DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE UITEINDELIKE DOEL VAN DIE NUWE MELGISÉDEK GEESTESMENS Die gevalle oergeskape Lucifer as die groot Wêreldmens 13 Uit bogenoemde inligting kan duidelik afgelei word dat hierdie nuwe Melgisédek-orde, met ons Koning en Hoëpriester as hoof, sal funksioneer as een groot Geestesmens, wat aanvanklik klein sal wees, waar dit aanvanklik op aarde sal bestaan uit 144 000 priesters en konings, maar gaandeweg groter en groter sal word, om vanuit die Nuwe Jerusalem te regeer oor die ganse vervalle skepping van Lucifer, totdat hierdie hele skepping weer volkome herstel is. Omdat die orde vanuit die hart sal funksioneer, is dit logies om af te lei dat die aarde ook die hart-posisie sal voorstel met betrekking tot die hele vervalle skepping van Lucifer. Dit is dan inderdaad ook so en sou `n mens meer hieroor wil weet, sal die boeke deur ons Meester, JaHWèshua, gedikteer aan Sy kneg, Jakob Lorber, van onskatbare waarde wees. Ek sal verskeie gedeeltes aanhaal, sodat u sal sien hoe ordelik hierdie hele herstelproses ontwerp is deur ons Almagtige en liefdevolle Vader. Dit is belangrik om te weet dat ons totale kosmos of heelal, bestaan uit ontelbare aantal afgeslote ruimtes, of anders gestel, groot afgeslote balle of sfere. In elke sfeer is daar `n ontelbare aantal sonne, planete en sterre, waarvan slegs ons heelalsfeer alleen vyf verskillende vlakke van sonne het, waarvan die grootste een (eerstevlak son) se Suidpool een triljoen maal een triljoen ligjare vanaf sy Noordpool is. Dis ongelooflik groot, en ons lewe maar in een van die miljarde vyfdevlak sonne se gebiede, dus onbeduidend ten opsigte van ons eie heelalsfeer. Nou, wanneer hierdie miljarde heelalsfere as `n geheel gesien kan word, dus as jy jouself so ver buite hierdie heelal sal bevind, dat jy hierdie oneindige groot sfere as klein ligpuntjies sal sien, vorm hierdie ontelbare klomp puntjies (heelalsfere) die buitelyn van `n mens, die groot gevalle engel, Lucifer. In die volgende beskrywing van ons Meester aan Sy kinders, waar hulle alreeds gesterf het en hulleself in die Nuwe Jerusalem bevind, waar hulle op`n balkon staan en met hulle geestesoë in die verre ruimte inkyk, verduidelik Hy hierdie groot verborgenheid as volg: Uit “Van die Hel tot die Hemel – Boek 2 Hoofstuk 301 deur Jakob Lorber” 301 Almal begewe hulle daarna redelik weetgierig na die tweede suidelike deur. Daar aangekom sê hulle almal: “Aha, hier is dit goed om na buite kyk, want hier Verskillende vlakke sonne in een heelalsfeer. Vyfde orde son of planetêre son Vierde orde son of planetêre middelson Derde orde son of gebiedsmiddelson Tweede orde son of hoër middelson Eerste orde son of hoofmiddeloerson het ons oë nie meer met so `n sterk lig te kampe nie. By die twee laaste sonne was dit gewoonweg net nie meer uit te hou nie! Die vraag is net, wat sien ons eintlik hier? Dit is `n swak glinsterende agtergrond, ongeveer soos op aarde, wanneer die melkweg glinster in `n helder somernag. Maar wat daaragter verborge mag wees, sou ons nou graag wil verneem, as dit U, liefdevolle Vader behaag.” - Ek sê: “Daarom is ons immers hier! Kom julle nou maar goed ver die balkon op, anders kan julle die beeld nie geheel oorsien nie. [2] Nou gaan almal tot aan die rand van die groot balkon. Robert oorsien eers die groot glansende beeld en sê: “Aller merkwaardigste! Dit is tog `n volmaakte mensegestalte! Die knieë ietwat gebuig. Die hande