DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE NEERDALING VAN DIE NUWE JERUSALEM 16 Hierdie gedeelte in die Skrif is al soveel male bespreek en aangehaal, maar wat bedoel die Vader werklik met hierdie neerdaling van die Nuwe Jerusalem. Dit is van groot belang vir ons studie van die Melgisédek-orde, want uit ons voorafgaande gedeeltes, sien ons dat 144 000 Israeliete die eerstelinge van hierdie orde is. Ook sien ons in Openbaring 21:12 dat die stad wat neergedaal het, 12 poorte het met poorte wat die name van die twaalf stamme van Israel daarop. Ook is daar `n muur (vers 17) wat 144 voorarm (el) hoog is, wat ook die maat van `n adamiet (blanke) en `n boodskapper (engel) is. Hierdie 144 el sal verseker verband hou met die getal van 144 000 eerstelinge. Ons kan dus hieruit aflei dat hierdie 144 000 eerstelinge dus die muur oftewel grens vorm van die Nuwe Jerusalem, met die 12 Apostels as fondamente (vers14). Ons weet uit ons voorafgaande studie dat al 144 000 wedergebore sal wees, dus almal op die berg Sion, die hoogste vorm van geestelike groei wat op aarde bereik kan word. Die Berg Sion is dus die muur. Elke een wat die stad wil binnegaan, sal deur `n poort moet inkom, slegs as hy `n Israeliet is en staan op die fondament van die leer van JaHWèshua. Die muur stel dus die skeiding voor tussen die geestelike (binne die stad) en die materiële (buite die stad). Dus sal die 144 000 Melgisédek priesters `n vermoë besit om in die materiële skepping (buite) te werk, en ook sal hulle terselfdertyd in die geestelike sfere (binne) kan werk. Hulle is dus in der waarheid, `n oorgangsorde, `n fasiliteringsorde, gebou op die leer van die gebooie van ons Meester, gerig daarop om Israeliete wat in die materie/leuen/dwaling vassit, te bring na die volle waarheid, wat slegs binne die geestesfeer bestaan. Kom ons lees wat in die Groot Johannes Evangelie – Boek 6 Hoofstuk 13 staan. Bewyse uit die Nuwe Openbaring Die nuwe ster en die nuwe Jerusalem. Die voorwaarde vir die ewige lewe 13 Toe vra LASARUS: “Meester, dit is `n onbekende ster, wat ek nog nooit voorheen gesien het nie! Wat se ster is dit en wat beteken dit?” [2] EK sê: “Wees jy maar net rustig, want julle sal almal hierdie ster dadelik van naderby leer ken!” [3] Daarop het Ek vir alle aanwesiges vir enkele oomblikke hul innerlike gesig geopen en die ster het `n wêreld vol lig geword en in die middel daarvan het `n nuwe Jerusalem gestaan, wat twaalf poorte gehad het en die ringmure, wat `n vierkant gevorm het, was uit eweveel soorte edelstene gebou soos wat daar poorte in die stad was. Deur alle poorte het engele in- en uitgegaan; ook was Moses en EliJaH weer aanwesig met nog talle ander profete. Die Judeërs het hulle uitermate daaroor verbaas en het begin om My te loof en te prys omdat Ek aan hulle die groot barmhartigheid bewys het om hulle dit te laat sien. Maar Ek het hulle weer in hulle natuurlike toestand teruggeroep en toe het hulle maar net weer die helder ster gesien, wat steeds kleiner geword en uiteindelik heeltemal verdwyn het. [4] Toe die hele skouspel ten einde was, het byna almal tegelyk vir My gevra wat dit nou was. [5] EK sê: “Daar was My nuwe leer te sien, wat Ek uit die hemele aan julle gee. Dit is die ware, nuwe Jerusalem uit die hemele; want die ou, aardse het geen waarde meer nie. Die twaalf poorte dui op die twaalf egte stamme van Israel en die twaalf soorte edelstene van die ringmure dui op die tien gebooie van Moses en die boonste twee rye uit diamant en robyn dui op My twee gebooie van die liefde vir God en die naaste. Die engele wat by die poorte uit- en ingaan, dui op die talle waarhede wat vir die mense duidelik word deur My leer getrou in ag te neem. Diegene wat uit die stad uit gaan, gee die