DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

2004, - DIE SIONSHUIS BEWEEG IN `N VOLGENDE FASE IN Die tyd voor die fees was weer gekenmerk deur uitsprake vol bravade van Genl Opperman, dat die Dogter van Sion nog steeds onwelkom was op Bloedrivier en dat ons summier gearresteer sou word, sou ons dit waag om ons gelofte op die terrein te betaal. Ons het toe ons Geloftefees ter plaatse gehou, met `n heerlike braai daarna onder die reeds genoemde eikeboom. Onwetend aan ons, word `n vrou, Susan Oosthuizen, hier onder hierdie boom, waar nou al twee klipstapels as getuienisse gelê het, opdrag gegee om `n blaar van hierdie spesifieke boom te pluk en dit in haar Boek van Herinnering te plaas. Sy doen toe so en vergeet toe daarvan vir een volle jaar. Hierdie daaropvolgende jaar was gekenmerk deur die vertaling van ander Duitse profete se boeke, onder andere Bertha Dudde, Mayenhofer en Engels se boeke. Die Dogter van Sion het gefloreer op die nuwe eerstelingsbrode en die vars wyn. Daar het `n merkbare vordering en groei begin plaasvind in die mense wat nie van die Dogter van Sion weggegaan het nie. Elkeen wat ernstig na ons Verlosser gesoek het, se geestelike lewe het verinnig. Ongelukkig het talle mense, na die Linda Newkirk debakel, alles voor my deur gegooi, en die pad gevat. Ook het hulle die Brood van die Lewe, naamlik die woord van ons Verlosser aan Jakob Lorber ook verwerp en teruggeval na die Bybel. Sommige het darem nog hul Boek van Herinnering behou. Dogter van Sion het nog steeds voortgegaan met die daaglikse offer van skriflesing, sang en gebed, soos belowe aan ons Vader op die Bloedrivier-terrein in 2001. Verder het ons werklik begin om die koninkryk met geweld na ons toe te trek en aktief begin om huisies te bou op die plaas en blanke boemelaars, alkoholiste, dwelmslawe en werkloses te huisves. Daar is begin om hulle te probeer verlos deur ernstig te bid en te pleit vir verlossing. Ook is sopkombuise in Pretoria begin en ondersteun. Hierdie jaar het blitsvinnig omgegaan en gou was ons weer aan die vooraand van die Geloftefees van 2005. Hier moet gemeld word dat die Dogter van Sion elke Geloftefees vanaf 1998 as volg gehou het: 7 Dae voor die tyd is die Gelofte vir 7 opeenvolgende dae gelees met die finale lees op 16 Desember. Daarom, toe ons in 2004 die Gelofte op 16 Desember gelees het, was dit die 49ste keer wat dit gelees was. Beide Geloftes is gelees en bevestig, naamlik die 1838 Gelofte, sowel as die Dogter van Sion Gelofte. Omdat 49 `n 7x7 is of `n sewe keer gelofte, sewe maal herbevestig, was dit logies dat ons onderneming ten opsigte van die huis te Bloedrivier een of ander voltooiingstadium moes bereik. U moet herinner word dat die Hebreeuse woord vir sewe is "Shaba” wat beteken “om iets met `n onverbreekbare eed te bevestig”. As iets dus gesewe word, word iets dus “geshaba” en as iets genege- en-veertig word, is dit sewe maal “geshaba”. Onwetend vir ons, was die eikeblaar wat Susan gepluk het, die Hemelse Vader se teken dat Hy hierdie Gelofteaanbieding aanvaar het. Ons was egter salig onbewus daarvan, want Susan Oosthuizen was nooit betrokke met die Dogter van Sion se vorige aanbiedings te Bloedrivier nie. Ons liewe Vader het dit juis so gewil, dat daar nie later gesê kon word dat die Dogter van Sion die hele ding so bewimpel het nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205