hang onverskillig na benede. En die hoof, iets vooroor geboë en voorsien van lang Absalom-hare, en lyk soos die van `n treurende in die bodemlose dieptes. Die lendene is maar nouliks met `n geskeurde voorskoot bedek. Kortliks, die hele gestalte maak `n weemoedige indruk op my! Die kolossale grootte sou iemand op die idee kon bring, dat dit die uiterlike vorm van die alom werkende gees uit U sou wees, o Meester. Maar die treurende gestalte sê vir my dat dit onmoontlik die geval kan wees. Ook sou daar in U gees, o Meester, lewe te bespeur moet wees, maar van so-iets is by hierdie kolossale gestalte geen spoor te ontdek nie. Hy lyk eintlik net soos `n fosforesserende beeld wat deur U almagtige asemtog, o Meester, aan die onmeetlike uitspansel geplaas is. Dit alles sal wel `n belangrike rede hê, wat behalwe U, sekerlik niemand sal ken nie. Meester, asseblief, verklaar die beeld vir ons!” [3] Ek sê: “Ek sal dit wel graag wil doen, maar jy het nog te veel ontsag vir materiële groottes en jy sou by die minste uitleg tog ietwat al te koorsig reageer. En dit sou My leed aandoen, om jou hier in My ryk siek te maak. Vra jou daarom af of jy die aller kolossaalste uit die ryk van die materie kan verdra; of jy dit wil aandurf. Dan sal Ek vir julle die beeld dadelik ietwat meer ontsluier.” [4] Robert sê: “Meester en Vader, vol hoogste liefde. Nou is alles reeds vir my om`t ewe. Ek is al vertroud met hierdie groot afmetings en my gemoed is daarom al behoorlik daarop ingestel. Nou verdra ek nog wel `n paar dosyn sulke heelalsfere waarin, wat my betref, tien -miljoenmaal tienmiljoen sonne mag sirkel soos hulle wil.” [5] Ek sê: “Nou goed, kyk dan goed en sê My wat jy nou sien.” Robert sê: “Ek sien nou hoe die hele reusagtige gestalte, wat nou lyk om byna alle dieptes van die eindelose ruimte op te vul, uit suiwer kleinste glinsterende, dig op mekaar gestrooide sandkorreltjies bestaan. Die aantal van hierdie glinsterende puntjies is kennelik oneindig of in elk geval tog so groot, dat geen geskape gees dit hom meer kan voorstel nie. Die hele gestalte lyk nou baie beter, want die glinstering verleen `n aparte majesteitlike glans aan hom. Maar die vraag is nou weer: Wat beteken dit alles?” [6] Ek sê: Wel nou, verneem dan almal die groot geheim! Hierdie mens in sy totale gestalte is die oergeskape gees, wat die Skrif Lucifer (ligdraer) noem. Hy is nog steeds in die volle besit van sy groot selfbewussyn, maar nie meer in die besit van sy oerkrag nie. Hy is gevang en geoordeel in al sy dele. Slegs een weg staan hom steeds vry en dit is die een na My Vaderhart. Vir elke ander weg is hy egter geoordeel en so goed as dood en kan geen voet en geen hand ook maar `n haarbreedte beweeg nie. [7] Dit wat vir jou soos glinsterende sandkorreltjies voorkom, is suiwer heelalsfere, waarin daar tienmiljoen maal, tienmiljoen sonne en bowendien nogeens miljoene maal meer planete, mane en komete hulle bevind. Die afstand van die een heelalsfeer tot `n ander bedra, ruweg gemeet, byna altyd miljoen maal die middellyn van `n heelalsfeer. Dat hulle hier so dig aaneengestrengel lyk, kom deur die groot afstand. Meer egter nog, deurdat jy ook op die agtergrond van die beeld die aanwesige heelalsfere sien en daardeur uiteindelik alle heelalsfere waaruit die hele liggaam opgebou is. Dit is ongeveer soos wat `n mens die sterrehemel vanaf die aarde sien: Vir die oog lyk hy ook soos `n gewelfde oppervlakte wat met dig aaneengestrengelde