groot wysheid weer van My leer en die talle mense wat in die stad ingaan, gee weer hoe die mense hierdie leer van My as pure liefde ook in hulle harte moet laat kom en daarvolgens moet handel, dan sal hulle daardeur tot die ware, geestelike wedergeboorte kom en daardeur in alle waarheid en wysheid binnegelei word. [6] Dit is die betekenis van hierdie gesig en dit is dan ook die ware barmhartigheidson vir elkeen wat My woord hoor en daarvolgens leef en daarin sal ook almal wat nou en later in My glo, vir ewig by My wees en by My woon en saam met My alles bestuur en lei wat in die ewige ruimte geskape is. (die Melgisédek-orde) Die uitleg van die derde ligverskynsel Nog `n verdere bewys dat die Nuwe Jerusalem `n nuwe leer gaan wees, want eintlik die ou leer was, vind ons in die Groot Johannes Evangelie – Boek 7 Hoofstuk 54. Hier wys die Messias in `n gesig aan die mense hoe die Nuwe Jerusalem vanuit die hemel gaan neerdaal. 54 Nikodemus sê: “Majesteit en Meester, dit begryp ek nou en ek dank U uit die diepte van my hart vir hierdie baie belangrike lering! Maar omdat U ons nou die twee ligverskynsels uitgelê het, wil ek U vra om vir ons ook nog die derde verskynsel uit te lê; want daar moet iets baie besonders daarin verborge wees.” [2] Ek sê: “Ja, ja, Ek sal wel die derde verskynsel vir julle uitlê, maar julle sal dit nie goed begryp nie; want wat die verre toekoms nog sal bring, sal julle eers duideliker insien wanneer julle in die gees wedergebore is. Maar Ek sal tog iets daaroor vertel, luister dus! [3] Die ligpilaar wat uit die hemel na aarde teruggekeer het, is Ek in die gees van My lewende woord, wat Ek in die toekoms in die harte van die mense sal lê wat My liefhet en aan hulle wat My gebooie sal hou; na hulle sal Ek Self kom en aan hulle sal Ek My openbaar. En so sal hulle almal opnuut deur God onderrig word. [4] Dat die pilaar in talloos baie dele uiteengaan, beteken dat die innerlike, geestelike betekenis van al My woorde en leringe onthul sal word, wat Ek sedert die begin van die menslike geslag aan die mense by monde van die aartsvaders, die profete en sieners en nou Self gegee het. [5] Uit al die vele gedeeltelike onthullings van die innerlike, geestelike betekenis van God se woord sal daar uiteindelik `n ware en groot lig- en lewensleer ontstaan, en hierdie leer sal dan die groot en nuwe Jerusalem wees, wat uit die hemel na die mense sal neerdaal. En wie in die nuwe leer sal wees en lewe, sal in die nuwe Jerusalem wandel en ewig daar woon, en aan hulle grenslose salighede sal nooit `n einde kom nie. Want Ekself sal by hulle wees en hulle sal die tallose heerlikhede van My Liefde, Wysheid en Almag aanskou. [6] Daar sal egter vanaf die ondergang van hierdie ou stad Jerusalem tot by die tyd waarop die nuwe stad van God na die aarde toe kom, weinig lig by die mense op aarde wees; want daar sal maar al te gou `n groot aantal valse profete en priesters in My Naam opstaan en valse wonders verrig en die mense mislei en blind maak. Ja, die Antichris sal sulke dinge met die hulp van die aardse konings doen, dat selfs My uitverkorenes, as Ek dit sou toelaat, verlei sou word om hulle knieë te buig vir die nuwe Baäl. Dan sal Ek weer `n tyd van groot nood onder die mense laat aanbreek, soos wat daar nog nooit vroeër onder die son voorgekom het nie. Dan sal Baäl netsoos die groot hoer van Babel terneergewerp word, en die lig van die lewende woord in die harte van vele mense sal dan skyn en sal die mense wat gebuk gaan onder hierdie nood, oprig en verlos, en hulle sal hulle almal verheug in die nuwe lig en My Naam loof en prys. [7] In die tyd sal die mense dikwels omgang hê met die rein geeste uit My hemel, wat hulle leraars sal wees en hulle sal onderrig in alle geheime van