DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE FISIESE TREK UIT DIE MODERNE EGIPTE 20 Uit voorafgaande is dit duidelik dat daar groepe en individue sal wees wat tans (Desember 2007) in Suid-Afrika is en wat in verskillende stadiums van trek in die gees is. Party is nog in Egipte, maar oppad Migdol (Koningsorde) toe, ander het al daar aangekom, en ander is alreeds Migdol. Hoe gaan hierdie versameling georden kan plaasvind, indien dit nie ook fisies by `n versamelingspunt gaan plaasvind nie. Ons beweeg in `n tydvak in, nadat die geweldige natuurkatastrofe plaasgevind het, waar alle kommunikasie en verbinding tot niet sal wees. Paaie sal onbegaanbaar en gevaarlik wees, telekommunikasie sal nie bestaan nie, die oorblywende mense sal verward rondhardloop en oorlewingsmiddele soek. Hoe gaan hierdie versameling dan plaasvind en waar gaan almal bymekaarkom? In die gees weet ons nou dat ons by Migdol/ JaHWèshua sal bymekaarkom, oftewel dat ons Hom in ons harte moet hê. Maar wat van die fisiese, hoe gaan mense in verwoeste stede, met skreeuende mal hordes barbare met pangas om hulle, nou regkom met Migdol in hulle harte alleenlik? Daar sal `n trek moet plaasvind. Migdol in die hart, stel die eerste Pasga voor, waar slegs diegene met die bloed van die Lam aan die deurposte van hulle harte, gekies sal word, anders gestel, beskerm sal word om na die eerste stop voor die Rooisee, naamlik die fisiese Migdol te gaan. Hiervoor het ons die volgende interessante profesieë ontvang van ons wonderlike JaHWèshua Self. Soos gegee aan Louise Snyder in Oktober 2007 MAAK EN BREEK – deur Louise Snyders ‐ Hoofstuk 1 Koos de la Rey EK maak en breek. EK maak diegene wat op MY wag se voete vry van sonde. EK breek alle bande van die dood. EK breek alle kettings van die sonde. Daar is jakkalse en daar is wolwe. Watter kant sal hulle kies? Die een is skelm en die ander verskeur. Daar is nie een wat die ander nie wil verteer. Dit was in die jaar 1900 toe daar van MY knegte opgestaan het om MY te dien. Dinge was baie sleg in daardie tyd. Mense het mekaar uitgemoor en orals was brande. Maar nêrens was daar iemand wat vir MY opgestaan het nie. Daar was nie ‘n mens wat nie van MY geweet het nie, maar nêrens was daar sprake van iemand wat gebrand het vir MY nie. Daar was in daardie dae nie ‘n mens wat MY liefgehad het nie. Almal was betrokke by ‘n kerkorganisasie wat mense in diere verander. Dit was ‘n tyd van oorlog en leed en daar was vir MY net een profeet. Kerke het losbandig met mensesiele omgegaan. Wees bly en juig, want daardie tyd het verbygegaan. Bande van die dood het almal omring. Daar was ‘n sekere man genaamd Koos. Koos was MY naamgenoot, want MY Naam was op sy voorhoof geskryf. Hy is deur MY profeet bygestaan. Hy is deur MY profeet van raad bedien. Koos de la Rey was ‘n man van inbors. En EK het hom baie liefgehad. Een aand het hy op ‘n baie hoe spoed gegalop met sy perd Pronk. Pronk het vinnig na links geswenk en hom ‘n geweldige kopstamp besorg. Vervaard het hy orent gespring en na hulp geroep. Daar was egter niemand wat hom kon hoor nie. In sy nood het hy na MY om hulp geroep. EK het hom geantwoord deur MY kneg na hom te stuur met die volgende boodskap: ”Gaan met 10 man te perd na die Noordweste en wag daar op MY Woord!” Hy het dadelik gegaan en MY boodskap sorgvuldig uitgevoer. Daarin lê die gehoorsaamheid – dat ‘n kneg MY Woord uitvoer. Daar