DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE TOTSTANDKOMING VAN DIE MELGISÉDEK-ORDE 4 Ons is egter geseënd om die Boek van Herinnering te hê waarin die twee Boeke van Henog voorkom en hierin word breedvoerig daaroor berig. Hoe ironies dat hierdie twee boeke ook oorspronklik in die saamgestelde Bybel, te 323NC te Nicea voorgekom het, maar 500 jaar later daaruit geneem was. Soveel vir die geïnspireerde saamgestelde Bybel – eers sê die Heilige Gees dit moet in, dan sê die Heilige Gees, nee, dis verkeerd, dit moet uit, maar verwyder nie die verwysings na hierdie twee boeke in die Nuwe-Testamentiese boek van Judas nie! Wat maar net weer bewys dat dit mense was wat betrokke was met die samestelling van die Bybel. Ons plaas die volgende gedeelte vir u, soos wat dit in die boek, Openbaring van Henog 23 voorkom. Ek sal belangrike gedeeltes verdik en onderstreep vir u. Nir se vrou sterf en ‘n seun word gebore 1 EN kyk, Sofonima, Nir se vrou, was onvrugbaar en het vir Nir geen kinders gebaar nie. 2 En Sofonima was ver in jare gevorder en baie naby haar dood; en sy is bevrug, al het Nir, die priester, nie met haar gemeenskap gehad sedert die dag dat JaHWeH hom voor die volk geplaas het nie. 3 Sofonima was beskaamd en het dag vir dag weggekruip en nie een van die volk het geweet nie; en die dag het aangebreek dat sy geboorte moes skenk. 4 En Nir het aan sy vrou gedink en haar na hom geroep in sy huis om met haar te praat; en Sofonima het na haar man gegaan, en kyk, sy was op die punt om geboorte te skenk. 5 En toe Nir haar sien, het hy hom vir haar geskaam en hy het aan haar gesê: Hoekom het jy dit gedoen, vrou, en skande op my gebring voor die hele volk? 6 En nou, weg van my: gaan na waar jy so skaamteloos bevrug is, ingeval ek my hande op jou besoedel en oortree voor die Aangesig van JaHWeH. 7 En Sofonima het haar man geantwoord en gesê: Kyk, my meester, ek is ver in jare gevorder en geen jeugdige begeertes is nog in my oor nie: Ek weet nie hoe ek in my onskuld bevrug kon word nie. 8 Nir het haar nie geglo nie en hy het aan haar ‘’n tweede keer gesê: Weg van my, ingeval ek aan jou slaan en voor die Aangesig van JaHWeH oortree. 9 En terwyl Nir met sy vrou gepraat het, het Sofonima voor Nir se voete neergeval en gesterf. 10 En Nir was baie ontsteld en het aan homself gesê: Is dit oor wat ek gesê het dat dit met haar gebeur het? 11 Maar nou is die ewiglewende JaHWeH barmhartig, want ek het geen hand teen haar opgelig nie. 12 Nir het gou gemaak en die deure van sy huis gesluit en na sy broer, Noag, gegaan en hom alles vertel wat met sy vrou gebeur het. 13 En Noag het gou gemaak en na sy broer se huis gegaan; en sy broer se vrou was duidelik dood, en sy was op die punt om geboorte te skenk. [JirmeJaH 1:5] 14 En Noag sê aan Nir: Moet jou nie ontstel nie, Nir, my broer, want JaHWeH het ons skaamte vandag bedek, aangesien niemand van die volk hiervan weet nie; en nou, maak gou, laat ons haar begrawe en JaHWeH sal ons skande bedek. 15 En hulle het Sofonima op ‘n bed neergelê en haar in swart klere aangetrek, en die deur toegemaak en in die geheim grafkelders gaan uithol. 16 En toe hulle uitgegaan het na haar graf, het die kind uit die lyk van Sofonima gekom en op die bed gesit. 17 Noag en Nir het ingekom om Sofonima te begrawe en hulle het die kind gesien wat by die lyk gesit het en hy het ‘n kledingstuk aangehad. 