sterregroepe besaai is, terwyl in werklikheid twee dig bymekaar staande sterretjies hulleself dikwels eintlik agter mekaar bevind en verskeie triljoene myle van mekaar verwyder kan wees. Nou kan u sien dat dit hierdie groot gevalle Wêreldmens is wat weer opgerig moet word. Hierdie oneindige groot wese, wat bestaan uit miljarde sonne, planete en sterre, wat bykans almal bewoon word deur mense/wesens wat vasgevang sit in die gevalle heelal van materie, moet verlos word uit hulle tronke van materie en moet oorgaan tot ewiglewende gees. As ons dierbare Verlosser nie gekom het nie, sou hierdie groot gevalle Wêreldmens nooit weer kon lewe nie en sou almal in hierdie gevalle heelal tot niet gegaan het. Hierdie heelal sou dan oneindig ver in die oneindige niks gewerp word, ver weg van die sentrum van ons Vader in die hemel, sodat hy (Lucifer) nooit ooit weer iemand sou kon besoedel nie. Dank Vader vir Sy groot liefde, wat ons arme skepsele in hierdie groot vervalle ryk kom haal het, deur die ongelooflike groot verlossingsplan van JaHWèshua wat vir ons kom sterf het op Golgota. Omdat slegs een derde van hierdie heelal se wesens agter Lucifer aangeloop het en hom as Godheid aanbid het, was daar nog tweederdes wat dit nie gedoen het nie, en wat getrou aan ons Hemelse Vader gebly het. Maar vanweë hulle posisie in hierdie groot heelalmens, kon hulle ook nie hier uitkom nie, en het hulle ook die ewige dood in die gesig gestaar. Hulle het nie sonde gedoen nie, maar het nou sonde geken, vanweë hulle hoof en sy een derde volgelinge wat gesondig het teen die ewige Liefdesorde van JaHWeH. Deur die groot verlossingsplan te Golgota, het nie net hierdie tweederde die kans op redding gekry nie, maar ook die ander derde wat gerebelleer het, het `n geleentheid verkry om om te draai en deur die verlossingsbloed wat te Golgota gestort is, gered te word. Dit word vervat in die gelykenis van die verlore seun in die Skrif in Lukas 15:11. Gaan lees dit weer, met hierdie verhaal in gedagte, en u sal sien wie is die verlore seun, en wie is die seun wat by die Vader gebly het. Ook is die sondeval in die eerste skeppingsverhaal, die verhaal van Adam en Eva, met hulle eerste twee seuns, `n afbeelding van hierdie groot val van die Wêreldmens, Lucifer. Adam en Eva stel hier, deur hul val in die sonde, die val van Lucifer en sy vroulike gees, Satana voor. Net soos wat hulle na die sondeval uit die suiwer paradys uitgedryf is, so is die hele heelal, die Wêreldmens, genaamd Lucifer, uit die koninkryk van JaHWeH verban. Die een goeie seun, Abel, stel die tweederdes kinders voor wat nie gerebelleer het nie. Kain, die moordenaar, stel die eenderde rebelle voor. So vermoor Kain, die eenderde rebelle dus die tweederde wat getrou gebly het aan JaHWeH. Dit is primêr vir hulle wat ons Verlosser gekom het, alhoewel die Kaingedeelte ook berou kon toon, en deur die verlossing te Golgota, die ewige ryk van die lig binnetree. Ons sal nou verder kyk waarom ons planeet aarde gekies is om die Melgisédek-orde op te vestig, en waarom ons Meester hierdie planeet uitgekies het vir Sy groot verlossingsplan, waar uiteindelik, die ganse heelal gered sal word, elke lewende wese die potensiaal sal ontvang om vanuit sy vasgevangde posisie in die materie van die groot Wêreldmens, oor te gaan na `n ewiglewende geesteslewe. Dit moet ook hier genoem word dat materie niks anders is as gees wat deur die wil van ons Vader vasgehou word nie. Omdat