aangekom, het hulle afgesaal en op MY Woord gewag. EK het weer MY kneg na hom gestuur met die volgende Woorde: ”Rig vir MY ‘n pilaar op ter bevryding van jou volk. EK sal jou volk gedenk in die volgende geslagte wat sal kom, want hulle is MY uitverkorenes!” Die pilaar staan vandag nog en is te sien by Migdol wat beteken ‘Skaaptoring’. MY volk, EK het julle lief, maar julle gedenk MY nie. Daar is ‘n geringe oorblyfsel onder julle wat MY Aangesig soek. Sorg dat julle MY vind, want EK is die Alfa en die Omega. Amen So het ons Vader dan wel `n merker opgerig, ter bevryding van ons volk in die laaste geslagte, en hierdie toring is by Migdol in Wes-Transvaal, tussen Delareyville en Schweizer Reyneke. Ons by Dogter van Sion was vreeslik opgewonde oor hierdie boodskap en het dadelik daarheen gereis om meer oor hierdie toring te wete te kom. Ons eerste besoek, wat `n paar ure was, het niks opgelewer nie; selfs die ou inwoners het geen kennis gedra hiervan nie. Daarna is `n tweede ekspedisie gestuur van 8 mense wat gedeeltes gefynkam het aan die Hartsrivier waar die ou transportroete deur die rivier gekom het. Ook tevergeefs. Hier is ons Vader se boodskappe in verband met die pilaar op Migdol sowel as Sy antwoord op ons vrugtelose (en eiesinnige) soektogte. Ek plaas dit vir u, omdat ek weet dat u ook, soos ons, nuuskierig is. Dit is maar die aard van die mens, - soek eers met sy eie krag en wil, en raadpleeg nie die Gewer en Openbaarder van alle geheimenisse nie. WOORD VAN VADER deur Louise Snyders Vrydag 10 Okt. 2007 23;30 (vergelyk met hfst.1 van ”Maak en Breek” (dit kom nog!) wat ek `n week later ontvang het.) Soos ‘n klavier se note verband hou met ‘n ghitaar, So hou MY Woord verband met `n pilaar. ‘n Pilaar wat in nood bevry. So, gedenk MY en jy sal aan die lewe bly. Hierdie pilaar is eerstens JaHWèshua as die Ware Migdol, tweedens die te opgerigte Melgisédek-orde as die klein Migdol en derdens die plek Migdol waar alles sal plaasvind. Uittreksel uit Woord van Vader op 10 Nov om 02h41 ... Wees daarom nie meer bevrees nie, want daar is belangriker dinge om te doen as om bekommerd te wees oor iets wat julle nie kan verander nie. Vertrou net op MY en Ek sal julle uitred en hy sal saam met julle daar by die pilaar vergaar, waar julle MY sal sien en julle sal My dien en ‘n heilige, gereinigde volk wees. Hier bevestig Vader weer `n volksversameling te Migdol, waar selfs die voorheen gestorwe kinders teenwoordig sal wees as `n gereinigde en apartgestelde volk. Donderdag, 22 November 2007 om 11:46 Het jy MY weg gevind Jy het jou berou En geheel aan MY vertrou EK sal jou bou tot ‘n sterk pilaar In MY RYK So streef na MY EK sal jou verbly En jy sal MY liefde voel Julle lyding het altyd ‘n doel MAAK EN BREEK – deur Louise Snyders ‐ Hoofstuk 42 Wees daarom gewaarsku – die dag van oordeel kom nader. Trou moet MYNE by MY kom vergader. Daarom maak EK almal wakker sodat julle, julle by MY moet kom skaar, want EK het julle lief en wil geeneen laat verlore gaan nie en roep julle tot MY Vaderbors waar EK julle styf wil vashou, terwyl die winde buite waai en die barbaarse skare hulle assegaaie swaai. ”Kom na MY toe”! roep EK weer sodat EK MY oor julle kan ontferm en julle na veiligheid kan bring, waar julle vir MY sal sing en wees nie besorg oor die pilaar nie, want hy is daar, net soos EK daar is en julle MY nie sien nie, en tog is hy daar. Saam sal EK