18 Noag en Nir was baie verskrik, want die kind se liggaam was volmaak: hy het met sy mond gepraat en JaHWeH geseën. 19 Noag en Nir het na hom gestaar en gesê: Dit is die werk van JaHWeH, my broer. 20 Kyk, die Seël van die priesterskap was op sy bors en hy was ‘n vreugde om te aanskou. 21 En Noag het aan Nir gesê: Broer, kyk, JaHWeH sal die Tabernakel van Apartheid na ons herstel. 22 En Nir en Noag het gou gemaak en die kind gewas en hom getooi in die priesterlike klere, en hulle het hom brood gegee wat geseën was en hy het hom geëet en hulle het hom Melgisédek genoem. 23 En Noag en Nir het Sofonima se liggaam geneem en die swart klere van haar afgehaal: en hulle het haar liggaam gewas en haar geklee in skitterende en kosbare klere. 24 En hulle het vir haar ‘n grafkelder gebou; en Noag het gegaan en Nir en Melgisédek, en hulle het haar openlik met eer begrawe. 25 Noag het aan sy broer gesê: Hou die kind in die geheim tot die aangewese tyd, want die mens se besoedeling het oral op die Aarde vermeerder, en as hulle hom sien, sal hulle ‘n manier vind om hom dood te maak. 26 En Noag het huis toe gegaan. 27 En kyk, in die dae van Nir het al die soorte ongeregtigheid tot ‘n groot mate orals op die Aarde vermeerder; en Nir was baie ontsteld, en nog meer oor die kind en hy het gesê: Wat kan ek vir hom doen? 28 Nir het sy hande na die Hemele uitgestrek en JaHWeH aangeroep en gesê: Helaas, ewiglewende JaHWeH, alle soorte ongeregtigheid het grootliks op die Aarde in my dae vermeerder, en ek kan aanvoel dat ons einde naby is. 29 Wat kan ek vir hom doen, sodat hy nie betrokke sal wees by ons in hierdie vernietiging nie? 30 JaHWeH het Nir gehoor en aan hom in ‘n visioen in die nag verskyn en aan hom gesê: Aanskou, Nir, die verbastering op die Aarde is oral: Ek sal dit nie langer verduur of uithou nie. 31 Kyk, Ek gaan baie gou ‘n groot vernietiging oor die Aarde bring, maar Ek het geen bekommernis oor die kind nie, Nir, want na ‘n klein rukkie sal Ek My Hoofboodskapper GabriEl stuur en hy sal die kind neem en hom in die Paradys van Eden plaas. 32 Hy sal nie vergaan saam met die wat op die punt staan om te vergaan nie, want Ek het hom as ‘’n Teken gestuur- hy sal vir My ‘n priester van priesters vir ewig wees, Melgisédek, en Ek sal hom eenkant sit, en Ek sal van hom ‘n groot volk maak wat My sal eer. 33 Nir het uit sy slaap opgestaan en JaHWeH wat aan hom verskyn het, geseën en gesê: Geseënd is U, Elohey van ons vaders, wat nie oneer oor my priesterskap laat val het nie of oor die priesterskap van my vaders nie, want U Woord het ‘n Hoëpriester in die baarmoeder van my vrou Sofonima geskep. 34 Want ek het geen kinders gehad nie en hierdie kind sal in die plek van my eie kinders wees en my seun word; 35 en U sal hom by U diensknegte tel met Sonfi en Onog en Rusi en Milam en Serug en Arusan, Nail en Henog, en Metúsalag en U dienskneg Nir, en Melgisédek sal die hoëpriester wees in ‘n ander geslag. [Génesis 14:18] 36 Want ek weet dat hierdie geslag sal eindig in verwarring en almal sal vergaan, en Noag, my broer, sal bewaar bly vir ‘n ander geslag om die vader daarvan te wees, 37 en uit sy familie sal ‘n talryke volk voortspruit en Melgisédek sal die hoëpriester onder ‘n volk wees wat U onderdane sal wees, o JaHWeH, en U sal dien. [Hebreërs 7:1-2,3] 38 En toe die kind vir veertig dae in Nir se huis was, het JaHWeH aan die Hoofboodskapper GabriEl gesê: Gaan af na die Aarde, na Nir, die priester, en neem die kind Melgisédek wat by hom is en sit hom in die Tuin van Eden om hom veilig te bewaar. 