alles uit vibrerende atome, neutrone en elektrone bestaan, is niks eintlik star nie. Die krag van JaHWeH hou alle materie in gevangenskap. Dit is primêr omdat Lucifer sy hart verhard het teenoor die Liefde van die Vader, en die Vader hom (Lucifer) toe verhard het, oftewel in materie verander het, synde die ontelbare klomp heelalsfere met hul sonne, planete en sterre. Daar was `n baie belangrike rede hiervoor, maar wat hierdie boek nie nou sal behandel nie. Kom ons kyk hoekom die aarde gekies is vir hierdie groot verlossingsdaad. Die volgende aanhalings kom uit die Groot Johannes Evangelie Boek 8 – Hoofstukke 56 en 57 Die besondere plek van die aarde in die totale val van Lucifer 56 ..... [2] Wel nou, toe ek my gedagtes daaroor laat gaan, kom die vraag in my hart op, hoe en om watter rede U, o Meester, juis op hierdie, en in alle opsigte skamel aarde hom beklee het met `n menslike liggaam soos die mens dit ook op hierdie aarde het, aangesien daar vir U, vir hierdie doel, tog tallose miljarde van die pragtigste en grootste sonwêrelde ter beskikking staan. Wil U nie vir ons ook daaroor nog enige, en vir ons Romeine `n begryplike, opheldering gee nie?” [3] Ek sê: “O ja, - alhoewel Ek by die ontsluiering van die materiële skepping, met name by die beskrywing en duidelike verklaring van die ordening van die sonne in `n hulssfeer en daarna van die gehele groot Skeppingsmens, julle almal daarop gewys het hoe en waarom Ek juis op hierdie aarde en ook juis in hierdie tyd Myself met `n liggaam beklee het; maar ook as Ek dit vir julle opnuut sou uitlê, sal julle dit tog nie heeltemal tot op die bodem kan begryp nie, solank julle nog nie self in die gees wedergebore is nie. Maar desondanks sal Ek julle tog `n klein aanwysing daaroor gee, omdat Ek voorsien dat juis hierdie punt, onder die toekomstige filosowe en godgeleerdes, `n baie belangrike strydvraag kan en ook sal word. Luister dus nog `n keer na My! [4] Die eintlike rede is natuurlik geleë in My wysheid en My wil. Dat elke mens net soos elke warmbloedige dier `n hart het, waar sy liggaamlike lewe van afhanklik is, sal julle almal goed weet, maar hoe die hart opgebou is, weet julle nie; Ek weet dit egter baie goed en weet daarom ook wat dit is waardeur die hart leef. [5] In die hart is daar twee uiterste klein kamertjies, wat ooreenkom met beide die groot bloedkamers. Voor julle oë sou hierdie twee kamertjies byna as baie klein puntjies sigbaar wees. Hoe klein hierdie puntjies egter ookal mag wees, tog hang in die eerste plek, die lewe van die hart en daardeur ook die lewe van die hele liggaam en al die tallose dele en organe van die inrigting daarvan af. [6] Die een, eerste, en as gevolg daarvan, allerbelangrikste kamertjie, kom ooreen met wat van die gees is en derhalwe van wat die eintlike lewe is, en ons sal dit die “bevestigende”, die “positiewe” en dus die ware noem. Die tweede, en in `n sekere sin minder belangrike, hoewel ook absoluut noodsaaklik vir die natuurlike lewe van die liggaam, sal ons met die materie ooreenkomstige, dus ook die “ontkennende” noem. Dit het op sigself geen lewe nie, maar is slegs `n opnamehouer van die lewe wat met elke nuwe hartslag uit die bevestigende kamertjie as`t ware opnuut opneem en dit vervolgens via die bloed aan die hele liggaam meedeel. [7] Uit die maklike te verstane beeld kan julle nou goed aflei van watter aard die hart in sy bestaansgrond is en moet wees, om aan die hele liggaam lewe te