aan Judith de Beer 19 Julie 2007 om 19h00 Die geboorte van die priesterkind Alles in my oneindigheid swyg in stille verwondering oor die lewende energie wat deur ewige ruimtes in alle ewighede invloei en wat afkomstig is uit die blydskap van my Vaderhart, oor die geboorte van `n hemelse kind op hierdie klein aarde. Eens op `n tyd in die hemele, ten aanskoue van oneindige hemelskares, is daar vergadering gehou en daar was sekere uitverkieste geeste teenwoordig wat met My `n kontrak aangegaan het. Hierdie engele het onderneem, om net soos wat Ek as mens oor die aarde gegaan het, dieselfde te doen. Nie een het homself ontsien nie en het `n moeilike menslike kruis wat baie versoekings insluit, vir hulself gekies. Hierdie hemelwesens het al hul godgegewe mag asook hul selfkennis vrywillig neergelê en is as swak onbeholpe mensekinders op hierdie aarde gebore en `n baie moeilike weg het hulle oor hierdie aarde gegaan en niks is hulle gespaar nie. Die wêreld het met lis gelok en wesens van groot naam het hard geval, maar telkemaal het Ek hulle self met die hand opgehelp. Die tyd het nou ryp geword en daar is onder hulle sommiges wat iets begin vermoed, wat die oeroue liefde vir My onwillekeurig laat ontvlam en met vurigheid getrou aan hul aard, wil hulle weer lojaal werksaam in hul ordes raak vir My en uit engele kom daar vir My nou liefdevolle kinders uit hierdie wêreld voort en sal vir My in slegte tye, getroue Israeliete in ontsaglike gevare help bewaar. En so word daar uit hierdie eerstelinge vir My `n priesterskind gebaar en my Melgisédek koningskind, sal vir ewig saam met My oor My hele skepping waak. Op 19 Julie 2007 openbaar ons Vader dat die tyd nou ryp geraak het vir hierdie orde om gebaar te word, wat `n Melgisédek koning- en priesterorde gaan wees as `n enkele eenheid wat onder en in Hom sal funksioneer. Openbaring 127 aan Judith de Beer Donderdag 27 September 2007 om 2h00. Kerk en politiek ..... Maar reeds is Ek besig om in My getroues se harte, met My ware lewende woord, in te trek en vanuit hier sal Ek onder My Melgisédek orde regeer en My uitverkore priesters, sal menig kind vanuit die oneindigheid in waarheid en liefde, na My, hul God en Vader, keer. Openbaring 151 aan Judith de Beer 20 Oktober om 6h30 Die toekomstige Melgisédek orde Netsoos aan My leerlinge van ouds sê Ek aan julle, wie My in hierdie tye vanuit die opregte liefde van jul harte wil volg; Volg My. Ook aan die blindes wat aan die hand van ewe blinde wêreldkinders wil ronddwaal, doen ook julle, volgens die keuse van julle vrye wil. Die wêreldbevolking bestaan huidiglik meestal uit `n klomp gestagneerde navolgers, wat dit wat hul meester, die Wêreldmoondhede, as treffer van die dag vir hulle aanbied, of dit nou die politiek, tegnologie, mode of die geloof is, slaafs navolg. My kinders het Ek op hierdie aarde as kreatiewe vindingryke wesens geplaas, wat deurentyd met nuwe gedagtes en idees na vore kan kom en die vermoë het om op eie stoom te kan ontwikkel. Een van die redes dat julle volkie die hele tyd besig is om koppe te stamp, is juis as gevolg van die feit dat bykans almal onder julle ook met sterk leierseienskappe toegerus is en daarom sal die van julle, wat tot die geestelike eindronde van hierdie getraumatiseerde eindtye, in My Naam sal kan deurdring, deel uitmaak van My Melgisédek orde, wat niks anders sal wees as `n geestelikwêreldse parlement, bestaande uit Goddelike koningskinders nie. Wees daarom kreatiewe kinders van God, wat My, julle Verlosser, keer op keer nuut en lewend, vanuit julle harte aan julle naastes sal voorstel. Ja, leef volgens julle eie unieke standaarde en karakters en moenie blinde navolgers van verdraaide leerstellings wees nie. Staan in hierdie tye soos Daniël van ouds vas en moet julle knieë nie voor een enkele faset van die wêreldmoondhede se vele afgode buig nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205