DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DOGTER VAN SION BEWEEG IN `N GEESTELIKE FASET VAN HUL GELOOF IN Toe ons nog op die Bloedrivierterrein was, het ons gedink dat Abba Vader ons fisies sou verlos vanaf Bloedrivier en dat ons `n fisiese grondgebied sou bekom. Namate ons in Pretoria met ons Vader se werk besig geraak het, het ons begin insien dat die huis wat ons moet bou, `n geestelike huis in die harte van ons volk sou wees, en nie `n fisiese grondgebied nie. Die volk sou eenparig agter ons Verlosser, Jahshua, moes gaan staan, binne Sy leer van liefde begin wandel, en dan sou Hy ons self verlos. So het ons stadigaan begin wegbeweeg van die dooie letter van die wet en het ons die wet deur die liefde van Jahshua begin beskou en doen. Sy leer in die 4 evangelies het die fokus van ons bediening geword. In hierdie tyd verskyn die boekie, “Naasteliefde” en die beoefening daarvan word `n voltydse bediening. Baie mense verlaat die Dogter van Sion in hierdie tyd, veral die oorlogmakers en grootpraters oor gewelddadige verset. Volgens hulle was ons wat agtergebly het, te pasifisties, en te veel behep met naasteliefde. Baie is teen die Dogter van Sion geskryf en gesê, publikasies het verskyn waarin ons met die owerhede verbind is, dat ons CIA geheime diens was, maar ons het ongestoord voortgegaan om vir ons volk, en ook vir hulle, te bid. In hierdie tyd ontvang ek `n visioen, wat so wonderlik was, dat ek vir dae daarna nog steeds die aanraking van ons Verlosser sou voel. Visioen: “Ek ry in `n bakkie, met arbeiders agterop met bougereedskap. Voor langs my sit `n persoon en bly aan my torring, wat my intens geïrriteer het. Skielik lui my selfoon en ek weet oombliklik dis my Vader op die lyn. Ek stop die bakkie, vlieg uit, gryp die foon teen my oor vas en met my ander hand styf teen my sy, asof op aandag, hoor ek die wonderbaarlikste vriendelikste Vaderstem. “More Dirk, moenie bekommerd wees oor hulle nie, ek is binnekort by julle”. Wat `n ongelooflike ervaring en boodskap! In my visioen, ry ek verder met die bakkie, die irriterende persoon is weg en ons stop by `n bouterrein, waar `n ou dunnerige verweerde fondasie lê, waarnaas ons begin met die uitpen van `n nuwe en beter fondasie.” Toe eindig die visioen. Die betekenis was duidelik. JaHshua belowe om binnekort die irriterendes in Dogter van Sion weg te vat, en Hyself sou by ons wees in Sy Woord, en daarmee sou ons die nuwe fondament kon bou langs die ou verweerde vlak fondament. Dit het gedui op die nuwe Melgisedek orde, wat die Nuwe Leer van liefde van ons Messias as grondslag sou hê. Direk na hierdie visioen ontdek ons toe die wonderlikste geskrifte wat nog ooit gedurende die afgelope 170 jaar verskyn het, naamlik die werke van die Oostenrykse profeet, Jakob Lorber. Hierdie werke is `n direkte diktaat van Jahshua Self aan Lorber, en waarin die volgende voorkom: 1. JaHshua se hele 3,5 jaar getuie periode, vanaf Sy doop in die Jordaan tot by Sy kruisiging by Golgotha, in `n dag tot dag verhaal geopenbaar deur Homself. 2. Sy drie dae in die tempel toe Hy 12 jaar oud was, sowel as Sy jeugjare in Egipte. 3. Die wonderbaarlike samestelling van die heelal. 4. Oor die lewe in die hiernamaals. 5. Oor die pre-vloed gebeurtenisse, vanaf Adam se skepping tot by Noag. 6. Die innerlike werking van die aarde, die son en die maan. 7. Die geestelike samestelling van die planete en hul hemelse inwoners. 