die ewige lewe in God, netsoos dit in die derde verskynsel aan julle getoon was deurdat daar mense deur die twaalf poorte in- en uitgegaan het. In die Groot Johannes Evangelie – Boek 9 Hoofstuk 90 vind ons die volgende bevestiging wat nou besig is om te gebeur in Suid-Afrika ons Vader se toegewyde kinders. Oor die nuwe tyd 90 Eén van die sogenaamde Judese Grieke sê: “Majesteit en Meester, sal daar by U tweede koms op hierdie aarde ook `n leer aan die mense gegee word? As U weer met hierdie leer by hulle sal aankom, sal hulle immers ook sê: “O, gaan tog weg met die leer, wat soveel onheil op aarde aangerig het!" [2] Ek sê: “Vriend, die leer wat Ek julle nou gee, is God se Woord en bly ewig, en daarom sal die mense, waaroor ons nou gesels, ook slegs hierdie leer van My kry, wat julle van My ontvang het; maar in die tyd sal dit nie vir hulle in verhulde vorm nie, maar volledig onthul volgens sy hemelse en geestelike betekenis, gegee word, en daaruit sal die nuwe Jerusalem bestaan wat uit die hemele na hierdie aarde sal neerdaal. In die lig daarvan sal dit vir die mense eers duidelik word hoe erg hulle voorgangers deur die valse profete om die bos gelei en bedrieg is, netsoos nou die Judeërs deur die fariseërs. [3] Die skuld van al die vele onheil op aarde sal hulle dan nie meer aan My en My leer in die skoene skuif nie, maar die uiters selfsugtige en heerssugtige valse leraars en profete, wie se mentaliteit hulle in die lig van hulle wetenskappe en vele vaardighede maar al te presies sal deursien het. [4] Wanneer die baie helder lig van die nuwe Jerusalem oor die hele aarde sal skyn, sal die leuenaars en bedrieërs volledig ontmasker word en sal hulle die loon vir hulle werk gegee word. Hoe hoër iemand van hulle meen te staan, des te dieper sal sy val ook wees. Behoed julle daarom nou al vir die valse profete! Het julle dit nou ook begryp?” Dit is dus duidelik bevestig dat die Nuwe Jerusalem `n leer is wat na ons toe sal kom en nie `n fisiese stad nie. Die simboliek in Openbaring 21 is in verhulde vorm gegee, en wel as `n gelykenis, sodat sommige dit nie sal verstaan en gered word nie (Markus 4:12). Dit is dan ook die simboliek van “Hy sal kom op die wolke”, wat slegs beteken dat Hy in verhulde of versluierde vorm sal kom, deur middel van die innerlike woord in ons harte. Diegene wat die innerlike stem hoor en gehoor het, is hulle wat die leer ontvang en oordra aan ons ander. So vind die leer dan ingang in ons harte en ons word in staat gestel om die dwaalleringe uit die Bybel, deur vertaling ensovoorts raak te sien, en begin dan eers die woord in sy volle betekenis verstaan. Die eerste reeks profete was dan inderdaad Jakob Lorber en sy tydgenote, ook Bertha Dudde en nou in 2007 verskeie Boere profetesse en profete. Hierdie leer van ons Meester JaHWèshua is nou lewend en maak harte lewend. Kyk hoe mooi staan dit geskryf in die boek Openbaring 21:5-7: Bewyse uit Openbaring 21 5 En Hy wat op die Troon sit, het gesê: KYK, EK MAAK ALLES NUUT. (Die Wedergeboorte van die Melgisédek-orde) En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie Woorde is waar en betroubaar. 6 En Hy het vir my gesê: DIT IS VERBY! Ek [is] die Alef [a] en die Taw [T], die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die Fontein van die water van die lewe, (dit is die Nuwe Leer) verniet. [Odes van Salomo 30:1] 7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe;(belofte van die Melgisédek-orde) en Ek sal vir hom ’n Elohim wees, en hy sal vir My ’n seun wees. Dit is die begin van die lewende muur van die Nuwe Jerusalem wat nou gebou word. Hoe opwindend dat dit nou in ons tyd plaasvind! Ons word dus deur die Nuwe Leer of Woord omvorm tot nuwe mense, oftewel word ons wedergebore en ons word