DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

WAAROM DIE NOODSAAKLIKHEID VAN `N MELGISÉDEK? 3 Om hierdie dinge te verstaan, moet ons duidelikheid verkry oor die ENIGE ELOHIM wat ons aanbid. Terwyl ons verwar word deur die kerke se Driekoppige God wat hulle die Drie-Enige God noem, sal ons nie hierdie dinge verstaan nie. In Deuteronómium 6:4 lees ons: HOOR, JisraEl, JaHWeH onse Elohey, JaHWeH [is] EEN. Ook sê ons Messias dieselfde in Johannes 10:30 30 Ek en die VADER is een. Om hierdie eenheid te verstaan, is nie so moeilik as wat ons dit somtyds vir onsself maak nie. Gestel JaHWeH, die Vader is oneindig. Die Seun is ook oneindig, want Hyself sê Hy is die Alfa en die Omega, die begin en die einde (Openbaring 1:8 en 11). Ook moet die Gees dan oneindig wees. Wiskundig gesproke kan 3 oneindighede nie langs mekaar bestaan nie. Jy kry hoogstens net EEN oneindigheid. Al bestaansreg wat die ander twee oneindighede het, is om binne die Vader-oneindigheid te bestaan, of anders gestel; hulle moet EEN wees met die Vader, oftewel `n EENHEID wees binne-in en nie `n DRIEHEID langs mekaar nie. QED (quite easily done!) `n Ander vergelyking is om die son as voorbeeld te gebruik. Die son bestaan uit warmte en lig. Voortspruitend uit die warmte en lig is daar krag, wat alles op aarde, 93 miljoen kilometer ver onderhou, groei en laat voortbestaan. Niemand kan op die son-oppervlak oorleef nie, want dis te warm, hulle praat van miljoene grade Celcius. Die geweldige ontoeganklike hitte van die son versinnebeeld die Vader in Sy oer Goddelike toestand van oneindige Liefde (warmte) en ligintensiteit (Wysheid), waar niemand Hom kon sien en bly leef nie, nie eers `n engel nie. Die lig wat gestuur word na die aarde, stel die Seun voor as die Wysheid, wat die aarde bereik as `n sagte warmte en lig, wat ons as mense kan opneem. Die groei van alles op aarde word veroorsaak deur hierdie gesamentlike Krag (Gees), voorspruitend uit die warmte (Vader) en die Lig (Seun), waarsonder niks op hierdie aarde sou kon voortbestaan nie. Hoe is dit dan moontlik om hierdie drie te skei? Dit kan nie, want die een kan nie sonder die ander voortbestaan nie. Dit is hoe die drie-eenheid werk - as `’n volkome EENheid. Omdat die Seun, JaHWèshua eers ongeveer tweeduisend jaar gelede gebore is in die vlees, moes ons Vader `n ander plan beraam het om met sy aardse kinders voor daardie tyd te kommunikeer. In Sy volle almag kon niemand Hom sien nie, soos wat hierbo duidelik afgelei kan word uit die sonvoorbeeld wat gegee is. Hy moes Homself dus in `’n aanvaarbare “houer” kom voorstel aan Sy kinders. Hierdie houer kan ons gerieflikheidshalwe `n verbondsark noem, want die vleeswording van ons Verlosser, JaHWèshua, was in werklikheid ook niks anders as die volheid van die Godheid-Vader, omring deur `n suiwer sondelose vleesomhulsel nie, waar die vlees gedien het as lewende Verbondsark. Met die Melgisédek-orde, wat Hy ingestel het na die sondvloed, het die Vader Homself dus in `n engel-liggaam, oftewel `n verheerlikte vleesliggaam, gemanifesteer, sodat Hy vanuit hierdie verheerlikte liggaam (`n lewende verbondsark) met Sy kinders kon kommunikeer, sonder dat hulle van vrees en bewing sou dood neerslaan. Uit die gedeeltes in die Skrif wat hierbo geplaas is, kan ons aflei dat Melgisédek in `n stad Salem gewoon het, `n huis gehad het met skure en kelders waarin die tiendes van graan en wyn geberg kon word. Ons lees dat leiers in die volk opgetrek het na Salem om hierdie offers te bring en dat hulle aan tafel was met Melgisèdek, wat niks anders was as om aan tafel te sit met die Allerhoogste Elohim nie. Hoe het hierdie orde dus tot stand gekom? Ons lees niks in die Bybel daaroor nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205