DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE BLOED VAN DIE MELGISÉDEK ARK VAL OP DIE VERBONDSARK VAN DIE LEVITIESE ORDE 14 Hiermee sien u dus die belangrikheid van ons aarde, as niksbeduidende planeet in die heelal, as lewenskamertjie waaruit die lewe van die Groot Skeppingsmens moes voortkom. Die lewenskamertjie of lewenspuntjie van die hart stel die aarde voor, en die puntjie van die puntjie sal die koppie Golgota wees, waar die lewe geskep is deur die grootste verlossingsdaad ooit. Dit is ook hier waar die Meester Sy bloed vir die sonde van die ganse gevalle heelal gestort het, wat deur die kraak in die koppie, waar Sy kruis geplant was, geloop het en in `n grotkamer beland het en gestort is bo-op die versoendeksel van die verbondsark, wat 600 jaar tevore hier verberg is deur Jeremia (1 Makkabeërs 2:4-8). Hierdie ongelooflike verhaal kan u gaan opsoek op die Internet deur die naam, Ron Wyatt in te lees op u soekenjin, wat die geoloog was wat hierdie ongelooflike ontdekking gemaak het, maar wat vir die grootste deel van die wêreld verborge gehou is. (sien skets hiernaas) So het die Lewende Verbondsark, JaHWèshua Homself, finaal die ou Levitiese orde afgehandel, deur Sy bloed te stort vir ons op die Versoen-deksel en geen dierebloed kon ooit weer op hierdie Versoendeksel gesprinkel word nadat Sy bloed daarop beland het nie. Dit is verstaanbaar dat die Jode (slangsaad van Lucifer) hierdie daad moet verdoesel, want hulle vals messias (Antichris) sal vanuit `n nuutopgerigte tempel in Jerusalem regeer, en heel moontlik gebruik maak van `n replika verbondsark. Ook wil die vals Christendom nie veel weet van hierdie verhaal nie, want as Sy bloed op die versoendeksel van die Verbondsark geval het, is die kindskap en verlossing mos net vir Israel alleen, want slegs Israel was onder die Levitiese orde se wette. Verwysend na ons vorige gedeelte oor Hebreërs 8, is die Melgisédek koning en priesterorde wetlik gegrond, vir Israel alleen. Die skets toon duidelik hoedat die bloed van JaWèshua teen die folterpaal af, deur die kraak, op die Verbondsark se versoendeksel geval het

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205