self Woord. Die Woord word dus in ons herbore. Ons kan dit dan vergelyk met die geboorte van `n klein seuntjie, `n klein Woord. Dit bring ons dus by die volgende deel van die Boek Openbaring in die Skrif naamlik Openbaring 5: Bewyse uit Openbaring 5 5 EN ek het in die Regterhand van Hom wat op die Troon sit, ’n Boekrol (Die Nuwe Leer) gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël (Verseël deur die Liefde Self). [Openbaring van Henog 13:56] 2 En ek het ’n sterk Boodskapper gesien wat met ’n groot stem uitroep: Wie is waardig om die Boekrol oop te maak en sy seëls te breek? 3 En niemand in die Hemele of op die Aarde of onder die Aarde kon die Boekrol oopmaak of daarin kyk nie. (Was verborge vir bykans 2000 jaar) 4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die Boekrol oop te maak en te lees of daarin te kyk nie. 5 Toe sê een van die oudstes vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van JeHûWdah is, die Wortel van Dawid, het oorwin om die Boekrol oop te maak en sy sewe seëls te breek. [JeshaJaH 11:10; DaniEl 7:13; 2 Ezra 6:20] 6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die Troon en die vier lewende Wesens en in die midde van die oudstes staan daar ’n Lam asof Hy doodgebloei is, met sewe Horings en sewe Oë, wat die sewe Geeste van Elohim is wat uitgestuur is oor die hele Aarde. [2 Makkabeërs 12:22; Psalm 82:1] 7 Hy het gekom en die Boekrol geneem uit die Regterhand van Hom wat op die Troon sit; 8 en toe Hy die Boekrol neem, val die vier lewende Wesens en die vier-en-twintig oudstes voor die Lam neer, elkeen met siters en goue bekers vol reukwerk, wat die gebede van die Apartes is. 9 Toe sing hulle ’n nuwe lied en sê: U is waardig om die Boekrol te neem en sy seëls oop te maak, want U is doodgebloei en het ons vir Elohim met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, [JeshaJaH 53:7] 10 en het ons konings en priesters vir onse Elohey gemaak, (Die oprigting van die Melgisédek-orde) en ons sal as konings op die Aarde heers. Hierdie boeke was vir bykans 2000 jaar verseël, en ongeveer 170 jaar gelede het die seëls van die verborge waarheid een na die ander begin afkom. Slegs die Messias Self is waardig om die boeke in jou gees te open, sodat jy hierdie kennis kan inneem en wedergebore word. Dan sing jy `n nuwe lied en niemand wat nie hierdie boeke onder oë gehad het nie, kan saam met jou praat en jubel nie. Hulle verstaan nie, en is nog self blind. Koningskap en Priesterskap van die Melgisédek-orde is dus direk gekoppel aan die nuwe leer wat uit die hemele neergedaal het, dus die Nuwe Jerusalem. Hier is `n groot verborgenheid. As jy die Nuwe leer verwerp, kan jy nie `n Melgisédek priester en koning word nie, so eenvoudig as dit. `n Verdere bevestiging hiervan vind ons in Openbaring 10 en wel in die verhaal van die boekie wat Johannes moes eet. Bewyse uit Openbaring 10 10 EN ek het ’n ander sterk Boodskapper uit die Hemele sien neerdaal, bekleed met die Wolkkolom, en ’n reënboog was oor Sy hoof, en Sy aangesig was soos die son, en Sy voete soos pilare van vuur; 2 en in Sy Hand het Hy ’n geopende Boekie gehad, en Hy het Sy regtervoet op die see gesit en Sy linkervoet op die land; Dit is nie toevallig dat die gedikteerde Nuwe openbaring aan Jakob Lorber deur die Vader genoem word die “Groot Johannes Evangelie” nie. Dit is die geopende Boekie wat Johannes verborge moes hou tot aan die einde, in 1740, toe dit gedikteer was aan Lorber. Daarna sou sewe profete (sewe donderslae) begin praat, maar dit moes ook verseël gebly het tot die einde. Sien volgende twee verse. 