DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

WAT HET DIE MELGISÉDEK-ORDE BEWERKSTELLIG? 5 Wat was die verskil tussen die twee geboortes van Sofonima en Miriam (Maria)? Hoekom was dit nodig om weer `n vrou te bevrug sodat JaHWèshua 1. dááruit/2. daarúít moes ontstaan. Waarom kon hierdie wonderkind van Sofonima nie die volle verlossingswerk op homself geneem het nie? Waarom was dit nodig, soos wat Hebreërs 7:11 sê, dat daar `n ander priester moes kom? .... waarom was dit nog nodig dat ’n ander priester moes opstaan volgens die Orde van Melgisédek en dat hy nie volgens die Orde van Aäron genoem word nie? Ons weet waarom JaHWèshua beter was as enige aardse Levitiese priester, dit sê die boek Hebreërs tog duidelik, maar hoekom moes Hy ook Melgisédek vervang het, aangesien Hy `n ewebeeld van hom was (Hebreërs 7:15). Die eerste logiese afleiding is tog dat JaHWèshua die offer aan die vloekhout betaal het en nie Melgisédek nie. Melgisédek se primêre doel was om as lewende houer/ verbondsark op te tree, sodat ons Vader met Sy volk kon kommunikeer vanuit sy liggaam. Hebreërs 7:3 sê dit so: 3 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewens-einde, maar gelykgestel aan die Seun van die Elohim, bly Hy Priester altyddeur. Hy was verwek vanuit die hemele (sonder aardse vader) sy moeder was dood VOOR hy gebore is, daarom was hy ook in geen geslagsregister opgeskryf nie. 40 Dae na sy geboorte is hy in die hemele opgeneem, waar hy bewaar was deur GabriEl en sy engele. Die toestand in die doderyk op die stadium na die vloed was sodanig dat die gereddenes nog steeds gevange gehou was daarin. Daar was dus verlorenes, gevalle engele, demone, duiwels en gereddenes saam. Almal het reikhal send uitgesien na die dag waarop JaHWèshua die doderyk sou oorwin met sy eie liggaam as offer. Die volgende vers in Henog 69:12 werp `n bietjie lig op die mag wat die bose op die mens verkry het tydens die sondeval van Adam en Eva in die aardse paradys. 12 Die vyfde (gevalle engel) se naam was Kasdeja: dit is hy wat die kinders van die adam die uitwissing deur die geeste en demone gewys het, en die uitwissing van die embrio in die baarmoeder, dat dit vernietig kan word, en die uitwissing van die siel, die byt van Nagash/slang, en die uitwissing wat volg op die hitte van die middag, die seun van Nagash/slang wat sterk is. In Spreuke 30: 15-16 lees ons die volgende: 15 Die Bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Hierdie drie word nooit versadig nie; vier sê: nooit genoeg nie! - 16 die Doderyk/Sheol en die Toegesluite moederskoot, die Aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat sê: nooit genoeg nie! [Wysheid van Salomo 4:1; 2 Nikodémus 4:1] Deurdat die Melgisédek seuntjie vanuit die dooie Sofonima se moederskoot gekruip het, het hy met sy eie krag (voorsien deur JaHWeH) die Bloedsuier (Satan) ontneem van `n sekere houvas oor die dooies wat `n vrugtevolle lewe gelei het op aarde, wat ons sal noem, die gereddenes. Hulle het deur hierdie daad `n aparte plek in die doderyk verkry waar hulle bewaar was vir die groot dag van besoeking deur ons Messias, waarna Hy hulle almal na die hemelse paradys geneem het, daar waar Melgisédek bewaar was deur GabriEl. Lukas 16:23-26, die verhaal van Laserus (El-Azer in Hebreeus), die bedelaar aan Abraham se boesem, werp meer lig op die toestand in die doderyk na hierdie daad. 23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die Doderyk/Sheol sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en El-Azar aan sy boesem. [Boekrol van Henog 39:5] 24 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur El-Azar, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. 25 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook El-Azar die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. 26 En by dit alles is daar tussen ons en julle ’’n groot Afgrond gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. [Boekrol van Henog 22:9] Daar was dus `n duidelike skeiding tussen die bose en die gereddenes. Henog 22 beskryf dit vir ons as volg. Die Doderyk/Sheol, of die onderwêreld 22 DAARVANDAAN het ek na ‘n ander plek gegaan en hy het my in die weste ‘n ander groot en hoë berg van harde rots gewys. 