kan verskaf. Dat die hart bowendien nog `n baie uitgebreide, buitengewone kunstige en uiterste wyse organiesemeganiese werking het en moet hê vir die verdere oordra van die lewe wat daarin ontwikkel, dit spreek ook sonder verdere verklaring vanself; want wanneer iets verder gebring moet word, moet vir die doel ook goeie gebaande weë bestaan en die middele om dit oor te bring moet aanwesig wees. Vir die beligting van ons onderwerp, het ons egter vernaamlik alleen die twee kamertjies nodig, en daarvan eintlik alleen die bevestigende positiewe kamertjie.” Ooreenkoms tussen die mikro‐kosmos en die makro‐kosmos. Die redes vir die menswording van die Meester op hierdie aarde 57 (Die Meester:) “Kyk, soos elke mens in die kleine ook ten behoewe van sy kort liggaamlike proeflewe op `n bepaalde manier ingerig is, so is die hele Groot Skeppingsmens ook in sy algehele omvang op ooreenkomstige wyse ingerig! [2] Nou moet julle bedink dat hierdie hulssfeer, waarin hierdie aarde, met die maan, die son en alle ontelbaar baie ander sonne en hemel-liggame hulleself bevind, by die inrigting van die hart van die Groot Skeppingsmens hoort, en dat hierdie son, met die planete wat om haar heen sirkel, die “bevestigende, positiewe kamertjie” voorstel, en dat binne die lewenskamertjie juis deur hierdie aarde, op ooreenkomstige wyse, in die eintlike geestelike basisstof van die lewe voorsien word - iets waarvan `n wêreldse geleerde wel nooit die hoe en waarom sal kan insien nie. Maar Ek, as Skepper van die oneindigheid uit Myself, weet dit en kan julle dus ook sê hoe dit hiermee gestel is. [3] Ek is egter van ewigheid die grondslag van al die lewe en al wat bestaan, en is derhalwe ook die oerbevestigende, positiewe lewenskamer in die ewige lewenshart van die oneindigheid. [4] Toe Ek dus volgens My Liefde, Wysheid en Orde in Myself besluit het om My in die liggaam van `n mens te klee, kon Ek dit, in ooreenstemming met die ewige orde in die Groot Skeppingsmens, immers ook maar net realiseer het op die punt dat, ook al is dit uit My geskape, dit volkome met My Oerwese moet ooreenkom. [5] Daarmee is weliswaar nie gesê dat waar hierdie aarde, waarop ons nou is, die eintlike sentrale positiewe punt sou moet voorstel nie. Dit sou ook `n ander aarde (planeet) kan wees wat by hierdie son hoort, en daar was ook al `n ander daarvoor bestem; maar die bewoners daarvan het hulle nog baie onwaardiger gedra as die bewoners van hierdie aarde nou, en daarom was daardie aarde verwerp en saam met haar bewoners verwoes. [6] Omdat hierdie aarde nou sedert die tyd van Adam daartoe uitverkore was, en Ek op haar bodem nou die liggaamlik-menslike aangeneem het, sal sy dit ook bly tot aan die einde van die tyd van die geoordeelde geeste in alle materie, en julle sal in die gees ook diegene bly wat die oorspronklike lewe uit My in alle oneindigheid en ewigheid sal uitdra, en om die rede My ware kinders wees. [7] Kyk, so is nou baie in kort en so helder as moontlik vir julle die rede uiteengesit, waarom Ek maar net op hierdie aarde en op geen ander aarde (planeet), hoe groot of volmaak ookal, uit suiwer liefde vir diegene wat nou My kinders is, die liggaamlike menslike bestaan kon aanneem nie! [8] Daar is egter naas hierdie vernaamste rede ook nog ander redes, wat My wil saam bepaal het in ooreenstemming met die ewige orde. Maar hierdie bykomende redes is tog slegs die noodsaaklike gevolge van die eintlike hoofredes en ons hoef dit