3 en Hy het met ’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe Hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor. [Boekrol van Henog 20:2] 4 En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ’n Stem uit die Hemele vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie. 5 En die Boodskapper wat ek op die see en op die land sien staan het, het Sy hand na die Hemele opgehef, 6 en Hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die Hemele geskape het en wat daarin is, en die Aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is dat daar geen tyd meer sal wees nie; 7 maar in die dae van die stem van die sewende Boodskapper, wanneer Hy begin blaas, dan is die verborgenheid van Elohim volbring, soos Hy die goeie nuus verkondig het aan Sy diensknegte, die Profete. 8 En die Stem wat ek uit die Hemele gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die Boodskapper wat op die see en land staan. 9 En ek het na die Boodskapper gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê Hy vir my: Neem en eet haar op, en sy sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal sy soet wees soos heuning. [JeségiEl 3:1] Nou aan die einde van die tyd, word hierdie profesieë geopen en ons neem dit in, eet dit geestelik en dit is wonderlik om te lees, maar sodra die woord in ons geestelike mae beland en ons dit moet verwerk, oftewel doen, raak dit bitter. Dit is dan nie meer so maklik nie, en dit kos deursettingsvermoë en werk om die instruksie daarin te volg, wat maar uiteindelik slegs die gebooie van die liefde is wat nagekom moet word. 10 Toe neem ek die Boekie uit die hand van die Boodskapper en eet haar op, en in my mond was sy soet soos heuning; maar toe ek haar geëet het, het my maag bitter geword. 11 En Hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings. 11:1 EN ’n riet soos ’n stok is aan my gegee, en die Boodskapper het gestaan en gesê: Staan op en meet die Tempel van die Elohim en die Altaar en die wat daarin aanbid. [Psalm 68:29; Boekrol van Henog 61:2; JôWel 2:17] Met hierdie kennis van die Nuwe Openbaring in die lede van die Melgisédek-orde se harte, voorgestel deur Johannes, word die kennis `n riet meetstok waarmee die tempels (harte) van Vader se kinders gemeet sal word. Soos alreeds voorheen gesê, sal die Nuwe Openbaring en dit alleen, die norm wees om deel te word van die Melgisédek- orde. Verwerp die Nuwe Jerusalem Leer en jy sal nooit kan ingaan nie. Openbaring 11 volg nou hierna wat niks anders is as die getuienis van die twee getuies nie. Hierdie twee getuies bestaan uit twee olyfbome en twee gemeentes (kandelare). Hierdie getuies is die eerstelinge van die 144 000 eerstelinge op aarde. Dit is hulle wat eerste die innerlike woord begin hoor het, soos hierbo beskryf as die koms van die Seun van die mens in `n wolk (verborge in die harte) en wat getuig van die Nuwe Jerusalem (Nuwe Leer) wat neergedaal het na die mense. Hierdie skrywe sal egter nie verdere aandag gee aan die verhaal van die twee getuies nie, aangesien dit `n boek op sy eie regverdig. Ons verwys dus net vlugtig hierna en u kan ook in Sagaria 4 meer hieroor lees. Bewyse uit Openbaring 12 en Jesaja 66 Om die volgende verse in Openbaring 12 te verstaan, is dit noodsaaklik om Openbaring 11:19 saam te lees daarmee: 19 En die Tempel van die Elohim het in die Hemele oopgegaan, en Sy Verbondsark is in Sy Tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael. Die Verbondsark in die Melgisédek-orde ken ons mos nou. Dit is onse Verlosser, JaHWèshua. Waar is Sy tempel? In ons harte, natuurlik. Wanneer vind hierdie gesig plaas? Die laaste deel van die vers verklaar dit vir ons. Aan die eindtyd, ten tye van die groot natuur kataklisme waarvan Openbaring 6 en 8 praat. Nou kan ons oorgaan na Openbaring 12:1 en van daar af verder lees. 12:1 EN ’n groot Teken het in die Hemele verskyn: ’n Vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder