DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

598. Hy het “guns” gevind in die Oë van JaHWeH, dui daarop dat die Meester voorsien het dat die menslike ras so gered mag word. Die Meester se genade betrek en kyk agter die redding van die hele menslike ras; en dit is dierselfde met Sy “guns” en daarmee word die redding van die hele menslike ras aangedui. Deur “Noag” word aangedui, nie net `n nuwe kerk nie, maar ook die geloof van die kerk, wat die geloof van naasteliefde was. Daarom het die Meester voorsien dat deur die naasteliefde mag die menslike ras gered word. [2] Maar daar is `n verskil in die Woord tussen “genade” en “guns” en dit in ooreenstemming met die verskil wat bestaan in hulle wat dit ontvang; “genade” word toegepas op hulle wat hemels is, en “guns” op hulle wat geestelik is; want die hemelse erken niks anders as “genade” nie, en die geestelike skaars enigiets as “guns”. Die hemelse weet nie wat “guns” is nie; die geestelike weet skaars wat “genade” is, wat hulle dan een en dieselfde maak as “guns.” Dit kom op grond van die vernedering of verootmoediging dat die twee so verskillend is; hulle wat in verootmoediging van die hart is, smeek die Meester vir genade; maar hulle wat in verootmoediging van die denke is, smeek vir Sy guns; en as dit uit genade is, is dit of in `n staat van versoeking, of dit word slegs gedoen met die mond en nie uit die hart uit nie. Omdat die nuwe kerk wat “Noag” genoem word nie hemels was nie, maar geestelik, word dit nie gesê hulle het “genade” gevind nie, maar wel “guns” in die Oë van JaHWeH. [3] Dat daar `n verskil is in die Woord tussen “genade” en “guns” is duidelik uit baie gedeeltes waar JaHWeH genoem word as “genadigheid en goedgunstelikheid” (soos in Psalm 103: 8; 111:4; 145: 8; Joël 2: 13). Die onderskeid word net so gemaak in ander plekke soos in Jeremia: “So sê JaHWeH: “Die volk van diegene wat van die swaard oorgebly het, het Barmhartigheid (guns) gevind in die wildernis op weg om sy rus te geniet, naamlik JisraEL. JaHWeH het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met `n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met Medelye.” (genade). (Jer. 31: 2‐3). Waar “guns” bevestig word as van die geestelike, en “genade” van die hemelse. In Jesaja: “En daarom sal JaHWeH met ongeduld daarop wag om julle goedgunstig (guns) te wees, en daarom sal Hy Hom verhef en Hom oor julle ontferm (genade).” (Jes. 30: 18). Netso gaan “guns” die geestelike aan, en “genade” die hemelse. Net so ook waar Lot aan die engel sê: “Kyk tog, U kneg het Barmhartigheid (guns) in U oë gevind, en U het U Medelye “genade” groot gemaak wat U aan my betoon het deur my siel in die lewe te behou.” (Gen 19: 19). Dat “guns” `n verwantskap het met geestelike dinge, wat van die geloof is, of die intelligensie, is ook hier duidelik deurdat dit gesê word, hy het Barmhartigheid (guns) in Sy Oë gevind, en dat genade `n verwantskap het met die hemelse dinge wat van die liefde is, of van die wil, is duidelik uit die feit dat van die engel gesê word dat hy “Medelye bewerk” het, en sy “siel in die lewe behou” het. Vers 9. Dit is die genelyn van Noag; Noag was `n regverdige en rasegte mens, onder sy tydgenote. Noag het met Elohim gewandel [Wysheid van Sirah 44: 17; Boekrol van Henog 65: 11] Vers 10. En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jefet. Vers 11. Maar die Aarde was verdorwe voor die Aangesig van die Elohim, en die Aarde was vol geweld. Vers 12. Toe sien Elohim die Aarde aan, en sy was verdorwe, want alle vlees het sy wandel [op] die Aarde verderwe. [Boekrol van die Opregte 4: 18] Vers 13. En die Elohim sê vir Noag: Die einde van alle vlees het voor My aangesig gekom; want die Aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die Aarde verdelg. Vers 14. Maak vir jou `n Ark van goferhout. Met afdelings moet jy die Ark maak en haar binne en buite met pik bestryk. Vers 15 tot 22 handel oor die opdrag om die Ark gereed te kry en die verbond wat die Elohim met Noag en sy gesin gemaak het, die bymekaar maak van die diere en voëls en die voedsel vir hulle opname ens. En Noag het dit gedoen, net soos Elohim hom beveel het, en so het hy gedoen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205