julle by die pilaar vergaar, net soos EK julle by MY voete vergaar. Dit sal ‘n dag wees van buitengewone vreugde, want julle sal MY kan sien en in julle midde sal EK wandel. Soos ‘n broer tussen julle rondloop, sal EK tussen julle wees en julle sal julle verbly. Maar, en ‘n Groot Maar, julle moet julle vrywillig en nóu na MY keer en by MY moet julle kom skuil en niemand wat in MY kring kom staan, sal eers weet van die dreigende gevaar nie, want EK sal julle besig hou met lofliedere in julle hart. Ja, groot sal wees die wêreld se smart, in hulle aanskouing van die dood en hulle sal spyt wees dat hulle nie ag gegee het op MY waarskuwings en uitnodiging nie. Vrees nie die nag van die lang messe nie. EK is reeds gereed met MY hele Engeleskaar en soos Krygers wag Ons om te vergeld julle verdrukkers wat hulle op julle wil wreek. Dit sal ‘n slag wees wat hulle nooit sal vergeet nie en die wat oorbly sal geslagte daarna nog van die Groot Gees van Verskrikking praat en nooit weer sal hulle `n hand teen julle lig om julle te skaad nie, uit ontsag vir MY. Dit spreek EK, Die Almagtige EL van hemel en aarde en niemand sal MY Woorde verander of uitspoeg as EK hulle dit ingegee het nie. MAAK EN BREEK – deur Louise Snyders ‐ Hoofstuk 48 Wees daarvan verseker dat EK wel jou gebed hoor, maar dit eers `n bietjie later sal beantwoord, indien dit nodig is. As dit dringend is, en EK weet wanneer dit dringend is, sal EK jou dadelik beantwoord. Neem die voorbeeld van die pilaar. EK weet waarom hy nie die eerste keer gevind is nie. EK weet waarom EK die pilaar vir julle oë gesluit hou en julle moet daarby berus dat EK die pilaar aan julle sal wys op die regte tyd. Julle weet nie wat in die wêreld om julle aangaan nie, maar EK weet, en daarom sal EK ook julle gebede in verband met die pilaar beantwoord op die regte tyd. En julle sal MY loof, omdat MY besluite wonderbaar is en julle sal nie kan glo dat julle die pilaar nie met die eerste soektog gevind het nie. Dinge sal dan duidelik aan julle gemaak word. Vrees nie die bose nie, want hulle kan aan julle niks maak, as julle by MY kom skuil nie. Dit is MY woorde wat nooit vergaan nie. Skuil onder die vleuels van MY woorde, sodat EK julle met MY liefde en vrede kan oordek en nìemand - EK herhaal - nìemand sal julle skade aandoen nie. MY woorde is verseker en gewis en gaan nooit verby sonder dat julle dit sal sien en daarvan kan getuig nie. Dit is MY woorde. Amen Die volgende gedigte, aan Marietha Nel gedikteer deur die innerlike Woord, wat ook nog getoonset moet word, verwys ook na hierdie pilaar waar die Boervolk sal vergader. Dit is ook nou in November 2007 deur ons Vader gegee. Dinsdag, 20 November 2007 om 04;01 Laat ons sing en ons harte tooi Met reine liefde die gaste nooi Want die Bruidegom kom HY kom haal sy blom HY kom om af te wend haar smaad Sodat niks haar ooit weer skaad Bring HOM al die eer en loof SY Naam Sing en jubel almal saam HY kom om SY bruid te dra Net soos sy lankal vra MY volk, MY Sion, rein Jý is MY bruidjie klein EK kom as jou Bruidegom Jy is MY blom In MY arms gaan EK jou veilig dra Jy kan jou verlossing van MY vra Vir jou, o Sion, het EK die kruis gedra Uit jou kom voort MY Elia Wat beteken, MY kind Want jy het MY gevind En het gebaar MY koningskind Dit sê EK nou vooruit vir julle, want dit sal julle bereik, die eenwording met MY. En by MY pilaar, sal julle, MY kleine skaar, dit vir