Haar voete, en op Haar hoof ’n Kroon van twaalf Sterre; [MattithJaHûW 24:30] 2 en Sy was swanger en het uitgeroep in Haar Weë en barensnood. Hierdie vrou is in die hemelse sfeer, bedoelende dat sy alreeds besig is om die aardse in haarself af te sterf en is besig om EEN te word met die ware Verbondsark, JaHWèshua. Sy is bekleed met Hom (die Son as Sy Waarheidsgees) en die Wysheidsgees (maan) en sy dra die kroon van die Waarheid op haar kop wat die 12 stamme van Israel voorstel, soos beskryf in Openbaring 7, naamlik 12 000 gekies uit elke stam van Israel soos daar gelys. Hierdie vrou stel dus Sion aan die eindtyd voor, wat Hy ook noem, die Dogter van Sion, verwysend na die nuwe Sionsvolk. wat 357 jaar gelede aan die Suidpunt van Afrika geplant is. Hulle is op die berg Sion soos in Openbaring 14 beskryf, saam met die Lam. Sy was swanger, beteken sy is in die proses om wedergebore te word in die gees, of soos vroeër in hierdie boek gestel, sy is besig om deur die voorhangsel heen te beweeg, na die Allerheilige (haar gees) toe, wat ook ons Meester se Gees is, dus totale eenwording van gees. 3 En ’n ander Teken het in die Hemele verskyn, en daar was ’n groot vuurrooi Draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone; 4 en sy stert het die derde van die Sterre van die Hemele meegesleep en hulle op die Aarde gegooi. En die Draak het gestaan voor die Vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy Haar kind sou verslind sodra Sy gebaar het. [JeshaJaH 21:3] Hierdie stel die bose voor, wat aan die eindtyd met alle mag en demone uit die hel, gaan poog om hierdie vrou se wedergeboorte teë te staan. Hierdie Sterre is die hoofduiwels in Lucifer se orde wat aan die eindtyd losgelaat word oor die Dogter van Sion in Suid-Afrika en die res van Sion in die wêreld. Hierdie aanslag gaan uit niemand anders uit voortgaan nie, as uit die valse kerke in Suid- Afrika. Die Antichris gaan kragtig deur hulle (sogenaamde Christene) werk om die ware Sion te vernietig. 5 En Sy het ’n manlike Kind gebaar, wat al die nasies met ’n Septer van Yster sou regeer; en Haar Kind is weggeruk na die Elohim en Sy Troon. Hierdie manlike kind is die geestelike, die finale wedergeboorte van die Dogter van Sion, oftewel die vorming van die laaste Melgisédek-orde op aarde. Hierdie wedergebore kind (menslike gees) verenig met ons Verlosser op die berg Sion, maar is fisies nog teenwoordig in die persoon se liggaam. Dit word nie uitgeruk nie, anders sterf die persoon. Die kind bly dus steeds deel van die vrou, of anders gestel; hierdie wedergebore kinders van Sion sal nog steeds deel bly van die vrou, Dogter van Sion. Hulle sal die voorlopers/leiers wees van die vlugtende vrou op aarde, vir 1260 dae, waar hulle apart onderhou sal word deur ons Meester Self. 6 En die Vrou het na die wildernis gevlug waar Sy ’n plek het wat deur die Elohim gereed gemaak is, dat hulle Haar daar sou onderhou duisend-tweehonderd-en -sestig dae lank. [JeHôWshua 4:17; 2 Konings 8:1; JeségiEl 19:10] In hierdie hemelse sfeer sal daar dan `n geestelike en fisiese oorlog gevoer word deur hierdie twee groepe, die MikaEl-groep wat sal staan vir en in die Melgisédek-orde en die Draak-groep wat die kerke onder leiding van die Antichris sal verteenwoordig. 7 En daar het oorlog in die Hemele gekom: MikaEl en sy Boodskappers het oorlog gevoer teen die Draak, en die Draak en sy boodskappers het oorlog gevoer; 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die Hemele nie meer te vinde nie. 9 En die groot Draak is neergewerp, die ou slang/ Nagash wat genoem word Duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die Aarde, en sy boodskappers is saam met hom neergewerp. Hierdie Draak-groep sal egter op `n sekere stadium uit die geestelike realm gewerp word, slegs na die fisiese toe en hulle geestelike krag sal nul wees. Hierdie hele gebeurtenis word ook beskryf in Jesaja 66 en sluit aan met Openbaring 12. 