DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

`N POGING WORD GEMAAK OM DIE GEESTELIKE VERVAL TE STUIT. Soos hierbo genoem, was daar vir drie jaar ondersoek ingestel deur ons Hemelse Vader, of daar nie vye aan die boom van die Boerevolk is nie. In 1997 sou Hy hierdie boom uitgespit het, indien die tuinier nie toestemming gevra het om die boom nog EEN jaar te bemes en te benat nie. Hierdie verhaal is vervat in Lukas 13:6-9: Gelykenis van die onvrugbare Vyeboom. 6 EN Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: 'n Man (Abba Vader) het ’n Vyeboom (Juda) gehad wat in Sy Wingerd (Israel) geplant was, en Hy het gekom en vrugte (geestelike goedere) aan Haar gesoek en niks gekry nie. [JeshaJaH 27:3; 38:21] 7 Toe sê Hy vir die Tuinier: Kyk, drie jaar (vanaf 1994 tot 1997) kom Ek om vrugte aan hierdie Vyeboom te soek en Ek kry niks nie; kap Haar uit (wis die onvrugbare volk uit). Waarvoor maak Sy die Aarde nog onvrugbaar? 8 Maar Sy (JaHshua se Gees van Waarheid en Liefde) antwoord en sê vir Hom: Meester, laat Haar nog hierdie jaar staan totdat ek om Haar gespit en mis gegooi het. [JeshaJaH 48:9] 9 As Sy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan U Haar anderjaar uitkap. In 1998 het `n wonderwerk gebeur en daar is spontaan deur `n klein deel van die volk besluit dat hulle die vervalste Bybel, hierdie 1983 gruwelvertaling, sou weerstaan met `n nuwe geskrif, die Boek van Herinnering, geskoei op die volgende beginsels: 1. JaHshua is die vleesgeworde Godheid/WOORD en Sy woorde is die hoogste gesag. (Johannes 1:1-14 en Johannes 12:48) 2. Die Hebreeuse teks vir die Ou Testament (Biblica Hebraica) en die Griekse teks vir die Nuwe Testament (Texus Receptus) sal aanvaar word as gesaghebbend. 3. `n Direkte transliterasie van hierdie teks na Afrikaans sal gedoen word, waar veral gekonsentreer sou word op die oorspronklike Name van God, die Vader en die Seun. 4. Boeke wat deur kerkvaders as nie-kanoniek en apokrief verklaar is, sal, met die norm in punt 1 in gedagte, ingesluit word. Ook sou hierdie selfde norm gebruik word om boeke wat in die huidige Bybel was, te toets of hulle wel daaraan voldoen. Daar is dadelik met die werk begin, rekenaars en drukkerstoerusting is aangekoop, sagteware is bekom, Hebreeuse en Griekse taalklasse is begin. 4 Persone was deurlopend met die taak besig, totdat dit in 2001 finaal voltooi was met die verskyning van die Boek van Herinnering - Vierde Druk. Ons harde werk is redelik gou beloon en op 16 Desember 1998 kon ons na die Bloedrivier-terrein gaan met die eerste 5 boeke van die Wet wat gerestoureer was, en die res van die vertaling op CD. Hierdie poging was beloon deurdat ons ons Abba Vader se teenwoordigheid op Bloedrivier ervaar het. Alvorens ons egter die boek as aanbieding na Bloedrivier kon bring, moes ons eers die plek waar die vertaling en die drukwerk gedoen was, Kameeldrif 225, reinig soos wat Hy instruksies aan ons gegee het. Volgens Joshua 6 moes die volk Israel, nadat hulle in Kanaän ingetrek het, en hulle voor Jerigo te staan gekom het, in opdrag van JaHWeH, 7 keer om die stad marsjeer met 7 priesters met 7 ramshorings, met die Verbondsark in hul midde. Die sewende dag moes hulle dit 7 keer doen. Dus moes ons nou hier die vals mure van die kerk se leuenvertaling op hierdie selfde wyse in die gees teenstaan en so is die mure van valsheid dus in die gees omvergegooi op hierdie perseel. Selfs tot vandag toe is daar nog geen poging deur hulle aangewend om die Boek van Herinnering te stop nie. En so is die taak toe voltooi, net soos wat daar in Maleagi 3:16 voorspel is: 16 Toe het die wat JaHWeH vrees, met mekaar gespreek; en JaHWeH het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n Boek 121 van Herinnering voor Sy Aangesig geskrywe vir die wat JaHWeH vrees en Sy Naam Eer. Net soos wat daar verder in Lukas 13, vanaf vers 10 geskryf staan, het die Meester die vrou (Boerevolk) wat 18 jaar lank `n gees van krankheid gehad het, toe in die jaar 2001, 18 jaar nadat die vals Afrikaanse vertaling in 1983 verskyn het, die vrou/volk genees. Nou eers was die vrou verlos van die krankheid/geestelike leuen, gegee deur die liberale verdraaiers van die waarheid in die kerk. Ons vervolg ons verhaal in Lukas 13 vanaf vers 10. Genesing van ‘n dogter van Abraham. 