39 Want die tyd is baie naby dat Ek al die waters oor die Aarde sal loslaat en alles wat op die Aarde is, sal vergaan en Ek sal hom ‘n plek van eer in ‘n volgende geslag gee, en Melgisédek sal die Hoëpriester van daardie geslag wees. 40 En GabriEl het gou gemaak en in die nag afgevlieg; en daardie nag was Nir aan die slaap op sy bed en GabriEl het aan hom verskyn en gesê: 41 So sê JaHWeH aan Nir, laat die kind wat Ek aan jou toevertrou het, na My toe kom. 42 Nir het nie herken wie dit was wat met hom gepraat het nie en hy was baie ontsteld en het aan homself gesê: Kan dit wees dat die volk weet van die kind om hom weg te vat en dood te maak? 43 [want die volk se gedagtes en voornemens was besoedel in die Oë van JaHWeH]. En hy het GabriEl geantwoord en gesê: Ek het geen kind nie en ek weet ook nie wie dit is wat met my praat nie. 44 En GabriEl het hom geantwoord: Moenie bevrees wees nie, Nir, ek is die Hoof-boodskapper GabriEl: JaHWeH het my gestuur, en kyk, ek gaan jou kind vandag neem en ek sal gaan en hom in die Paradys van Eden sit. 45 En Nir het sy eerste droom onthou en hy het geglo en GabriEl geantwoord: Geseënd is JaHWeH wat jou vandag na my gestuur het; en seën dan nou u dienskneg, Nir, en neem die kind en doen met hom alles wat aan u gesê is. 46 En GabriEl het die kind Melgisédek daardie nag op sy Vleuels geneem en hom in die Paradys van Eden geplaas. 47 En toe Nir in die oggend wakker word en in die huis ingaan, het hy die kind nie gevind nie; en dit was vir Nir ‘n teken van beide groot blydskap en groot droefheid, want die kind het vir hom geword soos ‘n eie seun. Hier sien ons dat hierdie Melgisédek gebore word, net voor die einde van `n verlossingstydperk, daarna (na 40 dae) weggeneem word deur engele na `n veilige plek (tuin van Eden), terwyl die oordele oor die aarde gewoed het, en dat hy daarna weer afkom om sy taak en roeping te kom vervul op aarde. Hy het reeds die seël van die priesterskap, naamlik die priesterkleed op sy skouer gehad met geboorte. Noag sê vir sy broer; “JaHWeH sal die Tabernakel van Apartheid na ons herstel,” bedoelende dat daar `’n lewende verbondsark, `n engel-mens, sal kom waarin die Vader Homself sal manifesteer op aarde na die vloed. Hierdie kind was `n wonderkind en kon al met geboorte praat. Hy was nie deur Nir verwek nie, maar deur die Heilige Gees (Gees van Apartheid). Interessant dat dit ook GabriEl is, dieselfde engel wat Miriam (Maria), die moeder van JaHWèshua besoek het, toe sy verwagtend geword het, wat betrokke was met hierdie hele aangeleentheid. Dit moes ook hy wees, want sy taakbeskrywing word soos volg beskryf in Henog 20:7: 7 GabriEl, een van die Boodskappers van Apartheid, wat aangestel is oor die Paradys en die Nagashim/ slange en die Gérubs. [Lukas 1:19] Hy moes dus hierdie verheerlikte engel/mens kind versorg in die Paradys tot na die vloed, waarna GabriEl hom weer afgebring het aarde toe, en heel moontlik ook gehelp het met die oprigting van die stad Salem.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205