66:1 SO sê JaHWeH: Die Hemele is My Troon en die Aarde die Voetbank van My Voete. Waar is dan die Huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat My rusplek sal wees? [Génesis 1:1; 1 Kronieke 28:2; Psalm 99:5] 2 Want My Hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek JaHWeH. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir My Woord. Hier verklaar ons Vader duidelik dat Hy Sy huis sal bou in die harte van diegene wat arm en verslae van gees is en wat Sy Woord vrees/onderhou. Dit is net Sion wat hom aan die eindtyd nog aan JaHWèshua se Woord sal hou, dus dieselfde huis as in Openbaring 12. Hierdie mense is dus die Melgisédek-orde onder leiding en beskerming van MikaEl, die aartsengel wat ons die MikaEl-groep genoem het. 5 Luister na die Woord van JaHWeH, julle wat vir Sy Woord bewe! Julle broers, julle haters wat julle verstoot om My Naam ontwil, sê: Laat JaHWeH eerbaar word, dat ons julle Vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan! 6 Hoor - ’n rumoer uit die Stad! Hoor - uit die Tempel! Hoor - dit is JaHWeH wat Sy vyande hulle dade vergeld! Die volgende twee verse beskryf die Draak-groep, naamlik ons broers in die kerke wat ons haat en verstoot oor Apartheid/heiligheid. Dan die rumoer uit Babilon, hulle hoerstad, wanneer JaHWeH hulle sal vergeld, oftewel op die aarde gaan neerwerp, omdat hulle die wedergeboorte van Sion wil verhinder. 7 Voordat Sy Weë gekry het, het Sy gebaar; voordat smart oor Haar gekom het, is Sy van ’n seuntjie verlos. [2 ShemuEl 1:28; 2 Konings 4:17; JeshaJaH 65:9; Openbaring 12] 8 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Sal die Aarde op een enkele dag geboorte skenk? Of word ’n nasie met een slag gebaar? Want Sion het Weë gekry, meteens Haar kinders gebaar. 9 Sou Ek naby die geboorte bring en Haar nie laat baar nie? sê JaHWeH. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou Elohey. Hier sien ons die wedergeboorte wat in Sion plaasvind, naamlik die totstandkoming van die Melgisédek-orde van eerstelinge uit die 12 stamme van Israel. 10 Wees bly saam met Jerusalem en juig in Haar, almal wat Haar liefhet! Wees vrolik saam met Haar, baie vrolik, almal wat treurig oor Haar was! 11 sodat julle kan suig en versadig word aan die Bors van Haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die volheid van Haar Glansrykheid. Juig oor die nuwe leer, die Nuwe Jerusalem, wat neergedaal het na Sion, en wat veroorsaak het dat sy, Sion, wedergebore is. Hierdie heerlike geestelike moedersmelk word dan oorvloedig vir Sion gegee, veral gedurende die tydperk waar sy na die wildernis gevlug het en onderhou word, geestelik en fisies. 12 Want so sê JaHWeH: Kyk, die Vrede lei Ek na Haar toe soos ’n rivier en die rykdom van die nasies soos ’n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word. 13 Soos iemand wat deur sy Moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word. 14 En julle sal Haar sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die Hand van JaHWeH bekend word aan Sy knegte, en Hy sal op Sy vyande grimmig wees. [2 Ezra 7:26] Hierdie Vrede is die Vrede van JaHWèshua, die Vrede van die Vredesverbond van Pinehas, die vrede van Apartheid wat na Sion toe gelei word in die wildernis, waar die Trooster (Gees van Waarheid) binne hierdie nuwe leer (Jerusalem) deur die Melgisédek-orde se lede sal werk na die volk toe. Hierdie orde word dan bekend as die Hand van JaHWeH, oftewel Sy uitvoerende mag op aarde, genoem die Raad van JaHWeH. (sien Jesaja 14:26)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205