10 EN Hy was besig om op die Sabbat in een van die vergaderings te leer. 11 En daar was 'n vrou wat 'n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. (Boerevolk in hul liberale kerke) 12 En toe JaHWèshua haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. 13 En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en Elohim vereer. Dat hierdie tweegesig moderne fariseërs woedend was, is waar, want daar was heelwat geskryf teen hierdie Boek van Herinnering, maar niks konkreet is ooit na my wete gepubliseer teen die geopenbaarde waarhede daarin nie. Die Sabbat waarop die volk verlos is, dui duidelik op die einde van die tyd, net voor die laaste 1000 jaar Sabbat sal aanbreek, daarom dat die Meester kon sê dat die esel en os (volk) van die krip (van kerklike leuens en valsheid) losgemaak moet word en water (geestelike waarheid en suiwerheid) aan hulle gegee word. 14 Maar die owerste van die vergadering, wat verontwaardig was dat JaHWèshua op die Sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop 'n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die Sabbatdag nie. 15 Toe antwoord die Meester hom en sê: Jou vals tweegesig, maak elkeen van julle nie op die Sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie? [Openbaring 12:14] 16 Maar hierdie vrou wat 'n dogter van Abraham is, wat die Satan - dink daaraan! - agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die Sabbatdag verlos word nie? 17 En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword, en die hele skare was bly oor al die glorieryke dinge wat deur Hom gebeur het. So het die vyeboom, wat in 1997 uitgespit moes gewees het, maar nog een jaar gelaat was, wat mis gegee was en omgespit is, vrugte begin dra (Boek van Herinnering as vrug) en het dus nou water (Gees) vanaf ons Meester begin ontvang. Verstommende ontdekkings in die Skrif is in die tyd hierna gedoen, veral omdat voorheen “verbode” boeke nou saam gelees kon word met die Bybelboeke. Veral die eindtydgebeure is grootliks oopgevlek, omdat die gees nou vrylik in die leser kon werk deur hierdie verskillende boekrolle. Die finale druk, die vierde druk het verder verstommende inherente bewyse, wat bewys dat `n goddelike hand ons gelei het toe hierdie boek saamgestel is. U moet onthou dat hierdie boek vanaf die eerste dag onlosmaaklik verbind was met die Gelofte te Bloedrivier, en dat die boek vir 4 jaar agtereenvolgend aangebied was in die laer te Bloedrivier terrein in Natal. Dit is ook in lyn met die profesie in Sefanja 3:9-10. 9 Want dan sal Ek aan die volke suiwer lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van JaHWeH hard sal uitroep en Hom met eenparigheid sal dien. 10 Van oorkant die riviere van Kuwsh [Ethiopië] vandaan sal My blye aanbidders, die Dogter van My Verstrooide, My bydrae bring. [JeshaJaH 18:1; Maleagi 3:16] Hierdie nuwe spysbydrae was deur die blanke volk (sien Jesaja 18), wat suid van Ethiopië woon, gebring, en nou kon hulle met suiwer lippe begin aanbid, want die valsheid in hulle Skrif was vernietig. Die vierde en laaste druk het presies 880 bladsye. Numeries is dit 8+8=16 en 8x8=64. Dit is Bloedrivier se numeriese waardes, want die dag van die slag was op 16 Desember, daar was presies 64 waens en 464 Boere het die Gelofte in 1838 afgelê. Ook was die laer in die vorm van `n D, wat die 4de letter in die alfabet is. Ons het gaan kyk na die 16de boek in die Boek van Herinnering, wat die boek 2Makkabeërs is, en wat direk aan ons geskryf is wat aan die eindtyd in Egipte (Afrika) sou wees. Die bladsy waarop die boekrol begin is 385, wat weereens optel na 16. `n Pragtige versteekte stukke waarheid vind ons egter in hoofstuk 12 vers 16. 