2 En daar was vier hol plekke in haar, diep en wyd en baie glad. Hoe glad is die hol plekke en diep en donker om na te kyk. [Spreuke 7:27] 3 Toe het RafaEl geantwoord, een van die Boodskappers van Apartheid wat saam met my was, en vir my gesê: Hierdie hol plekke is geskep vir hierdie besondere doel, dat die geeste van die siele van die dooies in haar moet vergader, ja, dat al die siele van die kinders van die adamiet hier moet vergader. 4 Hierdie plekke is gemaak om hulle te ontvang tot op die dag van hulle oordeel, en tot op hulle bepaalde tyd wanneer die groot oordeel oor hulle sal kom. 5 Ek het die geeste van die kinders van die adamiete wat dood was, gesien en hulle stemme het opgegaan na die Hemele en hulle het versoeke gerig. 6 Toe het ek aan RafaEl, die Boodskapper wat saam met my was, gevra en aan hom gesê: Hierdie gees - wie is dit wie se stem uitgaan en versoeke rig? 7 Hy het my geantwoord en gesê: Dit is die gees wat uitgaan van Abel, wie se broer Kain hom doodgeslaan het, en hy sal voortgaan om hom aan te kla totdat sy saad van die aangesig van die Aarde af vernietig is en sy saad uitgeroei is onder die saad van die adamiete. [Génesis 4:10; Openbaring 6:9-10] 8 Toe het ek daaromtrent gevra en omtrent al die hol plekke: Hoekom is hierdie een geskei van die ander [drie]? 9 En hy het my geantwoord en aan my gesê: Hierdie drie is gemaak sodat die geeste van die dooies afgeskei mag wees van die geeste van die regverdiges; waarin daar ‘n Fontein van Water en Lig is. [Lukas 16:23-26] Hierdie gereddene stamvaders en hulle tydgenote het dus `n Fontein van water en lig gehad, wat geestelik dui op die Gees van ons Vader wat hulle siele hier gevoed het, maar hulle was nog steeds gekluister in die doderyk in die aarde. Ook kon diegene uit die latere Levitiese orde ook in hierdie plek aangehou word, want Hebreërs 7:5-10 sê die volgende: 5 Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ’n Gebod om, volgens die Wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het; 6 maar Hy wat nie uit húlle Sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën. 7 Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën. 8 En hier neem wel sterflike adamiete tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat Hy lewe. 9 En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee; [Númeri 18:21] 10 want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoet gegaan het. Deurdat Abraham die offers gebring het, het sy nageslag, die Levitiese orde, ook die reg verkry om in hierdie bogenoemde beloftes te deel, en deur hulle, ook die res van die Israel-volk wat onder die Levitiese priesterskap moes funksioneer tot op die tyd wat ons Meester, JaHwèshua sou kom, waar Hy as lewende Melgisédek priester `n ewige priesterskap sou kom loskoop met Sy eie liggaam en bloed. Om dus op te som: Die aanvanklike Melgisédek-orde was dus deur ons Vader gevorm voor die vloed (einde van een verlossingstydperk), maar eers na die vloed (begin van nuwe verlossingstydperk) in werking gestel. Die laaste priester in hierdie Melgisédek-orde was dus Moses, wat sy instruksies by die brandende braambos en later op die berg Sinai ontvang het vanaf ons Hemelse Vader vanuit Melgisédek, die lewende verbondsark. Regdeur die boeke van die wet sien ons vir Moses as `n fasiliteerder van die ondergeskikte suborde, die Levitiese orde, met sy broer Aäron as eerste hoëpriester van hierdie orde. Hierdie Levitiese suborde, `n aardse orde, ondergeskik aan die Melgisédek-orde, `n hemelse orde, het dus vir ongeveer 1500 jaar voortbestaan, totdat hierdie Levitiese suborde, onder Annas en Kajafas, verander het in `n rowerspelonk. Net voor die volgende groot verlossingstydperk aangebreek het, is ons Meester JaHwèshua gebore om weereens die Melgisédek-orde op aarde op te rig, maar hierdie keer sou dit `n ewige orde wees, met Homself as volkome suiwer onbesmette sondelose offer waardeur Hy Self dus die ewige Priesterkoning Melgisédek sou word. Sy hele leer van liefde was gerig op hierdie orde wat Hy vir ewig sou kom oprig na sy kruisiging en opstanding, dit wil sê, in `n nuwe verlossingstydperk van 2000 jaar. Ons nader nou weer die einde van die derde fase in die oprigting van hierdie Melgisédek-orde en weereens sal iets opgerig word voor hierdie laaste deel van hierdie verlossingstydperk verby is, naamlik die groot oordeel, en sal dit volmaak voortgesit word hierna in die volgende verlosssingstydperk, naamlik in die komende Duisendjarige Vrederyk, oftewel die ryk van Salem.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205