DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

2006 – JAAR VAN WERK IN DIE WINGERD Hierdie volgende jaar was gekenmerk deur wonderlike seëninge van ons Hemelse Vader, nadat ons die volgende opdragte van JaHshua letterlik opgeneem het en daadwerklik die koninkryk van God met geweld begin nader trek het. Matthéüs 24:45-46: 45 WIE is dan die getroue en wyse dienskneg vir wie sy Meester oor Sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? 46 Geseënd is daardie dienskneg vir wie sy Meester, as Hy kom, op hierdie manier besig sal vind. 47 Voorwaar Ek sê vir julle, Hy sal hom oor al Sy besittings aanstel. Dogter van Sion het betrokke begin raak met die voeding van die volk. Sopkombuise in Danville en Elandspoort is opgerig. Kospakkies vir minderbevoorregtes is uitgedeel. Op die grond self is 50 (nou al sowat 80) behoeftige mense gehuisves in tente en wendy-huise. Elke oggend het ons geleentheid gehad om ook geestelike voedsel uit te deel. Skrifstudie lesings in die aand en oggende het hulself baie vrugbaar getoon. Mense het werklik die woord begin eet. Hier moet ons byvoeg dat daar ook geen tekort aan duiwels was nie. Die was volop, maar as mens diamante soek, moet jy hope gruis deurwerk alvorens jy een diamant kry. Hierdie opdrag was so ernstig op ons harte gedruk, want die volgende skrifgedeelte is `n groot aanklag teen die hele volk. Matthéüs 25:31-46. 31 EN wanneer die Seun van die Adam in Sy Glansrykheid kom en al die Apartes [en] Boodskappers saam met Hom, dan sal Hy op Sy glansryke Troon sit; 32 en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; 33 en Hy sal die skape aan Sy regterkant en die bokke aan Sy linkerkant sit. [JeségiEl 34:20] 34 Dan sal die Meester vir die wat aan Sy regterkant is, sê: Kom, julle geseëndes van My VADER, beërf die Koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. 35 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; 36 Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. 37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Meester, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? 38 En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? 39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? 40 En die Meester sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broers van My, het julle dit aan My gedoen. 41 Dan sal Hy ook vir dié aan Sy linkerhand (bokke) sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die Satan en sy boodskappers. 42 Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. 43 Ek was 'n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. 44 Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Meester, wanneer het ons U honger gesien of dors of 'n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? 45 Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. 46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die Ewige Lewe. Hier is dit baie duidelik wie `n skaap is en wie `n bok is. As jy vir Sy kinders omgee, hulle voed, klee en help uit hulle gevange toestand, is jy `n geseënde skaap wat die ewige lewe sal beërwe. Indien jy dit nie doen nie, is jy `n bok, en sal die ewige straf jou voorland wees. Niemand kan verby hierdie vers kom nie. Dis duidelik, reguit en op die man af. Ja, verseker is dit uiteindelik geestelike kos, -kleed en – genesing wat gegee moet word, maar hoe sê jy vir iemand wat drie dae laas geëet het, dat jy nou God se woord aan hom bring. Hy vloek jou en jaag jou weg, want hy is honger. Na drie maande se onbaatsugtige fisiese kosvoorsiening sal hy jou vra hoekom jy dit doen. Dan sê jy: Omdat die liefde van JaHshua wat in my is, en wat ek vir jou het, dit van my vra. Dan eers begin jy die geestelike kos stadig en smaaklik aanbied. Baie groeperings in hierdie land beskou hulle as die uitgesoekte en uitverkore groep van Vader. In baie van hierdie groeperings loop leiers rond wat hulleself waan om die bruin pad of die grys pak te dra, wat dink hulle is die leiers van die volk. My vriend, julle dwaal vreeslik. Raak eers nederig, raak `n kelner vir die geringstes onder julle volk, voordat jy jouself dalk te hoog aanslaan.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205