DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

INTREDE VIR DIE VOLK VANAF DIE LAER TE BLOEDRIVIER Die laaste keer waar ons die Gelofte sou gedenk op hierdie terrein, naamlik 9 tot 16 Desember 2001, was gekenmerk deur groot omstredenheid. Ons het weereens opdrag gekry om die leuens en bedrog wat met die 1838 Gelofte gepleeg was, te bind in die geestelike sfeer. Weereens is ons opdrag gegee om die prosedure van Jerigo in Josua 6 te herhaal. Vir 7 dae het ons elke dag, dou voor dag, rondom die walaer gemarsjeer, met 7 ramshoringblasers voor, die silwer “verbondsark” (Boek van Herinnering) in die middel en die volk heelagter. Die laaste dag moes ons al 2h00 die oggend begin het, aangesien ons 7 keer om die laer moes loop op die sewende dag van ons opdrag, om klaar te wees voordat die Bloedrivierstigting hulle gelofte wou hou om 6h00 die oggend op 16 Desember. Hierdie hele saak het groot woede en konsternasie veroorsaak by die lede van die Bloedrivierstigting. Hulle was behoorlik boos. Alles is geprobeer om ons te stuit, maar ons Vader JaHWeH was in beheer en daar is deurgedruk tot aan die einde. Daardie sewende dag was toe die oggend van 16 Desember 2001, en ons het reeds vooraf daardie nag, 64 Vierkleurvlae met die Naam JaHWeH daarop, aan elke kapstok vasgemaak. In die vroeë oggendbriesie het hierdie verering van die Almagtige `n geweldige indruk op ons gemaak. Ons was so 5h30 klaar met ons gelofte aflegging. Nog steeds in die laer, het `n digte kolom mis aangekom, vanaf die bergkant aan die weste. In stille verwondering het ons onsself in hierdie mis laat opneem, gedagtig aan dit wat so lank gelede met ons voorouers op hierdie einste plek gebeur het. Die vrees, die afwagting, die intense nabyheid van ons Vader was emosies wat elkeen beleef het ..... Skielik verdwyn die mis, en uit die mis kom `n gedreun van talle 4x4 bakkies, mense wat deel gevorm het van die Bloedrivierstigting en die 4x4 klub van Radio Pretoria. Hulle was op pad om hulle Gelofte om 6h00 af te lê. Hulle sien die vlae wat op die waens wapper en raak ineens vervul met woede. Dit was asof `n besetenheid hulle oorval het en hulle ruk die vlae met geweld af en sleep die vlae op `n hoop, net buite die ingang waar die Grietjie-kanon staan. Toe die vlae op `n hoop lê, spring sommige in hul 4x4 voertuie en jaag heen en weer oor die vlae en so word die Boerevlag met die Allerhoogste se Heilige Naam deur die volk self in die rooi modder ingetrap! Wat `n ontsettende vernedering! Sien die embleem van die Dogter van Sion hieronder. Hierdeur het gemoedere hoog geloop, en `n direkte konfrontasie met die Stigting se bestuur het gevolg. Hulle wou ons uitsmyt, maar ons het vasgestaan, meer nog, die Dogter van Sion het `n besluit geneem om vanaf daardie dag op die Bloedrivierterrein te vertoef, en te bid en in te tree vir ons Boerevolk wat vasgevang was in die leuens van hulle kerk-, politiek- en kultuurleiers. So het daar toe tweeweekliks groepe mense afgegaan na die terrein en twee dienste is elke dag waargeneem. Een diens voor sewe soggens, voordat toeriste ingekom het, en een saans, nadat alle toeriste weg was. Ons het `n kampplek op terrein gehad en dit sorgvuldig betaal. Daar was geen moeilikheid nie, geen wette of regulasies is verbreek nie. Op `n mooi oggend in Mei 2002, presies 100 dae nadat ons op die terrein gekamp het, word ons gekonfronteer deur die plaaslike balju, met `n hooggeregshof bevel, om ons summier, sonder verweer, van die terrein af te sit. Die Bloedrivierstigting het hierdie bevel op `n bedrieglike wyse bekom, deur die Hooggeregshof voor te lieg dat die Dogter van Sion in openbare belang en om veiligheidsredes wat in landsbelang was, van die terrein verwyder moes word. Ons het geen kans tot verweer gehad nie, en moes noodgedwonge die terrein verlaat. Hulle het verder `n beslagleggingsbevel gehad op roerende eiendom op die terrein, wat ingesluit het verskeie voertuie, karavane en `n bus. Ook is ek en twee ander lede lewenslank van die terrein geskors. `n Kopie van uittreksels van hierdie bevel is ingesluit in hierdie dokument. Die redes in die hofbevel wat uitgestaan het, is die geweldige negatiwiteit jeens die Boek van Herinnering, die Apartheidsbybel soos hulle hom genoem het, en ook die Hebreeuse Naam JaHWeH van ons Vader wat op die Vierkleurvlag aangebring was, wat geweldig aanstoot gegee het. Die besluit deur die Bloedrivierstigting om ons van die terrein te verwyder, is eenparig geneem en onder die voorsitterskap van Genl. Gert Opperman en ander prominente Afrikaners, waaronder Betsie Verwoerd, oorlye vrou van die Orania stigter Carl Boshoff, is voortgegaan met die afsetting. Hier moet dit ook genoem word, dat daar vele leuens verkondig was gedurende die naloop van hierdie episode, want alles rondom die uitsetting was uitgesaai op nasionale TV. Daar is beweer dat ek, namens Dogter van Sion, sou gesê het dat indien hulle ons sou afsit, ons die afsetting met geweld sou teenstaan; dat ek sou gesê het dat die bloed sal loop as ons afgesit sou word. Dit is `n infame leuen, en enigiemand met gesonde verstand sou nooit so `n belaglike en uittartende stelling gemaak het nie, want dit sou op selfmoord neergekom het. Wat wel voorheen deur my gesê was, en dit is op rekord, dat by `n vorige geleentheid, toe berig was dat Steve Hofmeyer en Koos Kombuis `n konsert op die terrein sou aanbied, wat later as leuens bewys was, was dat ek gesê het die bloed sal loop as hulle dit sou waag, bedoelende dat die Boerevolk soos een man teen so `n beoogde ontheiliging van hul terrein sou optree. Van die volk se kant af het ons het nie een sent ontvang om die hofbevel teen te staan nie, so min was die volk gepla oor ons afsetting en ons drie se lewenslange verbanning van die terrein. Hoe dit ookal sy, ons is van die Bloedrivier terrein na Pretoria, voorheen genoem Philadelphia, waar ons onderneem het om ons biddienste, waar ons intree by ons Skepper vir ons volk, elke dag sou voortsit en daarna is oggenddienste om 6h30 te Kameeldrif 225 gehou waar elkeen innig gebid het vir sy volk. Dit is nou 5 jaar later en waar ons begin het met `n enkele paar mense, is ons nou sowat 60 wat elke oggend bymekaar kom om te bid vir ons volk. Hierdie dienste is ononderbroke voortgesit vanaf Mei 2002 tot vandag (September 2007) toe.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205