12 staan vir die maand en 16 vir die dag wat die slag plaasgevind het, naamlik 16/12/1838. 16 Omdat dit die wil van Elohim was, het hulle die stad ingeneem. En hulle het so `n onbeskryflike slagting aangerig, dat dit gelyk het of die nabygeleë meer, wat twee stadiums breed is, met bloed gevul is. Wat is die numeriese kans dat so `n vers op so `n syferwaarde kon beland? Hier word `n veldslag beskryf waar die bloed in die water geloop het, 600 jaar VC en word so geplaas dat ons duidelik die Bloedrivier veldslag daarin kan sien wat aan die einde van die tye met die Dogter van Sion volk sou plaasvind, waar die bloed van die Zoeloes in die Ncome rivier gestroom het. Vir enige verdere skeptici verwys ons u na die volgende verstommende numeriese bewys dat die Boek van Herinnering se Skrywer die Gees van JaHWeH Self was, en ons maar net klein pionne in Sy groot liefdevolle hand. In Sagaria 5:1-2 staan die volgende: 1 EN ek het my oë weer opgeslaan en gekyk - daar was 'n versluierde [Boek]rol. [JeshaJaH 25:7] 2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien 'n versluierde [Boek]rol, haar lengte is twintig voorarm en haar breedte tien voorarm. [JeshaJaH 29:10 - 21] Hierdie versluierde Boekrol sou dus `n vierkante area van 20x10 voorarm(el) hê. Omdat `n voorarm maat 0,524 van `n meter is, is die vierkante area dus berekenbaar in ons metrieke mates en is gelyk aan: (20x0,524)x(10x0,524) = 55m2. As `n mens die aantal bladsye van die Boek van Herinnering neem, naamlik 880, die lengte en breedte van `n A4 bladsy neem en die totale area bereken wat hierdie papier beslaan, sien ons die volgende: 880 x 210mm x 300mm = 55m2 In Afrikaans word ons Vader se heilige Naam as volg gespel: “JaHWeH”. As ons die numeriese letterwaardes hierop toepas, met a=1, b=2, ensovoorts tot z=26, sien ons die volgende: J=10; a=1; h=8; w=23; e=5; h=8. 10+1+8+23=5+8=55 Voorwaar `n onmoontlike “toeval”! Hiermee volstaan ons met ons bewys dat God self betrokke was met die daarstelling van hierdie boek en dat hierdie geskrif verder gebruik sou word om die leuens van die moderne fariseërs te ontmasker, soos verder beskryf in die boekrol Sagaria 5:3-4 en 9:14-17: 3 Daarop sê hy vir my: Sy (Die boek van Herinnering) is die vervloeking wat uitgaan oor die ganse Aarde; want ooreenkomstig daarmee (Die Boek van Herinnering) sal al die wat steel (hulle wat die volk se geestelike lewe steel) hiervandaan weggeruim word, en ooreenkomstig daarmee sal al die wat vals sweer (teoloë en predikante wat leuens verkondig) hiervandaan weggeruim word. [TsefánJaH 3:13] 4 En laat haar uitgaan, spreek JaHWeH van die skeppingsleërmag, en sy sal kom in die huis van die wat steel en in die huis van hom wat vals sweer (in hulle kerke) by My Naam; en sy [hierdie Boek van Herinnering] sal binne-in sy huis vernag en hom verteer saam met sy hout en sy boustene (leuens en vals 1983-Bybels) Sagaria 9:14-17 14 Dan sal JaHWeH oor hulle verskyn, en soos weerlig sal Sy pyl uitskiet; en My Meester JaHWeH sal met die ramshoring blaas en intrek met die storms uit die suide (vanuit die Suidland, Suid-Afrika). 