MY sing. Duidelik en onomwonde, is die Bruid, die Sionsvolk wat by Sy pilaar, wat 100 jaar tevore deur Oom Siener van Rensburg en Generaal Koos de la Rey opgerig is, sal vergader en hierdie nuwe lied sal sing. Nog `n lied wat die ander nie sal kan sing nie, soos in wat Openbaring 5 en 14 genoem word. Die volgende gedig dien as nog `n bevestiging: 21 November 2007 om 20;00 Die Boervolk van MY Sal trek met ‘n gejuig Na MY pilaar Wat van MY getuig. Migdol/Skaapstoring as gedenkteken in Jesaja 19 Daar kan dus geen onduidelikheid bestaan oor die belangrikheid van die pilaar te Migdol nie. Ons sál daar bymekaarkom. Het ons enige ander Skrif in die verband? In Jesaja 19 vind ons `n belangrike verwysing na so `n gedenkteken in ons grondgebied. Om hierdie gedeelte in konteks te verstaan, moet u ook die voorafgaande hoofstuk, Jesaja 18, lees wat handel oor die blanke Boervolk, suid van die riviere van Etihopië. Jesaja 19 vervolg net en Egipte is eintlik Afrika, woonplek van die Boervolk, naamlik die twee Boererepublieke Jesaja 19:16: In dié dag sal die Egiptenaars wees soos vroue: hulle sal bewe en vrees vir die geswaai van die Hand van JaHWeH van die skeppings-leërmagte wat Hy teen hulle swaai. 17 En die Adamah [die adamiet se Aarde] van JeHûWdah sal vir die Egiptenaars ’n skrik wees: as iemand van haar melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die Raadsbesluit van JaHWeH van die skeppings-leërmagte wat Hy teen hulle geneem het. Hierdie Hand is die reeds opgerigte Melgisédek-orde in Suid-Afrika, grondgebied van Juda, wat die inwoners van die Nuwe Suid-Afrika sal verskrik maak. 18 In dié dag sal daar vyf stede in die Aarde van Egipte wees wat die taal van Kanaän spreek en by JaHWeH van die skeppings-leërmagte sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting. Hierdie vyf stede/kerke of vyf verskillende leerstellings in Suid-Afrika sal met `n basterstem spreek, die stem van Kanaän, en een kerk sal `n verwoeste kerk genoem word, wat heelwaarskynlik na die NG kerk verwys. 19 In dié dag sal daar ’n altaar wees vir JaHWeH binnein die Aarde van Egipte en ’n gedenksteen langs haar grondgebied vir JaHWeH. 20 En sy sal wees ’n Teken en ’n getuie vir JaHWeH van die skeppings-leërmagte in die Aarde van Egipte; as hulle JaHWeH aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle ’n Redder stuur en ’n Stryder wat hulle sal verlos. 21 En JaHWeH sal Hom aan die inwoners van Egipte bekend maak, en die inwoners van Egipte sal JaHWeH ken in dié dag; en hulle sal dien met slagdiere en spysbydraes en geloftes doen aan JaHWeH en haar betaal. Vanuit die voorafgaande, kan ons aflei dat die altaar sal verwys na die klipstapel te Kameeldrif 225, waar die nuwe Gelofte gemaak is. Sien vorige gedeelte oor “die Nuwe Gelofte”. Die gedenksteen moet dus nog iets anders wees. Hierdie gedenksteen of pilaar, wat `n teken en getuie is, kan mos maar net die pilaar wees wat in die voorafgaande bespreek is. Hierdie gedenksteen-pilaar-toring-Migdol kan dus net die Melgisédek-orde wees wat opgerig sal word te Migdol, en waar die opgerigte orde van 144 000 eerstelinge ook die Redder en Stryder sal wees binne die volk. Hiermee sluit ek nie die moontlikheid uit dat die Redder en Stryder een of twee spesifieke persone binne hierdie Melgisédekorde sal wees nie, moontlik die twee getuies van Openbaring 11.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205