dus nie afsonderlik te belig nie. [9] Een dergelike rede is byvoorbeeld die algehele verdeemoediging en vernedering, waarsonder ook `n hoër gees hom nie met die vlees van die lewensproef kan beklee en vervolgens weer in die mees vrye en selfstandige lewe kan oorgaan of terugkeer nie; en ook dit weerspieël hierdie aarde. [10] Die bevestigende, positiewe lewenskamertjie in die hart is onder die liggaamsdele seker ook die mees onaansienlikste deeltjie van die hele liggaam; dit is duister en word nooit deur die strale van die son verlig en word selfs deur die mense, aan wie dit tog lewe verskaf, glad nie geken en gewaardeer nie. Ja, wanneer mens daaroor sou spreek voor die wêreldse geleerdes, dan sou hulle hulle skouers ophaal en sê: “Hoe is dit nou moontlik dat die magtige, algemene lewe van `n mens afhang van `n nouliks sigbare klein puntjie?!” Daaruit blyk tog wel duidelik dat selfs die grootste geleerdes, laat staan nog ander gewone mense, hulle eie bestaansgrond nie in die minste ken nie. [11] En tog moet elke mens wat homself en God werklik wil leer ken, die uiterste onaansienlike lewenskamertjie van sy hart langs die weg van uiterste deemoed en volgsaamheid binnegaan en die daaruit ontvangde lewe weer geestelik teruggee! Wanneer `n mens dit doen, maak hy die lewenskamertjie groter en verlig hy dit deur en deur. En as dit gebeur het, word die hele hart en, vanuit die hart, die hele mens verlig en ken hy homself en daardeur ook vir God, omdat hy dan eers kan gewaarword en kan sien hoe die lewe vanuit God die kamertjie binnestroom, dit daar versamel en hom tot `n vrye, selfstandige lewe ontwikkel. [12] In die kamertjie woon derhalwe die eintlike gees uit God, en as die siel van die mens die kamertjie deur die regte deemoed en volgsaamheid binnegaan, soos die liefde van die egte mens ook die ewige, ongeskape liefde van God binnegaan, dan verenig die siel haar daardeur met die ewige gees uit God en verenig hierdie gees hom met die geskape siel, en dit is dan die wedergeboorte van die siel in die gees uit God. [13] Soos `n egte mens dit ook moet doen om in homself die volle heerlikheid van die lewe binne te gaan, so het Ek dit nou ook Self gedoen om julle `n ware voorbeeld en `n baie betroubare wegwyser in die Groot Skeppingsmens te gee, en het Ek op die aarde gekom omdat dit, soos ook reeds gesê, volgens My ewige orde met die bevestigende, positiewe kamertjie ooreenstem, om so tot My eie en daardeur ook julle grootste heerlikheid binne te gaan in die volledige mag in die hemel en op alle aarde. [14] Weliswaar was Ek reeds van ewigheid in Myself in die besit van alle mag en heerlikheid, maar tog was Ek vir geen enkele geskape wese `n sigbare en `n tasbare God nie, ook nie vir die mees volmaakte engel nie. As Ek My tot op sekere vlak sigbaar wou maak vir iemand soos Abraham, Isak en Jakob, dan het dit gebeur deurdat Ek `n engel (eerste Melgisédek) spesiaal sodanig vervul het met die gees van My wil, dat hy op bepaalde oomblikke My persoonlikheid voorgestel het. Maar van nou af aan het Ek vir alle mense en engele `n sigbare God (Ewige Melgisédek Priester) geword en het Ek vir hulle die grondslag gelê vir `n totaal volmaakte, ewig en selfstandige vrye en as gevolg daarvan ware lewe; en daaruit bestaan dan ook My eie groter verheerliking en daarmee ook die van julle. [15] Want hoe kon selfs die mees volmaakte engele en ook die vroomste mense van hierdie en alle ander aardes (planete) die