8. Die samestelling van die mens se siel, gees en liggaam en ons pre-geboorte ervarings. Die huidige werke beslaan sowat 20 boeke met ongeveer 12 000 geskrewe bladsye. Dit alles deur JaHshua in die eerste persoon! Die gedeelte oor Sy aardse prediking word genoem “Die Groot Johannes Evangelie”, en is ook die boekie wat Johannes, die skrywer op Patmos, moes eet, wat soet in die mond en bitter in die maag was (Openbaring 10). Hy moes hierdie boekie verborge hou tot aan die einde van die 6000 jaar periode. Hierdie evangelie is waarlik soet, dit klink wonderlik op die oor, maar... as `n mens dit moet absorbeer/eet, dan vind menige geestelik maag die werke te bitter om uit te voer. Dit is ook hierdie boeke wat oopgemaak word in Openbaring 5, waar slegs die Lam waardig bevind word om die boeke oop te maak in ons harte, en waarna ons dan `n nuwe lied sing, wat niemand anders kan sing, wat nie die Nuwe Openbaring het nie. Ook is dit net hierdie wat die boeke in hulleself - in hulle harte - oopgemaak kry, dit is net hulle wat saam met die Lam op die Berg Sion is, dis net hulle wat gemerk is, en dis weereens net hulle wat die nuwe lied in Openbaring 14 sing saam met JaHshua. Wat die tydsberekening van hierdie boeke nog meer merkwaardig maak, is die tydperk waarin dit aan die Oostenrykse Duitser, Jakob Lorber, gegee is, naamlik vanaf 1840 tot 1864. Dit het dieselfde tyd plaasgevind toe ons Vader die fisiese Juda-volk (Dogter van Sion) hier aan die Suidpunt van Afrika gevestig het in hulle Boererepublieke na 1838. Terselfdertyd het Hy deur die Duitse lyn van Juda die geestelike inligting (Dogter van Jerusalem) deurgegee wat sowat 160 jaar later gebruik sou word. JaHshua het verder aan Lorber bevestig dat hy ook binne die koningslyn van Dawid was. Selfs oom Siener het ook `n visioen gehad wat slegs op Jakob Lorber betrekking kan hê. Oom Siener sê die volgende: GESIG: 3 November 1915 uit "Die Vierkleur wapper": "Ek is tussen die Duitsers. Die man met die swart baard kyk hierheen." Jakob Lorber (1800 tot 1864) Die volgende gedeelte is `n openbaring wat na my toe gekom het gedurende die afgelope paar jaar. Ek het aanvanklik baie van Oom Siener se visioene bestudeer en tot die gevolgtrekking gekom dat meeste van sy werke en gesigte geestelik opgeneem moet word, en nie soos die meeste mense dit tans net fisies beskou nie. As voorbeeld die volgende: Siener sê die mense sal die kerk verlaat en na Lichtenburg toe gaan waar hulle `n nuwe Boereleier sal kies. Geestelik gesien kan dit as volg verklaar word: Die kerk/leuen word verlaat, en die mense gaan na die Burg van die Lig. Omdat burg, fort of kasteel beteken, weet ons mos wie dit sal wees. Niemand anders as ons Verlosser, JaHshua nie. Hy is die fort van die lig, ons moet by Hom skuil. Daarna sê oom Siener die volk sal stadig na Prieska (wat beteken: ka/plek van priesters) afbeweeg, waar hulle deur die Duitsers bewapen sal word vanaf Luderitz, met `n trein wat nuwe Mausers sal aanry. Weereens moet dit geestelik gekoppel word aan die uitspraak van ons Vader in Sagaria 3:6: 6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die Woord van JaHWeH aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My Gees, sê JaHWeH van die skeppings-leërmag. Mausers kan dus niks anders as geestelike openbaringswaarhede wees nie en sal verseker nie gewere wees nie. Die treinspoor was 100 tot 150 jaar gelede se hoof verbindingsmiddel tussen mense en lande, wat pos, goedere en passasiers vervoer het. Omdat profesieë altyd na die tydvak verplaas moet word waarin dit hulleself afspeel, moet ons kyk wat die hoof verbindingsmiddel vandag is, wat waarhede sal kan “transporteer” tussen lande en mense. Dit kan dus niks anders as die wêreldwye elektroniese komunikasie-sisteem wees nie, en in hierdie geval, spesifiek tussen Lüderitz (Duitsland) en Prieska (Boere se geestelikes). Hierdie waarhede kom in skepe in Duitse grondgebied (Suidwes-Afrika) aan. `n Skip is altyd `n geestelike houer, soos `n mens self, sy gesin of `n gemeente. Dit is dan ook presies soos wat die een Duitse skip (Jakob Lorber) na ons toe gekom het, via die Internet vanaf Suidwes-Afrika. U kan nou sekerlik dink, maar wie het julle by die Dogter van Sion priesters gemaak? Priesters dateer wel vanuit die vorige Levitiese orde, maar aan