15 JaHWeH van die skeppings-leërmag sal hulle beskut; en hulle sal verslind, ja, boustene (vals Bybels) vertrap; ook sal hulle drink, 'n gedruis maak soos deur wyn en vol wees soos die sprinkelflesse, soos die hoeke van 'n altaar. [ZekarJaH 5:4] 16 En JaHWeH hulle Elohey sal hulle in dié dag verlos as die kudde wat Sy volk is; want [hulle] verhef die Bousteen van Separatisme (Boek van Herinnering) soos `n banier oor Sy Adamah [die adamiet se Aarde]. [JeshaJaH 11:12; 18:3; JirmeJaH 4:5] 17 Want hoe groot is hulle voortreflikheid, en hoe groot hulle skoonheid! Die koring (suiwer Skrif) laat jongmanne en die druiwesap (vars nuwe Gees in die volk) laat die maagde groei. Die 4 jaar waarop die Boek van Herinnering elke jaar aangebied was te Bloedrivier-terrein, was gekenmerk deur onstuimigheid. Vanaf die eerste keer wat ons die terrein betree het was Satan, via sy diensknegte in die kerk en in die kultuurorganisasies van die Afrikaner, geweldig teen ons optredes gekant. Ons het geweier om aan die amptelike samekomste op Bloedrivier deel te neem, deels omdat vals Heilige Name gepredik word en deels omdat liberale en verligte predikante ingespan was om die inhoud van die Gelofte geleidelik te verander na `n inhoud van versoening met die heidene. Hierdie verskuiwing het baie subtiel plaasgevind, sodat die niksvermoedende kerkganger dit nie dadelik agtergekom het nie. Na 1998 is die weermag en lugmag ingespan om ons te intimideer op die terrein. Dit het op stadiums so erg gegaan dat die aantal helikopters so gepla het bokant die laer, dat ons onsself kwalik kon hoor toe ons ons Gelofte afgelê het. Talle troepe-eenhede het om die gebied in gereedheid gelê, mediese eskaders was op bystand gewees, en dit alles omdat `n klein Gideonsbende van ongeveer 100 mans, vrouens en kinders hulle Hemelse Vader wou vereer met `n geestelike aanbieding op die terrein van hul voorvaders. Wonderwerke was volop gedurende hierdie tyd op Bloedrivier en ons het gedurig die nabyheid van ons Hemelse Vader aangevoel. Die eerste keer toe ons die terrein betree in 1998, was `n kontrakteur reeds besig om die voorvadergees monument aan Zoeloekant te bou. Alreeds was daar brugvoetstukke in die Ncome rivier gegiet, sodat die twee terreine verbind kon word. Die brugdek moes nog net geplaas word. Spontaan het ons groep by die Ncome rivier gaan kniel en die Vader vanuit ons harte gesmeek dat hierdie verbinding nie moes plaasvind nie, want dit sou die apartgesteldheid/ heiligheid van Sy terrein skend. Groot was ons vreugde toe ons die volgende jaar die terrein betree, merk dat die kontrakteur reeds van terrein af was, en die brugpilare net so, sonder brugdek, in die rivier gestaan het. Ons gebede was verhoor! Ons kan nog getuig van honderde kiewiete wat kwetterend bokant ons koppe in die laer `n bedankingslied gesing het, dit terwyl brullende en draaiende helikopters oor die terrein gemaal het. Ons kan getuig van die mis wat opgekom het tydens oggenddienste, waar ons die intense nabyheid van ons Vader aangevoel het. Ook van `n helder lig wat oor ons geskyn het tydens een jaar se aanbieding. Sien foto`s. Dit dien net hier genoem te word dat ons saam met die eerste aanbieding van die Boek van Herinnering te Bloedrivier, ook `n Gelofte opgestel het, waarin ons die inhoud van die oorspronklike Gelofte te 1838 meer duidelik `n Bonatuurlike lig op Bloedrivier Die 24 karaat silwer Boek van H e r i n n e r i n g word deur lede van die Dogter van Sion op die klip in die middel van die Bloedrivier-laer gesalf in 2001. omskryf het, en waar ons as Dogter van Sion gemeente sekere stellings, belydenisse en ondernemings gemaak het. Die volledige Gelofte van die Dogter van Sion word agterin geplaas. Veral die gedeelte dat ons die Boerevolk van `n Skrifwoord sou voorsien, vry van die suurdeeg van Satan, sou nog verder in vervulling gaan, want die Woord van ons Verlosser is nimmereindigend. In 2001 is `n silwer boek gesalf op die altaarklippe van die laer en daarmee was ons taak met betrekking tot die Boek van Herinnering voltooi. Sien foto.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205