God, wat hulle nooit gesien het en daarom ook nooit begryp het nie, in waarheid verheerlik deur `n ware en lewende liefde vir Hom? Want daar word altyd gesê: Niemand kan God sien en daarby die lewe behou nie; want die suiwer Godheid is in Homself `n verterende, ewige vuur!” Die vuur is nou in My bedek en getemper deur die liggaam van My, en nou geld nie meer: Niemand kan God sien en lewe nie!”, maar: “Van nou af aan sal elke engel en mens God kan sien en lewe; en wie God nie sal sien nie, sal `n baie ellendige en `n geoordeelde lewe hê!” Hiermee sien ons waarom die JaHWèshua as Melgisédek Priester Homself in vlees moes kom omhul. Nou kan ons die onsienlike en allergrote JaHWeH sien met ons oë, aan Hom vat, saam met Hom eet en gesels, en nie sterwe nie. [16] Wat Ek julle nou gesê en getoon het, is sodoende sekerlik ook `n belangrike bykomende rede waarom Ek slegs op hierdie aarde, die menslike vlees aangeneem het. [17] Soos julle ook nou uit hierdie beskrywing sonder meer duidelik moes begryp het, waarom Ek op hierdie en geen ander aarde die menslike vlees kon aanneem nie, sal julle ook die volgende nog helder kan begryp en insien. [18] Julle het gesien hoedat `n bepaalde uiters onaansienlike bevestigende, positiewe lewenskamertjie van die hart as die eintlike grondbeginsel van die lewe van die mens ook as enigste in staat is tot die helderste en mees ware intelligensie, en derhalwe reeds in homself die lig, die waarheid en die lewe is. So is dit ook gestel met die mense van hierdie aarde. Oorspronklik is hulle ten opsigte van die mense van ander aardes ook baie onaansienlik, blind, duister, klein, swak en magteloos; die geeste van ander hemelligame ken hulle eintlik nie, soos die mens van hierdie aarde homself uiteindelik ook nie ken nie. Maar in die verborge innerlike kern van hulle lewe is hulle vanuit My die fundamentele lewenspunt van die gehele Groot Skeppingsmens en kan vanuit hulleself dan ook baie hoë lewenskapasiteite ontwikkel, wat by die mens van ander aardes slegs in `n baie eensydige en ondergeskikte graad voorkom. Daarom kan slegs mense wat die vleespad op hierdie planeet aarde geneem het en die toets geslaag het, geroep word as kinders van die Allerhoogste, wat niks anders is as opneming in die Melgisédek-orde nie. [19] Kragtens sulke baie hoë en goddelike kapasiteite van die mens van hierdie aarde, waartoe ook veral, `n goeie geartikuleerde uiterlike en innerlike taal, die skryfkuns en rekenkunde en nog baie ander dinge behoort, is hulle dan ook as enigste in staat om die geopenbaarde woord uit God se mond, byvoorbeeld eers in die uiterlike betekenis van letters of beelde, en van daaruit vervolgens ook in die ware geestelike sin en ten slotte ook in die diepste sin van die hemelse lewe te verneem. [20] Die vermoë is iets onskatbaar groots en voortreflik, soos ook die lewe- en intelligensievermoëns van die bevestigende, positiewe lewenskamertjie van die hart, wat die onskatbare volmaaktste en edelste deel van die hele mens is. En ook weer daarom, kon Ek alleen maar by julle op hierdie aarde kom en by niemand anders op `n ander aarde nie. [21] Kyk, dit is dan weer so `n rede waarom Ek alleen op hierdie aarde die menslike vlees kon aangeneem het! En dit is dan so die vernaamste redes vir My menswording op hierdie aarde. [22] En dink nou tog daaroor na, en gee dan julle mening oor hoe julle dit nou begryp het!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205