die eindtyd sal daar weer Melgisédek priesters wees, - manne wat hulleself vrywillig sal aanbied om vir hul Messias en Sy ware suiwer leer op te kom. Dit was die Dogter van Sion gewees, toe hulle met die Boek van Herinnering begin het, al is hulle dan die geringstes en by sekeres die mees veragtes. Daar is ook nog ander skepe (Duitse houers wat waarheid gebring het, sien www.nuweopenbaring.co.za). Hierdie Mausers (deur die Duitsers gemaak en deur die Boere bekend gemaak), wat ook nou die waarheidsleer van JaHshua is, kom nou in Prieska aan en word vertaal, geset, gedruk en versprei aan die Boerevolk in Suid-Afrika. Aan wie word hierdie boeke hoofsaaklik aangebied? Aan hulle wat die kerk verlaat het (die wat op die kruispaaie is), wat dan na Lichtenburg (die Messias self) toe gaan en hom stadigaan vind in Prieska (by Dogter van Sion via boeke en die Internet). Let wel dat dit ook die enigste spoorlyn is wat oorbly, slegs die een tussen Lüderitz en Prieska en dit gaan ook nie verder nie. Daar is dus slegs een plek van priesters en almal sal hier moet vergader en verenig. Hier vind die geboorte van die laaste Sionskind (let wel, nie kind(ers) nie) plaas. Hier by Prieska vind nog `n interessante ding plaas. Oom Siener sê dat die mense weer van Prieska na Kimberley (120 jaar gelede se Babilon) toe sal trek en hier bombardeer hulle Kimberley met bommeksims en kanonne. Hoe is dit dan dat hulle mausers kry, maar as hulle wegtrek, skiet hulle met artillerie? Eenvoudig, deur die waarhede van ons Meester in te neem (die Mauser op te neem), en lewendig in die leer van Waarheid te staan en doen (met die Mauser te skiet), vind die wedergeboorte plaas. Dit is dan waar die mens een word met sy Meester se Gees, oftewel, jou siel en gees verenig met mekaar in die Meester. Jy vorder dus hoër op met die berg, totdat jy bo saam met die Lam staan op Sion (Openbaring 14). Nou het jy self `n wapen geword, want nou eers het jy die geloof van `n mosterdsaad, en kan jy `n berg skuif, wat aan die eindtyd niks anders is as die koninkryk van Lucifer self nie, getipeer deur Kimberley. Vader spreek Homself as volg uit, in `n goddelik gedikteerde boodskap, Openb 37 aan Judith de Beer: (Boek beskikbaar by Dogter van Sion) ... "Maar `n handvol edelsaad het Ek bewaar en My verbond met Abraham, deur Isak sal behoue in My Sion (In Suid-Afrika) bly. Daarom sê Ek vandag aan julle, My uitverkorenes, dat die werklike eindstryd nie soseer tussen volkere is nie, maar dat dit wêreldwye Judaïsme is wat in die laaste stryd sy slagtande vir die ware Sion wêreldwyd ontbloot. Die brein van Judaïsme is nie soseer in Israel gesetel soos wat almal dink nie, maar reeds vir eeue lank word dit in die boesem van Engeland gekoester. Daarom sê Ek nou hard en duidelik: Wee jou Londen, ja wee jou in hierdie tyd." Kimberley was maar net `n verlengstuk van die Londense Judaïsme van die vorige eeu en kan net verwys na die moderne wêreldorde, wat binnekort onder leiding van die Antichris sal staan, en waarteen die ware Sion te staan sal kom aan die eindtyd. So sal die profesie van Sagaria dus in vervulling gaan, dat, - “nie deur krag of geweld nie, maar deur JaHshua se Gees, werkend deur sy aardse uitverkorenes, wat binne Sy leer wandel, wat met die spreek van `n Woord, wat Sy woord in hulle mond sal wees, die Antichris sal vernietig. Verskeie ander skepe (openbaringe aan Duitsers) het daarna via die Internet by Dogter van Sion aangekom, en dit is vertaal en gepubliseer en is ook gratis op die Internet beskikbaar. Daar het `n geweldige geestelike groei in die Dogter van Sion begin posvat. Die evangelie van die liefde is nie net gepredik nie, maar ook gedoen. Regoor Suid- Afrika het enkelinge hulle in hierdie werke ingegrawe en sodoende het enkeles alreeds die innerlike stem begin hoor.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205